Wesbank-brandstofbesparingsrit 2019 halfpadmerk

0 Comments

Die tweede dag van die heel eerste Wesbank SA Brandstofbesparingsrit wat in samewerking met Eerste Nasionale Bank aangebied word, het groot veranderinge in toestande en brandstofverbruiksyfers opgelewer.

Die deelnemers het van Durban na Oos-Londen gery, en daar was geen padwerke nie, Die roete het binnelandse dorpe soos Kokstad, Mthatha en Butterworth ingesluit en het heelwat heuwels en draaie bevat. Daar was hoofsaaklik net een baan in elke rigting en die verkeer was hoofsaaklik swaar. Dit het goeie beplanning geverg om tyd in te haal en te verseker dat die deelnemers nie laat by die beheerpunte opdaag nie.  Ondanks die speling van vyf minute wat die organiseerders toegelaat het as gevolg van swaar verkeer is ses van die veertig deelnemers op die tweede dag gestraf omdat hulle laat opgedaag het terwyl daar geen straf-gevalle op die eerste dag was nie.  Volgens Charl Wilken, die hooforganiseerder, was die tweede dag, met ‘n roete van 2 500 km, die moeilikste, soos die deelnemers se brandstofverbruiksyfers weerspieël het.

Op die eerste dag het agttien voertuie syfers van 5 liter per 100 km behaal terwyl daar op die tweede dag net vyf was.  Die algehele syfers vir die eerste twee dae , sonder om strawwe vir laat aankoms in aanmerking te neem, het tussen 4,6730 en 8,1076 liter per 100 km gewissel.

#FuelEconomyTour2019 #motorplus

Die Fiat Tipo 1.3 Multi-Jet Easy het op die tweede dag van die Rit die beste brandstofsyfer behaal met 4.64 liter per 100 km, maar is gestraf omdat dit juis as gevolg van die swaar verkeer laat by die aanmeldingspunt gekom het. #wesbankfueleconomytour2019

Behalwe die strawwe mededinging in die verskillende klasse is daar ook die gesogte toekenning vir die mees brandstof-doeltreffende vervaardiger. Renault het sy eerste plek op die eerste dag aan Suzuki afgestaan, Mahindra, Nissan en Ford is in die volgende twee plekke.

Die volgende deel van die roete strek tussen Oos-Londen en Port Elizabeth, daarna tot in George en laastens tot in Kaapstad, waar die toer Saterdag eindig.

Die eerste tien deelnemers aan die einde van die tweede dag, met hul gemiddelde verbruik, lyk só

  1. Renault Captur 1,5 dCi Dynamique (Wynter Murdoch en Carolyn Swan) 4,6730 l/100 km
  2. Nissan Qashqai 1,5 dCi (Dieter en Eckard Engelbrecht) 4,8911 l/100 km
  3. Toyota Aygo (Carri-Ann Jane en Roxanne Jones) 4,9040 l/100 km
  4. Renault Duster 1,5 dCi EDC 4×2 Techroad (Danie Botha en Reuben van Niekerk) 5,0493 l/100 km
  5. Suzuki Ignis 1,2 GLX MT (Stuart Greig en Wynand Gerber) 5,0887 l/100 km
  6. Suzuki Baleno 1,4 GLX MT (Brendan Carpenter en Michael Altona) 5,1563 l/100 km
  7. Suzuki Swift 1,2 GLX MT (Jeanette Kok-Kritzinger en Riette Wannenburg) 5,1787 l/100 km
  8. Ford Kuga 1,5 TDCi Trend 6MT FWD (Damian Adams en Dave Mc Gregor) 5,2588 l/100 km
  9. Ford Fiesta 1,0 T (Lerato Matebese en Deon van der Walt) 5,3436 l/100 km
  10. Suzuki Vitara 1,4 GLX Turbo (Willie Nel en William Nel) 5,3581 l/100 km

Lees meer oor die Wesbank-brandstofbesparingsrit hier…

Categories:
%d bloggers like this: