Breaking News

BMW stel sy nuwe Agt bekend

In 1990 het BMW vir die eerste keer die 8-reeks-model benaming vir ‘n twee-deur vlagskip gebruik, maar in 1999 is dié reeks aan die mark onttrek.

BMW het egter nou die 8-reeks laat herleef met die bekendstelling van die tweede geslag, wat nou in Suid-Afrika beskikbaar is. Volgens BMW was die hoof-oogmerk met die ontwikkeling van die nuwe 8-reeks om soveel bestuursgenot as moontlik te verseker, en die bakwerk, enjin, ratkas en veerstelsel is spesifiek ontwikkel met dit in gedagte. Die nuwe 8-reeks kry BMW se XDrive- vierwiel aandrywing-stelsel as standaard toerusting wat met ‘n kragtige nuwe enjin gekombineer word vir die M 850i XDrive-koepee en afslaankap. Hierdie twee modelle is die eerstes wat bekendgestel word. Die 8-reeks het reeds sy vuurdoop gehad in die vorm van die M8 GTE, wat in Noord-Amerika aan die IMSA Weather Tech-sport motor-kampioenskappe en aan die internasionale FIA WEC- uithou-wedrenne deelgeneem het. Met die produksie model is dit nou moontlik om uitsonderlike werk-verritging en weelde te kombineer.

Die nuwe 8-reeks se ontwerp is modern en sportief en voldoen aan die verwagtinge wat met die konsep model geskep is. Die motor se dinamiese karakter word ook meer beklemtoon as met enige van BMW se vorige modelle. Die lang asafstand en breë spoorwydte gee die 8-reeks ‘n uiters dinamiese voorkoms. Die hoogtepunte van die vooraansig is ‘n groot luguitlaat in die stamper, ‘n seshoekige sierrooster wat laag gemonteer is, en LED-kopligte wat kleiner as op enige vorige BMW- model is. Die horisontale en skuins lyne aan die agterkant beklemtoon die motor se lae swaartepunt en breedte. Die LED-agterligte vou ver om die hoeke van die motor om en is maklik van agter en van die kant af sigbaar.

Die ontwerpers van die 8-reeks het moeite gedoen om die motor so aëro-dinamies doeltreffend as moontlik te maak. Die onderkante van die buitespieëls is uiters smal en die onderkant van die bakwerk is byna heeltemal verseël. Die koepee het ‘n sentrale uitsny-paneel wat hom die “double bubble”-voorkoms van klassieke sportmotors gee. Daarby is ‘n dak wat met koolvesel versterk word, opsioneel vir die koepee beskikbaar. Dit verlaag sy swaartepunt nog verder en is vir die eerste keer vir ‘n BMW-produksie model beskikbaar. Wanneer hierdie opsie gekies word, word die buitespieëls, die agterste drukvlerk en die agterste lugverdeler ook van koolvesel gemaak. Dit alles is deel van die opsionele Carbon Package, wat onderskeidelik teen R 51 500 en R 54 500 vir die afslaankap en die koepee beskikbaar is.

Die moderne en minimalistiese ontwerp van die buitekant kom ook binne-in die motor voor. Dit straal weelde uit, maar is terselfdetyd daarop gemik om bestursgenot te verhoog. Die voorste sportsitplekke is nuut ontwikkel en Vernasca-leerbekleedsel is standaard toerusting. Die lae posisie van die verdeelde agtersitplekke beteken dat kopstutte gemonteer kon word; dié sitplekke is in ‘n 50:50-verhouding verdeel en kan platgevou word om die 420 liter-bagasiebak te vergroot. Die 8- reeks word ook toegerus met BMW se nuwe digitale instrumente paneel wat ook op modelle soos die X5 en die 3-reeks voorkom.

Die 8-reeks word toegerus met ‘n enjin wat sy debuut in BMW se reeks maak. Die V8-enjin met ‘n verplasingsinhoud van 4,4 liter spog met BMW se M Performance Twin Power-tegnologie met twee turboaanjaers. Dié nuwe enjin is onder alle moontlike toestande getoets om maksimum werkverrigting en duursaamheid te verseker en hoewel dit 50 kW meer as sy voorganger lewer, is dit glad nie swaarder nie. Die maksimum kraglewering en wringkrag van die nuwe enjin is onderskeidelik 390 kW teen tussen 5 500 en 6 000 opm en 750 Nm teen tussen 1 800 en 4 600 opm.

 

Die Sport Steptronic-ratkas, met agt gange en ratspane agter die stuurwiel vir ratwisseling sonder ‘n koppelaar, is meer doeltreffend as voorheen en ratwisseling is meer sportief danksy ‘n nuwe ratkas-bestuurstelsel. Die jongste weergawe van BMW se XDrive-vierwiel aandrywing-stelsel is standaard toerusting vir die koepee en die afslaankap. Dié stelsel versprei wringkrag eweredig tussen die voor- en agterwiele en verhoog stabiliteit en vastrapvermoë in alle bestuurs-omstandighede. Die koepee word ook met ‘n elektronies beheerde agterste ewenaarslot toegerus, en dit beklemtoon sy sportiewe karakter nog verder.

Soos wat ‘n mens van ‘n motor in hierdie klas kan verwag, is verskeie bestuurs hulp-middels standaard toerusting. Die aktiewe spoedbeheer het ‘n stop-en-ryfunksie en die parkeer-hulp funksie beheer die versnelling, remming en ratwisseling wanneer die motor geparkeer word of ‘n parkeerruimte verlaat. Daar is ook ‘n baand-waal waarskuwing, baanhou-hulp en sensors wat die bestuurder waarsku van hindernisse aan die voor- en agterkant van die motor.

Die uitstaande kenmerk van die binneruim is die inligting-en-vermaakstelsel wat op verskillende maniere beheer kan word. Benewens die digitale instrumente-paneel kan die paneel van dié stelsel ook verander word om by persoonlike behoeftes aan te pas. Dit kan beheer word deur middel van ‘n kontrole op die middelkonsole, handgebare, kontroles op die stuurwiel of die raakskerm beheer word. Die uitlees-paneel van die navigasie-stelsel kan in die middel van die digitale instrumente-paneel vertoon word. Die paneel tussen die vooruit en die instrumente-paneel wat standaard toerusting vir albei modelle is, is verder verbeter; dit is nou groter en bevat meer inligting en verbeterde grafika. Die BMW Connected-persoonlike mobiliteits-assistent maak dit vir die bestuurder moontlik om programmatuur op datum te bring en Microsoft Office 365 en Skype for Business te integreer. Die BMW digitale sleutel maak dit vir die bestuurder moontlik om die motor deur middel van ‘n slimfoon oop te sluit en aan te sit.

Die pryse van die M 850i XDrive-koepee en afslaankap, wat BMW se Motorplan van vyf jaar of 100 000km insluit, is onderskeidelik R 1 872 900 en R 1 994 900. Die Motorplan kan teen ekstra koste tot 200 000km verleng word.

5 thoughts on “BMW stel sy nuwe Agt bekend

  1. Have you ever thought about adding a little bit more than just your articles?
    I mean, what you say is fundamental and all. However think about if you
    added some great images or videos to give your posts more,
    “pop”! Your content is excellent but with images and videos, this website could certainly be one of the best in its niche.

    Great blog!

  2. You really make it appear really easy together with
    your presentation but I in finding this topic to be actually
    one thing which I think I’d by no means understand. It kind of feels too complex
    and very huge for me. I’m having a look forward to your subsequent submit, I will
    try to get the grasp of it!

  3. Undeniably believe that which you stated. Your favorite reason seemed to be
    on the internet the simplest thing to be aware of. I say to
    you, I certainly get annoyed while people consider worries that they just do
    not know about. You managed to hit the nail upon the top and also defined out the
    whole thing without having side effect , people can take
    a signal. Will probably be back to get more. Thanks

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

%d bloggers like this: