UD Vragmotors stel Quon bekend

Deur Daantjie Badenhorst.

 

UD Vragmotors het pas die nuwe weergawe van sy vlagskip, die Quon, in Suid-Afrika bekendgestel.

Dié nuwe mededinger in die segment vir ekstra swaar vragmotors  voldoen aan Euro 5-standaarde en is in agt modelle beskikbaar., naamlik vier met ‘n vaste bak en vier voorhaker-en-sleepwamodelle.

Volgens Jacques Michel, die president van UD Vragmotors se Internasionale Verkope, spog dat UD Vragmotors met ‘n trotse geskiedenis van vindingryke produkte en eienskappe, maar tegnologie is nie al wat vir die maatskappy saakmaak nie; dit is net so belangrik dat vragmotors en dienste wat die wêreld vandag nodig het, beskikbaar gestel word en sodoende waarde vir hul klante en die sameleweing as geheel toevoeg.

UD Vragmotors in Suider-Afrika is verantwoordelik vir ontwikkelde en ontwikkelende ekonomieë. Dit word in die vragmotormark weerspieël en die Quon is ‘n teken van die maatskappy se verbintenis tot uitnemendheid indie dinge wat regtig saakmaak en wat aan die kopers se behoeftes voldoen. Die Quon doen dit  deur mense in elke detail eerste te stel en die grense  deur middel van gevorderde tegnologie verder te verskuif.

Gert Swanepoel, die besturende direkteur van UD Vragmotors, sê die maatskappy het die afgelope paar jaar meer as ooit tevore belê in hul fasiliteite, hul personeel en hul produkte. Volgens hom plaas die Quon hulle in ‘n baie sterk posisie in die mark.

Die Quon kombineer bestuursgenot met brandstofdoeltreffendheid en veiligheid; hy is toegerus met gevorderde veiligheidskenmerke wat die bestuurder en die vrag beskerm, en ook die veiligheid van die voertuig se omgewing in ag neem.

Die stuurkajuit is só ontwerp dat dit die bestuurder maklik by al die kontrolkes kan uitkom. Dit bevat ‘n nuwe instrumentepaneel, ‘n veelfuknsiestuurwiel en ‘n 12 volt-kragpunt.  Die nuwe elektronies beheerde ESCOT VI-outomatiese twaalfgangratkas beskik oor ‘n reguit wisselpatroon wat maklik is om te gebruik; nie net maak dit hom maklik om te bestuur nie; dit stel hom ook in staat om modderige toestande baas te raak.  Die ratkas beskik oor ‘n handratfunksie; die bestuurder kry toegang daartoe met behulp van ‘n knoppie aan die kant van die ratkieser. Skyfremme is standaardtoerusting vir die hele reeks; dit verseker  nie uitstaande remvermoë nie, maar ook vinnige reaksie in ‘n noodgeval. Die gemaklike en veilige omgewing stel die bestuurder in staat om te volle op die pad te konsentreer.

Die Quon word toegerus met ‘n nuwe brandstofdoeltreffende elfliter-enjin wat aan die Euro 5-vereistes voldoen.  Die enjin, wat 343 kW teen 2 240 opm lewer,  sorg vir oorgenoeg wringkrag teen lae en hoë toere , asook oor ‘n stelsel wat die bestuurder leiding gee oor hoe om die beste brandstofverbruik moontlik te behaal.  Ander bydraende faktore is ‘n laer massa en beter windweestand. Die Euro 5-spesifikasies dra verder daartoe by, en  maak die Quon ook meer omgewingsvriendelik.

Verskillende aktiewe- en passiewe veiligheidskenmerke dra by tot die veiligheid van die bestuurders asook die vrag wat vervoer word.  Die voorbotswaarskuwing gebruik ‘n hoëpresisie-radarstelsel en ‘n kamera in die kajuit, waarmee die pad gemonitor word. Die baandwaalwaarskuwing help die bestuurder om in die korrente baan op die oop pad te bly en is veral daarop gemik om te keer dat hy agter die stuur aan die slaap raak. Daar is ook ‘n bykomende stelsel wat die bestuurder op ‘n hoorbare en sigbare manier waarsku wanneer dit tyd is om te rus.  Daar is ook stabiliteitsbeheer wat bespeur wanneer die voertuig onstabiel is, soos om draaie of wanneer die pad glibberig is. Die stelsel pas beheer toe deur krag na elke wiel toe te versprei soos wat dit nodig is en standvastigheid te verseker.

Elke komponent is herontwikkel om ‘n laer massa te verseker; dit maak ook dat tot 200 kg meer gedra kan word, afhangende van die model. Die reeks is daarop gemik om ‘n reeks produkte wat aan klante se behoeftes voldoen, beskikbaar te stel. Volgens Gert Swanepoel het die klante se definisie van wat noodsaaklik is in ‘n vragmotor, verander ; daarom is die maatskappy daartoe verbind om vragmotors beskikbaar te stel wat brandstofdoeltreffend is en wat minder gereelde onderhoud nodig het. Daarby is die Quon veiliger en meer omgewingsvriendelik.

Die nuwe Quon beloof om meer betroubaar en duursaam as sy voorganger te wees; daar is minder onderdele wat gereeld vervang moet word en dienstussenposes is langer as voorheen. Gevorderde kenmerke soos ligdiode-ligte, skyfremme, roeswering en geseëlde naaflaers dra by tot verhoogde produktiwiteit. Omvattende “UD Extra Mile”-ondersteuning sluit egte onderdele en diens, ‘n UD Vragmotors-diensooreenkoms en telematika in; laasgenoemde stel eienaars in staat om tred te hou met hul bestuurders se brandstofdoeltreffendheid  en produktiwiteit en maak ook gebruik van ‘n navigasiestelsel sodat die eienaar kan sien waar die bestuurder is.

Die nuwe UD Quon-reeks bestaan uit die volgende modelle:

GW 26 460 TT 6×4 AMT HR 26t Ret

GW 26 460 TT 6×4 AMT HR 26t Ret (Lugvering)

CW 26 460 FC 6×4 AMT SR 26t Ret

CW 26 460 FC 6×4 AMT SR 26t Ret (Lugvering)

GW 26 460 TT 6×4 AMT HR 26t Ret (ADR Prep)

GW 26 460 TT 6×4 AMT HR 26t Ret (ADR Prep) (Lugvering)

CW 26 460 FC 6×4 AMT SR 26t Ret (ADR Prep)

CW 26 460 FC 6×4 AMT SR 26t Ret (ADR Prep) (Lugvering)

 

%d bloggers like this: