Breaking News

Audi stel sy tweede Q3 bekend

Na die sukses van die eerste geslag Audi Q3 is die nuwe weergawe ook pas in Suid-Afrika bekendgestel

Die nuwe model lyk meer sportief en aggressief as sy voorganger; aan die voorkant is ‘n nuwe agthoekige sierrooster met agt vertikale stawe wat die sportiewe karakter van die vooraansig weerspieël. Kopligte met ligdiode-tegnologie is standaard toerusting, tesame met dinamiese rigting-wysers. Voornemende kopers kan ook matriks-ligdiodekopligte teen ekstra koste bestel.

Aan die kant is die simmetriese beligtings-grafika van die kop- en agterligte ‘n hoogtepunt; die skouerlyn verbind hulle vanuit ‘n stilerings-perspektief en skep ‘n atletiese indruk, saam met gespierde wielboë wat deur Audi se ander sportnuts-voertuie geïnspireer is en die Q3 ‘n meer gespierde voorkoms gee.  Die standaard- en Advanced-modelle word met swart wielboë toegerus, maar dié van die S-Line is dieselfde kleur as die bakwerk. Daar is ‘n drukvlerk op die dak wat na die kante toe omkrul. Daar is baie maniere waarop voornemende kopers hul motors kan verpersoonlik, onder meer kontrasterende verf-afwerking vir die onderste deel van die bakwerk.  Wanneer die S-Line gekies word, is die voorkoms van die stampers en die lugverdeler meer sportief. Die S-Line is een van drie keuses wat vir voornemende kopers beskikbaar is; die ander twee is die standaard-model en die Advanced; elk met hul eiesoortige voorkoms.

Die sportiewe karakter van die buitekant word binne voortgesit en die ontwerp is baie dieselfde as dié van die groter modelle. Die paneelbord is in twee verdeel; aan die bokant kom die luguitlate vir die klimaat beheer-stelsel onder meer voor. Die onderstel deel bevat ‘n groot agthoekige motief met ‘n swart voorkoms. Die hoëglans-swart afwerking omring die sentrale  element van die MMI-raakskerm. Dié skerm, asook die kontroles vir die klimaat beheer-stelsel, is 10 grade na die bestuurder toe gedraai. Die draaiknop wat voorheen die ligte beheer het, is met druk-knoppe aan die linkerkant van die stuurkolom vervang. 

Audi het ‘n nuwe konsep vir die kleure en materiale van die binnekant ontwikkel. Bo en behalwe die standaard afwerking is twee ander keuses bskikbaar; die sportpakket en die S- Line-pakket. Laasgenoemde twee pakkette bestan uit sportsitplekke wat beskikbaar is in twee kombinasies, naamlik leer en kunsleer of leer en Alcantara. Die Alcantara-panele op die instrumente-paneel en die arm-leunings van die deure is ‘n nuwe kenmerk; dit is beskikbaar in grys of ‘n helder oranje. Daar is ‘n ligdiode-beligtings-pakket beskikbaar; as die tegnologie-pakket gekies word, is dit standaard toerusting. Daar is tot dertig kleur-verstellings, wat die bêreplek onder die instrumente-paneel en die Audi-kenteken bokant die paneelkissie. Tweesone-klimaat beheer, ‘n panoramiese sondak en ‘n stuurwiel met ‘n plat onderkant is alles standaard toerusting.

Die nuwe Q3 is in elke opsig groter as sy voorganger; hy is 96 mm langer en 18mm breër, terwyl sy asafstand met 77mm gegroei het; gevolglik is knie- elmboog- en kopruimte beter as voorheen.  Die agter-sitplekke, wat in drie dele verdeel is, kan 150 mm vorentoe en agtertoe geskuif word en agterste insittendes het die keuse van ‘n agterste armleuning met twee bekerhouers. Die bagasiebak kan tussen 530 en 675 liter hou, ahangende van die posisie van die agtersitplek as dit regop bly, en wanneer die sitplek platgevou word, kan tot 1 525 liter gehou word. Die vloer van die bagasiebak kan op een van drie hoogtes verstel word en as die pakkiesak nie nodig is nie, kan dit onder die bagasiebak se vloer gebêre word. Daar is ‘n bagasieruim-pakket opsioneel of as deel van die geriefspakket beskikbaar; dit bestaan uit ‘n net vir die bagasieruim, asook vir die rugleunings van die voorsitplekke, asook ligdiode-kolligte in die agterklap om beligting te bied ongeag die vrag wat gedra word. Daar is ‘n elektries beheerde agterklap teen ekstra koste beskikbaar; dit kan met ‘n sleutel oop- of toegemaak word, of anders kan dit beheer word deur ‘n voet onder die agterstamper te sit wanneer die sleutel byderhand is. 

Audi het weggedoen met analoog-instrumente. In die plek daarvan is ‘n digitale stuurkajuit standaard toerusting, en bykomende funksies is teen ekstra koste beskikbaar.  Dit bevat die MMI-funksies en benewens die spoedmeter en toereteller word die frekwensie van die radiostasie waarna daar geluister word of die inligting oor die liedjie wat gespeel word, gegee. Wanneer satellietnavigasie gekies word, kom die uitlees-paneel ook op die instrumentepaneel voor. Die bestuurder kan die inligting wat vertoon word, na gelang van behoefte kies.  Die standaard-MMI-stelsel beskik oor ‘n skerm van 8.8 duim, maar wanneer die meer gesofistikeerde opsie gekies word, word ‘n vertoon-paneel van 10,25 duim. Een van drie keuses is vir die bestuurder beskikbaar; die navigasiestelsel en ‘n nuwe sportiewe uitleespaneel is deel van die tegnologiepakket. Die stelsel kan met stemopdragte werk; daar is ‘n dialoog-bestuurder wat vrae vra indien nodig, regstellings aanvaar en keuses bied.

Die MMI Navigation Plus-stelsel stel nuwe standaarde in hierdie marksegment en bied dieselfde tegniese funksies as die duurder modelreekse. Die stelsel herken byvoorbeeld die bestuurder se voorkeure met vorige ritte en kan geskikte roetes voorstel.  Dit gee ook inligting oor die werklike verkeersituasie. Die klankstelsel bevat tien luidsprekers, onder meer een in die middel, maar ‘n Bang &Olufsen-stelsel met virtuele drie-dimensionele klank, is opsioneel beskikbaar. Die stelsel kan musiek deur ‘n MP 3-speler, ‘n USB-stokkie of slimfoon deur die luidsprekers speel en om dit te vergemaklik, is twee USB-kragpunte aangebring. Enige iOS- of Android-selfoon kan gekoppel word en dit is versoenbaar met Apple Car Play of Android Auto.

Die Q3 is met verskeie veligheids-kenmerke toegerus. Daar is vier 360 grade-kameras reg rondom die voertuig en die beelde kan op die inligting-en-vermaakstelsel gesien word. Die bestuurder het die keuse om verskillende beelde te sien deur die raakskerm te gebruik. Benewens die trukamera en die 180 grade-panoramiese kamera kan die voor- en agterwiele in detail gesien word; dit stel die bestuurder in staat om te sien hoe ver hy of sy van die randsteen af is wanneer die voertuig geparkeer word. 

Die baandwaal-waarskuwing en baanhou-hulp sorg vir gemak en gemoedrus op die oop pad; dit werk vanaf ongeveer 60 km/h en help verhinder dat die voertuig per abuis van baan verwissel. As die bestuurder nie sy of haar rigtingwyser aangesit het nie en die voertuig van baan verwissel, sal die stelsel die voertuig met korrektiewe stuuringryping in sy baan hou. 

Daar is op die oomblik net een enjinkeuse vir die Q3 beskikbaar. Al die modele word toegerus mer ‘n turbopetrol-enjin van 1,4 liter wat 110 kW en 250 Nm lewer. Hierdie enjin word aan ‘n S Tronic-ratkas met ses gange gekoppel en voorwiel-aandrywing is standaard toerusting. Wegtrek- en afdraandehulp is standaardtoerusting

Die Q3 is die eerste Audi-modelreeks wat verskillende opsiepakkette bied; dit sal voortaan vir alle nuwe Audi-reekse beskikbaar wees.  Die gedagte is om die proses om ‘n voertuig te kies en te bestel, te vereenvoudig en skakel die lang lys opsionele ekstras grootliks uit. Dit klassifiseer sekere bykomstighede volgens die behoefte van ‘n spesifieke koper en bied ‘n maklik verstaanbare waardepakket. Hierdie pakkettte is saamgestel na aanleiding van die behoeftes van klante asook strategiese opsies wat Audi se eiesoortigheid weerspieël. Die opsies wat vir die Q3 beskikbaar is, is Comfort, Technology, Sport, Parking, Black Styling  en S-Line-binnekant. 

Die Q3 spog met onder meer die volgende standaardkenmerke:

Tweesone-klimaatbeheer
Ligdiodebeligting vir die binneruim
Diefwerende wielmoere
Swart dakspore
Bluetooth-koppeling
17-duim allooiwiele met vyf dubbele speke
Kleurgekodeerde elektries verstelbare buitespieëls
Spoedbeheer
Digitale stuurkajuit
Elektroniese stabiliteits-beheer
Wegtrek- en afdraande-hulp
ISOFIX-ankerpunte vir die buitenste agtersitplekke en die voorste passasiersitplek
Driespeek-veelfunksiestuurwiel met leer oorgetrek
Outomatiese kopligte en ruitveërs
Agterste parkeersensors
Ruimtebesparende noodwiel
Banddrukmonitor
Stembeheer vir die inligting-en-vermaakstelsel

Die pryse van die verskillende modelle, wat ‘n volle Audi Freeway-plan van vyf jaar of 100 000km insluit, is as volg:
Q3 35 T FSI S Tronic: R 565 000
Q 3 35 T FSI S Tronic Advanced: R 585 000
Q3 35 T FSI S Tronic S-Line: R 599 000

27 thoughts on “Audi stel sy tweede Q3 bekend

  1. Simply desire to say your article is as amazing.
    The clarity to your put up is just excellent and that i could think you’re knowledgeable on this subject.
    Well together with your permission allow me to snatch your RSS feed to keep up to date with drawing close post.
    Thank you 1,000,000 and please continue the rewarding work.

  2. Hello, every time i used to check website posts here early in the break of day, since i like
    to gain knowledge of more and more.

  3. I know this web site presents quality dependent posts and extra information,
    is there any other site which offers these kinds of information in quality?

  4. Hi friends, its fantastic piece of writing concerning teachingand fully defined,
    keep it up all the time.

  5. Hey! Someone in my Myspace group shared this site with us
    so I came to check it out. I’m definitely enjoying the information.
    I’m book-marking and will be tweeting this to my followers!
    Terrific blog and terrific design.

  6. Excellent pieces. Keep writing such kind of information on your blog.

    Im really impressed by it.
    Hey there, You have performed an excellent job.
    I’ll definitely digg it and for my part suggest to my friends.
    I’m sure they will be benefited from this web site.

  7. What’s Happening i am new to this, I stumbled upon this I have found
    It absolutely helpful and it has aided me out loads.
    I’m hoping to give a contribution & assist other users like its aided me.
    Great job.

  8. I am now not sure the place you’re getting your info, but great topic.
    I must spend a while learning more or figuring out more.
    Thanks for magnificent information I was in search of this information for my
    mission.

  9. Hello, i think that i saw you visited my blog so i came to go
    back the prefer?.I’m attempting to find issues to improve my site!I suppose its good enough to use a few of your ideas!!

  10. Hi, I do believe this is a great site. I stumbledupon it 😉 I may
    come back yet again since I saved as a favorite it. Money and freedom is the greatest way to change,
    may you be rich and continue to guide others.

  11. We are a bunch of volunteers and starting a
    brand new scheme in our community. Your site offered us with
    helpful info to work on. You’ve done a formidable
    job and our entire group shall be grateful to
    you.

  12. I’ve been surfing online more than three hours today, yet I never found any interesting article like
    yours. It is pretty worth enough for me. In my view, if all website owners and bloggers made good content as you did, the web will be
    a lot more useful than ever before.

  13. Hello there! I simply wish to give you a huge thumbs up for your excellent
    information you’ve got right here on this post. I’ll be returning to your website for more soon.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

%d bloggers like this: