Die voorste vervaardiger van passasiersmotors in Suid-Afrika beplan ‘n groot uitstalling by die SA Motoring Experience wat hierdie naweek by Kyalami gaan plaasvind. Volkswagen Suid-Afrika se uitstalling sal oor meer as net motors gaan en eerder die hele gesin betrek.  Daar sal geleentheid wees om met drie modelle in die nuut opgeknapte Golf-reeks, die R, die GTI of die GTD of die Passat om die baan te jaag; andersins kan jy ‘n passasier in een van hierdie motors wees.

Daarby sal besoekers ook ‘n kans kry om deel te wees van die derde seisoen van Speed Stars, wat op Ignition TV uitgesaai sal word. Hulle sal Saterdag en Sondag by Volkswagen se glykbaan kan probeer om met ‘n Up deur ‘n moeilike slalom-baan te ry. Slegs die twee deelnemers wat die vinngste tye aanteken, sal deurdring na die volgende ronde.

Daar sal ook ‘n kompetisie wees waartydens ‘n Tiguan se bagasiebak gepak moet word, asook ‘n dansklas met ‘n robot-choreograaf en ‘n Car Pool-karaokekompetisie.  Besoekers kan hul herinneringe deel deur video’s en foto’s by die fotohoekie op Volkswagen se stalletjie te neem en die hutsmerk #VWLive te gebruik.

“Volkswagen is meer as ‘n motormaatskappy en ons wil ook ons menslike kant vertoon,” sê mnr. Matt Genrich, die algemene bestuurder van groepskommunikasie van die Volkswagen-groep van Suid-Afrika. “Daarom word besoekers genooi om om te kyk hoe vinnig hulle op Volkswagen se Blue Bike kan ry. Vir elke 200 km wat met hierdie fiets afgelê word, sal ‘n fiets aan benadeelde plattelandse kinders geskenk word  as deel van die Volkswagen for Good-inisiatief”.

Die SA Motoring Experience duur van 1 tot 3 September en vind plaas by die Kyalami-renbaan.

 

Die nuwe Kia Cee’d word vertoon.

Lees meer oor die  SA Motoring Experience: KLIK HIER