Sedert die bekendstelling van Volkswagen se T6-reeks in Suid-Afrika in 2015 is byna 5 000 eenhede verkoop en nou is die reeks uitbegrei met die toevoeging van ‘n nuwe Kombi-model.

Die enigste Kombi wat tot dusver met die diesel enjin met twee turbo-aanjaers en die DSG-ratkas toegerus was, was die Comfortline, maar dieselfde enjin en ratkas is ook nou in ‘n goedkoper Trendline Plus-weergawe beskikbaar. Dit beteken dat die Kombi-reeks voortaan uit die volgende modelle sal bestaan: die 2,0 TDI 75 kW Trendline met die keuse van ‘n kort of lang asafstand, die 2,0 TDI 103 kW Trendline die 2,0 BiTDi 132 kW Trendline Plus en die vlagskip van die Kombi-reeks, die 2,0 BiTDi Comfortline. Die BiTDi-enjin lewer 132 kW teen 4 000 opm en wringkrag van 400 Nm teen 1 500 opm.

Die Trendline Plus word toegerus met Devonport-allooi-wiele van 17 duim, LED-kop-en agterligte, dinamiese koplig-straal beheer, parkeer-sensors voor en agter, ‘n trukamera en ‘n vaste trekstang. Aan die binnekant beskik dié model oor ‘n veelfunksie-stuurwiel, ‘n veelfunksie-uitlees paneel in die instrumente paneel, ‘n Composition Media-klank stelsel met ses luidsprekers en AppConnect, rubber-vloer bedekking wat maklik is om skoon te maak, ‘n verstelbare armleuning vir die bestuurder en spoed beheer. Onder die opsionele ekstras wat beskikbaar is, is kunsleer-bekleedsel, ‘n sitplek met ‘n armeluning vir die voorste passasier, en kant-en gordynlugsakke vir die agterste insittendes is opsioneel beskikbaar.

Die pryse van die Kombi-reeks, wat ‘n waarborg van drie jaar of 120 000 km en ‘n Automotion-onderhouds plan van vyf jaar of 60 000 km insluit, lyk soos volg:

Kombi 2,0 TDI 75 kW Trendline (standaard asafstand): R 570 000
Kombi 2,0 TDI  103 kW DSG Trendline: R 603 900

Kombi 2,0 BiTDi 132 kW DSG Trendline Plus: R 659 700

Kombi 2,0 Bi TDi 132 kW DSG Comfortline: R 735 700

%d bloggers like this: