• 2de in Sneltrajek 3 vir Nasser Al Attiyah, vergroot algehele voorsprong
  • De Villiers/Winocq verloor tyd
  • Ten Brinke/Panseri sukkel met navigasie
  • Nog twee sneltrajekte oor

Toyota Gazoo SA se renjaer Nasser Al Attiyah en sy navigator, Mathieu Baumel, op pad na oorwinning op 7 Oktober in die Tydren van Marokko.

Die Toyota Gazoo SA se renjaer Nasser Al Attiyah en sy navigator, Mathieu Baumel, was Sondag (7 Oktober) die naaswenners van die derde sneltrajek van die vyfdaagse Marokkaanse veldtydren in Erfoud, wat hulle hul voorsprong verder laat vergroot en op koers gehou het om hul vyfde agtereenvolgende oorwinning in Marokko te bekom. Die Tydren van Marokko, deel van die FIA se wêreldbekerreeks vir veldtydrenne, het nog twee sneltrajekte oor, en die span verkies om dinge dag vir dag te takel.

“Ons hou nie daarvan om voor die laaste dag aan die einde van die byeenkoms te begin dink nie,” het Glyn Hall, die Toyota Gazoo Racing SA-spanhoof, by die oornagtentkamp naby die Marokkaanse dorp Erfoud gesê. “Ons moet vir die oomblik doodseker maak dat Nasser se motor behoorlik vir die volgende sneltrajek voorberei is en op ons ander daaglikse take fokus.”

Al Attiyah/Baumel het in Sneltrajek 3 gewis gewys waartoe hulle in staat is deur die tweede vinnigste rentyd vir die dag aan te teken – net 03:20 agter die sneltrajek-wenner Jakub Przygonski (MINI).

Nasser Al Attiyah

“Nasser en Mathieu het vandag die roete oopgery, maar vroeg ’n klein foutjie gemaak,” het Hall verduidelik. “Dit het die deur vir Przygonski, wat die Toyota Hilux-span ingehaal het, oopgemaak sodat hy tot aan die einde reg agter hulle op die pad kon bly.”

Giniel de Villiers en sy navigator, Alex Winocq, het die sneltrajek oordonderend begin en was net voor die halfpadmerk in die tweede plek. Hulle het egter net daarna ’n pap wiel gehad, wat later tot skade aan die onderste mikveer aan die agterkant bygedra het. De Villiers-hulle moes stilhou en die beskadige komponent vervang voordat hulle verder tot by die eindpunt kon jaag, maar dit het hulle net oor die 20 minute gekos. Hulle het uiteindelik die 12de vinnigste tyd in Sneltrajek 3 aangeteken en is nou 6de algeheel.

“’n Skoon lopie in sneltrajekte 4 en 5 kan hul posisie nog tot vierde verbeter, dus hou ons duime vas vir ’n goeie vertoning tot aan die einde,” het Hall gesê.

Dit was egter ’n teleurstellende dag vir Bernhard ten Brinke en Xavier Panseri aangesien hulle die hele dag met die moeilike navigasiewerk in die Tydren van Marokko gesukkel het.

Hulle was uiteindelik 9de vinnigste en het 23:31 in die sneltrajek verloor, wat hulle 11de algeheel plaas met nog twee sneltrajekte oor.

Sneltrajek 4 is volgende, en teen 342 km se sneltrajek-afstand is dit die laaste sneltrajek met behoorlike byt in sy blaf. Dit is ook die laaste sirkelroete van die byeenkoms en begin en eindig in Erfoud voordat die roete vir Sneltrajek 5 op 9 Oktober terug in die rigting van Fes draai. Sneltrajek 4 bied ’n soortgelyke mengsel terrein as sneltrajekte 2 en 3, met klipperige rivierbeddings, duine en grondpaaie wat die grootste deel van die afstand behels.

Die Tydren van Marokko is deel van die FIA se wêreldbeker vir veldtydrenne en alhoewel Nasser Attiyah huidiglik die voorloper in die ren is. Het Jakub Przygonski van Pole reeds op Sondag (7 Oktober) die titel wêreldbeker-titel beklink het nadat sy enigste oorblywende teenstander, Vladimir Vasilyev van Rusland, nie Sondag se ren kon voltooi nie.

Kry die agtergrond oor die Tydren van Marokko by: http://motorplus.co.za/toyota-gazoo-racing-marokko/

Volg die Toyota Gazoo Racing SA-renspan by www.toyota.co.za

Twitter: www.twitter.com/toyotasa

Facebook: www.facebook.com/toyotasouthafrica

 

%d bloggers like this: