Verbeterings op Toyota se reeks buksies

0 Comments

Aygo, Yaris en Etios kom in pas

 

 

Kleurvolle toevoegings vir Aygo

 

–       Aygo X-Clusiv

Hierdie kompakte stadsmotor bied nou nog twee nuwe modelle. Elk met doelontwerpte kleurkombinasies en buitekantverbeterings. Die ‘X-Play Silver’ wat voorheen beskikbaar was, is vervang deur die nuwe ‘X-Clusiv’-model. Die X-Clusiv beskik oor ’n silwer A-pilaar en ’n kombinasie van kwartsgrys en klavierswart vir die binneruim, terwyl die binnedeurhandvatsels nou verchroom is.

Misligte is nou by die standaardspesifikasievlak van die X-Clusiv gevoeg. Soos voorheen is die model ‘eksklusief’ in swart beskikbaar.

–       Aygo X-Cite Oranje

Die vlagskip-Aygo, die X-Cite, met sy wegvou-doekstofdak en al, bied kopers nou die keuse van ’n lewendige oranje afslaankap. Die oranje dak kan met enige van die ses buitekleure (wit, silwer, asgrys, kersierooi, karibiese blou of swart) gepaard gaan. Klante kan ook die X-Cite-swart kies wat ’n meer tradisionele swart afslaankap het.

Meganiese en ander spesifikasie-items bly onveranderd. Die Aygo-reeks word aangedryf deur ’n uiters doeltreffende 1,0-liter-enjin wat 53 kW en 93 Nm lewer. Brandstofekonomie is hierdie enjin se sterk eienskap en hy pronk met ’n suinige 4,3 liter per 100 kilometer in die gemengde siklus.

Aygo – R 171 900

Aygo X-Play swart – R 174 200

Aygo X-Clusiv – R 174 800

Aygo X-Cite (swart dak) – R 198 900

Aygo X-Cite (oranje dak) – R 198 900

 

Sinvolle opgradering vir die Yaris

Die Yaris-reeks erf ’n opgegradeerde diefwerende stelsel, terwyl die Xs, Sport en Cross-weergawes agterkant-parkeerhulkp (PDC) kry.

Die omvattende standaard toerusting bly dieselfde (buiten die PDC-toevoeging) en die reeks word steeds aangedryf deur die hoëspoed-1,5-liter-VVT-i-enjin van 79 kW. Kopers kan ’n vyfgang-handrat of palwissel-transmissie (CVT) kies (afhangende van die model).

Al die Yaris-modelle het stdeeds sleutellose toegang, lugsakke vir die bestuurder en passasiers, ISOFIX-ankerpunte, voertuigstabiliteitsbeheer (VSC) en opdraandewegtrekhulp (HAC). Die intuïtiewe raakskerm-klankstelsel met Apple CarPlay, Android Auto + en Bluetooth-versoening word soos voorheen aangetref.

Die reeks bly onveranderd met vier graderings (Xi, Xs, Cross en Sport) oor vyf modelle.

Yaris 1.5 Xi – R 241 000

Yaris 1.5 Xs – R 266 200

Yaris Cross – R 281 900

Yaris 1.5 Xs CVT – R 282 000

Yaris Sport – R 300 100

Etios-veiligheidstelsel

Die volledige Etios-reeks slaan munt uit ’n opgegradeerde veiligheidstelsel, waaronder ’n alarm en immobiliseerder. Die Etios-reeks bied die luikrug- en sedanmodelle as die Xi, Sprint en Cross (net luikrug).

Etios HB 1.5 Xi – R 179 500

Etios SD 1.5 Xi – R 188 300

Etios HB Sprint – R 185 000

Etios SD Sprint – R 193 300

Etios Cross – R 207 800

 

Categories:

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

%d bloggers like this: