Vier nuwe modelle vir Opel in 2020

0 Comments

Opel het groot planne vir 2020. Opel het pas aangekondig dat nie minder nie as vier nuwe modelle in 2020 in Suid-Afrika bekendgestel gaan word.

Die eerste nuwe model is die opgeknapte Astra, wat in die tweede kwartaal op die mark kom.

In die derde kwartaal volg twee nuwelinge; die Zafira Life en die Vivaro-paneelwa.

In die vierde kwartaal word die belangrikste nuwe model van die jaar vrygestel, naamlik die nuwe Corsa.

Die Astra kom in 2020 met 'n nuwe sierrooster.

Die Astra kom in 2020 met ‘n nuwe sierrooster.

Die nuwe Astra-model se sierrooster sal Opel se huidige ontwerprigting weerspieël met twee chroomstroke aan weerskante van die Opel-kenteken en nuwe eko-ligdiogekopligte en nuut ontwerpte misligte.

Die Zafira Life sal plek vir nege insittendes hê  en sal laag genoeg wees om enige plek onder dak te parkeer. Daarby sal hy oor ‘n klein draai-sirkel beskik en maklik wees om te hanteer.  Benewens die uiters aanpasbare binneruim sal die Zafira Life oor die jongste veiligheids-kenmerke, onder meer bestuurshulpmiddels soos IntelliGrip elektroniese vastrapbeheer beskik, tesame met die mees gevorderde moontlike  inligting-en-vermaakstelsel. Die Zafira Life sal deur ‘n turbo-dieselenjin van twee liter aangedryf word. Terselfdetyd word die Vivaro-paneelwa verwag.

Die Opel Zafira Life.

Dit is die opvolger van die Vivaro wat voorheen in Suid-Afrika beskikbaar was en word ook met ‘n tweeliter-turbodieselenjin aangedryf.  Die Vivaro sal voldoen aan die behoeftes van diegene wat na ‘n vragdraer of ‘n “kantoor op wiele” op soek is en sal meeding in die klas vir middelslag-paneelwaens.  Die nuwe Vivaro sal veiliger en gemakliker as sy voorganger wees.

Die Opel Corsa vir 2020.

Die nuwe Corsa-model is nou in sy sesde geslag en is in 2019 vir die eerste keer by die Frankfurtse motorskou vertoon. Die Corsa is die eerste motor wat die Autobest-toekenning as beste Europese motor-toekenning met drie agtereenvolgende geslagte gewen het; die vorige twee geslagte Corsa’s het die toekenning in 2007 en 2015 gewen.  Een van die uitstaande kenmerke van die nuwe Corsa is die aanpasbare IntelliLux-ligdiode-matrikskopligte wat weerkaatsing heeltemal uitskakel; dit is die eerste keer wat hierdie tegnologie in ‘n klein motor gebruik word. Daarby beskik die nuwe model oor hulpmiddels soos ‘n voorbotswaarskuwing met outomatiese noodaktivering van die remme en ‘n waarskuwing wat voetgangers bespeur, asook ‘n radargebaseerde aktiewe spoedbeheer wat dit makliker en veilgier maak om die motor te bestuur.  Die nuwe model sal 980 kg weeg en 4,06 meter lank wees. Hoewel die daklyn 48mm as voorheen is, sal kopruimte nie geraak word nie aangesien die bestuurder 28mm laer as voorheen sit.

Volgens die besturende direkteur van ingenieurswese,  Christian Müller, is aërodinamika net een manier waarop Opel se motors meer doeltreffend gemaak word; gevorderde enjins maak dat brandstofverbruik en die uitskeiding van uitlaatgasse drasties verminder word.  Die Corsa sal volle voordeel hieruit trek. Die nuwe Corsa voldoen reeds aan die Euro 6d-besoedelingsvereistes.

Die nuwe Astra se sierrooster sal Opel se huidige ontwerp-rigting weerspieël met twee chroomstroke aan weerskante van die Opel-kenteken en nuwe eko-ligdiode-kopligte en nuut ontwerpte misligte.

Volle besonderhede, soos die samestelling van die modelreekse, pryse en tegniese spesifikasies, sal bekendgemaak word sodra elke reeks bekendgestel word.

 

Sien ook:

Opel vervoer gou nog meer mense en goedere

Categories:
%d bloggers like this: