Wenners van Wesbank-brandstofbesparingsrit 2019

0 Comments

Renault is die vervaardiger, wat algeheel die beste brandstofverbruik behaal, het met hulle voertuie wat aan die 2019 Wesbank-brandstofbesparingsrit deelgeneem het.

Die Renault Captur is die algehele wenner van die 2019 Wesbank-brandstofbesparingsrit. Die Renault Captur 1,5 dCi Dynamique wat deur motorjoernalis Wynter Murdoch bestuur is met Carolyn Swan as navigator het ‘n gemiddelde brandstofverbruik van 4,73 l/100 km oor die afstand van 2500 km behaal.

In die tweede plek van vervaardigers was die Suzuki maatskappy.

Die rit het tussen 12 en 16 November plaasgevind en was soortgelyk aan die  die Total Brandstofbesparingsrit. Met die nuwe WesBank-brandstofbesparingstoer  het deelnemers ‘n afstand van altesaam 2 500 km in vyf provinsies aflê.  Hulle het van Johannesburg oor Durban, Oos-Londen, Port Elizabeth en George na Kaapstad gereis.

Met hierdie toer is al die motors oor dieselfde roete getoets word, op dieselfde tyd van die dag en onder dieselfde weersomstandighede. Die verbruiksyfers van soortgelyke voertuie kon regstreeks met mekaar vergelyk word. die uitslae van hierdie rit sal voornemende kopers help om ‘n meer ingeligte besluite te neem wanneer ‘n nuwe of gebruikte voertuig gekoop word.

Altesaam veertig motors van twaalf vervaardigers het vanjaar deelgeneem.

Die twaalf vervaardigers wat deelgeneem het, is Fiat, Ford, Hyundai, Kia, Lexus, Mahindra, Mitsubishi, Nissan, Renault, Suzuki en Toyota. Die nuutgestigte Motus-groep het vier motors, wat deur motorjoernaliste bestuur word, ingeskryf.

Die deelnemende motors is in verskillende klasse ingedeel, gebaseer op faktore soos petrol- of dieselenjins, turbolose en turbo-aangejaagde motors en hibriede-motors. Die enigste hibriede-motor wat deel geneem het, is ‘n Lexus UX.

Die bestuurders en navigators verteenwoordig ‘n uiteenlopende spektrum, met albei geslagte en persone van verskillende agtergronde.  Daar is ook twee spanne van Uganda wat al voorheen aan die Afrika-tydrenkampioenskap deelgeneem het; Joseph Wasiwa en Jared Calera wat met ‘n Hyundai Tucson 2,0 D deelgeneem het en  Ketende Muklibi en Jeff Kabagambe met ‘n Toyota RAV 4 2,0 GX.

Die uitslae van die 5de en laaste dag gee ‘n mens ‘n idee van die deelnemende voertuie se brandstofverbruik.

Categories:
%d bloggers like this: