Breaking News

Outeur: MotorPlus

Haval stel sy nuwe H6 bekend

14/06/2021

Kort op die hakke van die splinternuwe Joilon het Haval pas sy nuwe H6 in Suid-Afrika bekendgestel. Die H6, wat op dieselfde onderstel van die Jolion gebou word, vervang die vorige H6 asook die H6C, en neem sy plek bokant die Jolion in Haval se Suid-Afrikaanse reeks in.  Hoewel dit reeds die derde geslag H6 […]

Read More

Super-giftige Shelby nou beskikbaar

13/06/2021

Die legendariese renjaer en motorsport-vervaardiger Carroll Shelby is 98 jaar gelede gebore. Ter herdenking het Shelby-handelaars wêreldwyd, onder meer ook in Suid-Afrika, aangekondig dat 98 eenhede van die Shelby Super Snake en 25 eenhede van die Super Snake Speedster vervaardig sal word. Die Super Snake is ‘n gunsteling onder motorgeesdriftiges en vir 2021 word hy […]

Read More

Nóg ‘n nuwe Vier op pad na Suid-Afrika

11/06/2021

In 2014 het BMW sy eerste 4-reeks Gran Coupé bekendgestel. Hierdie model het die sportiewe voorkoms van ‘n koepee met die praktiese eienskappe van ‘n luikrug gekombineer en het ‘n alternatief gebied vir diegene wat ‘n sportiewe gesinsmotor wou gehad het. Die tweede geslag is pas internasionaal bekendgestel en hy sal teen die einde van […]

Read More

BMW i4 op pad na Suid-Afrika

04/06/2021

Die eerste elektriese BMW met vier deure, die i4, is pas oorsee bekendgestel en sal in die eerste kwartaal van 2022 in Suid-Afrika beskikbaar wees. Die i4 is ‘n vierdeur-koepee met ‘n luikrug en is daarop gemik om veelsydigheid en ruimte met die tipe bestuursgenot waarvoor BMW bekend is, te kombineer. Boonop is die eerste […]

Read More

Land Rover Defender 90 nou in Suid-Afrika beskikbaar

02/06/2021

Na die suksesvolle bekendstelling van die nuwe Land Rover Defender 110 in die middel van 2020 het Jaguar Land Rover aangekondig dat die nuwe Defender 90 ook nou hier beskikbaar is. Volgens die maatskappy kan die Defender 90, met ‘n geskiedenis wat terug na 1948 dateer, as die mees gevorderde en bekwame Land Rover tot […]

Read More

Audi se Q2 effens opgekikker

27/05/2021

Audi het pas aangekondig dat ‘n opgeknapte weergawe van die Q2 van die 1ste Junie af in Suid-Afrika beskikbaar sal wees. Die nuwe reeks sal geringe veranderinge binne en buite kry, en drie afwerkingsvlakke sal beskikbaar twwes terwyl ‘n paar nuwe kleure ook beskikbaar sal wees. Die nuwe vooraansig spog met ‘n meer kenmerkende voorkoms; […]

Read More

Range Rover Velar-reeks opgeknap en uitgebrei

26/05/2021

Jaguar Land Rover het pas sy opgeknapte Range Rover Velar-reeks in Suid-Afrika bekendgestel. Die nuwe reeks sit die tradisie van vyftig jaar se innovering voort deurdat ‘n nuwe enjin keuse wat elektriese tegnologie bekendstel, nou beskikbaar is, tesame met nuwe petrol-en diesel enjins. Die Velar-naam het ‘n lang geskiedenis, en is as kodenaam vir die […]

Read More

Net 90 Ford Mustang Mach 1’s op pad na Suid-Afrika

24/05/2021

In Augustus 1968 het Ford ‘n nuwe model vir die 1969-modeljaar by die Mustang-reeks gevoeg. Die Mustang Mach 1 het aanvanklik ‘n seweliter Cobra Jet V8-enjin gehad wat hom van sy mindere stalmaats onderskei het, en omdat GT, volgens die vervaardiger nie die boodskap van verbeterde werkverrigting goed genoeg oorgedra het nie, is die Mach […]

Read More

Derde Hyundai i20 eindelik beskikbaar

21/05/2021

Sedert die Hyundai i 20 in 2009 vir die eerste keer bekendgestel is, is meer as 106 000 eenhede in Suid-Afrika verkoop, en die met die derde geslag hoop Hyundai om op hierdie sukses voort te bou.  Die derde geslag is reeds meer as ‘n jaar gelede oorsee bekendgestel, maar onder meer weens die COVID 19-pandemie […]

Read More

Citroën se opgekikkerde C3-reeks nou volledig

20/05/2021

Sedert sy bekendstelling in November 2016 is daar reeds 3 miljoen eenhede van die derde geslag Citroën C3 verkoop, en toe dié Franse vervaardiger teen die einde van 2019 na Suid-Afrika teruggekeer het , was dit een van die modelle wat hier bekendgestel is. In Maart vanjaar het Peugeot Citroën Suid-Afrika die intreemodel van die […]

Read More
%d bloggers like this: