Deur Daantjie Badenhorst

Die pryse van groot nuwe sportnutsvoertuie (SNV’s) het egter hand-uit geruk en daarom moet ‘n mens dalk kyk na watter vierwielaangedrewe sportnutsvoertuie met dieselenjins en sewe sitplekke vir R 200 000 of minder beskikbaar is. Hier is vyf van hulle wat in begin Mei op die Internet geadverteer is; teen die tyd wat hierdie artikel verskyn, is hulle dalk al verkoop, maar dit gee ‘n mens ‘n aanduiding van wat ‘n mens vir net onder die R200 000-merk kan aanskaf.

  1. 2010 Nissan Pathfinder 2,5 dCi R 199 8900

Die Pathfinder is bekendgestel ‘n jaar voordat die eerste geslag Nissan Navara op die mark gekom jhet, en die ooreenkomste tussen hierdie twee voertuie is duidelik sigbaar. Daarom was sy dwarsdeur sy modellewe nie net gewild nie, maar in baie opsigte die leier in sy klas. Hierdie model, wat in Springs in Gauteng is,  het ‘n sesgang-handratkas, wat natuurlik sy brandstofverbreuik op die oop pad verbeter. Sy kilometerafstand van 181 000km tel sterk in sy guns; dis redelik laag vir ‘n motor van hierdie ouderdom.

  1. 2007 Toyota Fortuner 3,0 D-4D 4×4 R 199 900

Die Fortuner sal altyd die meeste mense se eerste keuse wees ondaks die ligte binnekant wat onprakties vir ‘n gesin is en die derde ry sitplekke wat uitsig na agter belemmer en steeds ‘n kenmerk van die nuwe geslag is. Hierdie spesifieke motor is in Pinetown in Kwa Zulu Natal en het 218 000km afgelê.

  1. Land Rover Discovery 3 TD V6 HSE R 199 900

Land Rover was nog altyd een van die voorste vervaardigers van vierwielaangedrewe voertuie en daar kan geen twyfel bestaan dat hierdie Discovery sy man in die veld sal kan staan nie. Die HSE is die luuksste afwerking wat beskikbaar is en vir baie mense sal dit ‘n groot pluspunt wees. Daarby het hierdie motor ‘n volle diensgeskiedenis en ‘n bykomende waarborg van twee jaar is teen ekstra koste beskibaar. Hoewel dit  beteken dat die motor dan meer as R 200 000 sal kos, is dit sterk aan te beveel vir gemoedsrus. Die kilometerafstand van 223 00 is nie te hoog nie. Hierdie motor is in Braqckenfell in die Wes-Kaap.

  1. 2012 Hyundai Santa Fe 2,2 CRDI GLS 4×4 Outomaties R 189 900

Hoewel die Santa Fe nie noodwendig die eerste voertuig is waaraan mense wat ‘n sportnutsvoertuig wil koop, sal dink nie, is dit dalk die moeite werd om hom te oorweeg, al is die vorige geslag nie heeltemal so aantreklik soos die nuwe een nie. Met hierdie model se meganiese spesifikasies is daar nie juis iets verkeerd nie en die outomatiese ratkas is ‘n groot voordeel. Dit is ook nie so maklik om ‘n Santa Fe in die hande te kry nie. Hierdie motor is in Pinetown in Kwa Zulu Natal, en sy kilometerafstand van 169 00 is nie te hoog nie.

  1. 2010 Mitsubishi Pajero Sport 3,2 D-iD 4×4 Outomaties R 180 000

Hier is die enigste van hierdie vyf voertuie wat steeds op die mark is, hoewel hy intussen met ‘n nuwe turboaangejaagde dieselenjin van 2,5 liter toegerus is. Hierdie motor is toegerus met ‘n outomatiese ratkas, wat sterk in sy guns tel, ,maar hy het reeds 267 000 km afgelê. Sy prys is ook nie veel laer as dié van die ander vier nie. Die Pajero Sport se veldryvermoë is van die beste in sy klas, aangesien hy dieselfde vierwielaandrywingstelsel as die Pajero gebruik. Dit sal seker moontlik wees om mettertyd een met ‘n laer kilometerafstand teen ‘n effens hoër prys in die hande te kry. Hierdie motor is in Randfontein te sien.