Wie is ons?

Motorplus is oor motors asook die aspekte wat met motor-eienaarskap gepaard gaan: Reis, verblyf, kamp en natuurlik reis. Alles oor motors asook die  “plus”-faktor.

Die doel van die webwerf is ook om ‘n toonvenster vir die vernuf van Afrikaans op motorterminologie-vlak te wees. Enige iemand wat ‘n nuwe Afrikaanse woord vir ‘n motorterm wil voorlê is welkom om dit op ons “Kontak-bladsy” te doen.

Motorplus.co.za is die eerste motorwerf in Afrikaans. Dit is reeds in die 2000 deur oorlede Ben van Rensburg begin. Ben was een van die stigterslede van die SA Motorskrywersgilde en hy het as ‘n motorjoernalis baanbrekerswerk vir veral nuwe Afrikaanse motorterminologie gedoen.

Suid-Afrikaanse motorjoernaliste in Finland in 1975. Van links is Evert van Niekerk, Geoff Dalglish en Ben van Rensburg.

Ben van Rensburg

 

 

 

 

Motorjoernalis Gerrie Smit het in 2006 die webwerf by Ben oorgeneem. Gerrie het in 1983 ‘n volle lid van die SA Motorskrywersgilde geword en is sedert 2008 ‘n beoordelaar van die jaarlikse “Motor-van-die-Jaar”-toekenning.

Gerrie Smit besig om ‘n Prado in Namibië te toets.

MotorPlus se redakteur is Gerrie Smit en die redaksionele span bestaan uit Daantjie Badenhorst (Motorgeskiedkundige en Toetsbestuurder), Charlen Raymond (Vryskut-bydraer), Nicholas Smit (Assistent toetsbestuurder) en Christopher Smit (Tegnologie-skrywer).

Daantjie (Dinamiet) Badenhorst is die motorgeskiedkundige in die MotorPlus-span.

Nicholas (Spoed-Nick) Smit het reeds verskeie gevorderde bestuurskursusse voltooi en toets die vinnige motors terwyl Christopher Smit akademiese kwalifikasies in rekenaar-ingenieurswese het en die MotorPlus-span bystaan as tegnologie-skrywer.

Christopher en Nicholas toets tot die ergonomiese eienskappe van voertuie se domkragte.

 

 


Gerrie Smit by Niki Lauda se Formule 1 Porsche in die Porsche Museum in Stutgard, Duitsland.