Breaking News

X-klas word Mercedes-Benz

X-klas kry Mercedes-Benz V6-dieselenjin

Mercedes-Benz X-Klas X 350 d 4MATIC

Nadat Mercedes-Benz se X-klas vroeër vanjaar met Nissan-enjins in Suid-Afrika bekendgestel is, is die vlagskipweergawe met ‘n regte Mercedes-Benz V6-enjin, ook nou by die reeks gevoeg.

Die Mercedes-Benz X-klas is ‘n luukse dubbelkajuit-bakkie wat op die Nissan Navara dubbelkajuit-bakkie gebaseer is.

Die X 350d is in twee spesifikasievlakke, naamlik Progessive en Power beskikbaar en anders as sy goedkoper stalmaats word hy met ‘n Mercedes-Benz V6-turbodieselenjin toegerus. Hierdie enjin  lewer 190 kW teen 3 400 opm en het ‘n wringkrag van 550 Nm tussen  1 400 en 3 200 opm. Die X-klas 350d is net met ‘n 7 G-Tronic Plus-outomatiese ratkas met sewe gange beskikbaar. Dit het ook die 4Matic-permanente vierwielaandrywingstelsel wat die wringkrag in ‘n 40:60-verhouding na die voor-en agterwiele stuur as standaard.  Die X 350d is ook toegerus met ‘n Eco-stop-en-wegtrekfunksie wat die enjin laat uitsny as daar by ‘n verkeerslig stilgehou word, maar hierdie funksie sktiveer nie, wanneer die voertuig in die veldry-opsie is nie.

Mercedes-Benz X-Klas X 350 d enjin.

Die X-klas, veral die 350d, is daarop gemik om te voldoen aan die groeiende vraag na dubbelkajuitbakkies wat nie net werkesels is nie, maar wat ook vir leefstyldoeleindes gebruik kan word.  Mercedes-Benz se reeks handelsvoertuie bestaan uit modelreekse wat vir harde werk bedoel is, soos die G-klas en die Unimog, maar ook voertuie soos die V-klas en die Vito wat ewe geskik is vir werk en ontspanning. Die X-klas sal byval vind by onder meer statusbewuste sakelui, individue wat bewus is van die jongste modeneigings, asook diegene wat aan sport of avontuuraktiwiteite deelneem. Hoewel die X-klas taai en duursaam is en oor uitnemende veldryvermoë beskik, is sy padhouvermoë, werkverrigting en gerief vergelykbaar met dié van ‘n weeldemotor, selfs dié uit Mercedes-Benz se eie stal.

Die 7 G-Tronic Plus-ratkas stel die bestuurder in staat om ook ratte met behulp van ratspane agter die stuurwiel te wissel, sonder om die voet van die versnellerpedaal af te haal. Dit verbeter die voertuig se hantering teen opdraandes, in die veld en wanneer ‘n sleepwa of woonwa gesleep word. Daarby het dit ‘n positiewe uitwerking op doeltreffendheid en geraasvlakke.

Die Dynamic Select-stelsel is standaardtoerusting vir die X 350d; dit stel die bestuurder in staat om een van verskeie bestuursopsies te kies na gelang van behoefte. Wanneer die voertuigaangeskakel word, word die Comfort-modus outomaties gebruik. Dit is die gerieflikste ry-opsie, wat vir alledaagse gebruik geskik is. Die ratkas wissel ratte teen besonder lae toere wanneer die Eco-opsie gebruik word, om maksimum brandstofdoeltreffendheid te verseker. In die Sport-opsie is die reaksie van die versnellerpedaal baie vinniger en ratte word teen hoër toere gewissel. In die handratmodus word ratte met behulp van die ratspane agter die stuurwiel gewissel. Die “Off Road”-opsie word gebruik vir veldrytoestande; dit is die enigste modus waarin die stop-en-wegtrekfunksie nie beskikbaar is nie.

Aangesien die X-klas ‘n Mercedes-Benz is, is veiligheid van kritieke belang, en verskeie veileigheidskenmerke is standaardtoerusting of as opsionele ekstras beskikbaar. Daar is sewe lugsakke en hegpunte vir kinderstoeltjies op die agtersitplek, terwyl aktiewe noodremhulp, ‘n padtekenmonitor en ‘n waarskuwing as die voertuig per abuis uit sy baan beweeg op die oop pad, opsioneel beskikbaar is.

Die X 350d is in twee spesifikasievlakke beskikbaar, naamlik Progression en Power; onderskeidelik die intree- en topmodelle. Albei modelle het onder meer sleutellose toegang en dubbelsone-klimaatbeheer as standaardtoerusting. Die Progression se toerusting sluit onder meer die volgende in: 17-duim allooiwiele met ses speke, luguitlate binne met ‘n wilwer-chroom afwerking en sitplekke in swart materiaal, asook ‘n Audio 20-klankstelsel met agt luidsprekers.  Die Power voeg onder meer die volgende kenmerke by: ‘n onderste chroom-skerm in die voorste stamper, ‘n verchroomde agterstamper, LED- hoëverrigtingskopligte, sitplekke met swart of bruin leerbekleedsel, elektries verstelbare voorsitplekke en ‘n klankstelsel met ‘n veelfunksie-kontrole.

Die koper kan ook uit ‘n aantal bykomstighede kies, onder meer bakseile, kappies, bosbrekers, rolstawe en rubbervoering, om net ‘n paar te noem.

Die X 350d Progression en Power se pryse is onderskeidelik R 904 188 en R 973 188. Dié pryse sluit ‘n volle Premium Drive-onderhoudsplan van ses jaar of 100 000km in. Dit kan na agt jaar of 100- tot 180 000km verleng word, mits dit gedoen word voordat die oorspronklike plan verstryk.

10 thoughts on “X-klas word Mercedes-Benz

  1. An intriguing discussion is definitely worth comment.
    There’s no doubt that that you need to publish more on this subject, it might not be a taboo subject but generally people don’t discuss such issues.
    To the next! All the best!!

  2. Today, I went to the beach with my children. I found a sea shell and
    gave it to my 4 year old daughter and said “You can hear the ocean if you put this to your ear.” She placed the shell to her ear and screamed.
    There was a hermit crab inside and it pinched her ear. She never wants to
    go back! LoL I know this is totally off topic but I had to tell
    someone!

  3. It’s actually a great and helpful piece of information. I’m happy
    that you simply shared this useful info with us.
    Please keep us up to date like this. Thank you for sharing.

  4. I will immediately snatch your rss as I can’t to find your e-mail subscription hyperlink
    or e-newsletter service. Do you have any? Kindly allow me know so that I may
    subscribe. Thanks.

  5. After looking at a number of the blog posts on your web site, I seriously
    appreciate your way of writing a blog. I saved as a favorite it to my bookmark website
    list and will be checking back in the near future.

    Please check out my website too and let me know how you feel.

  6. Hi I am so thrilled I found your webpage, I really found you by error, while I was looking on Google for something else, Regardless I
    am here now and would just like to say thank you for a tremendous
    post and a all round enjoyable blog (I also love the theme/design), I don’t have time to read it all at
    the moment but I have book-marked it and also included your RSS feeds, so when I have time I will be back to read more, Please do keep up the excellent b.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

%d bloggers like this: