Breaking News

Audi

Audi se Q2 effens opgekikker

27/05/2021

Audi het pas aangekondig dat ‘n opgeknapte weergawe van die Q2 van die 1ste Junie af in Suid-Afrika beskikbaar sal wees. Die nuwe reeks sal geringe veranderinge binne en buite kry, en drie afwerkingsvlakke sal beskikbaar twwes terwyl ‘n paar nuwe kleure ook beskikbaar sal wees. Die nuwe vooraansig spog met ‘n meer kenmerkende voorkoms; […]

Read More

Audi se haastige Q-vlagskip is hier

06/04/2021

Audi Suid-Afrika het pas die vlagskip van sy Q-sportnuts-voertuig reeks bekendgestel. Die RS Q8 quattro word aangedryf deur ‘n vier-liter V8-enjin met twee turbo-aanjaers wat 441 kW en wringkrag van 800 Nm teen tussen 2 200 en 4 500 opm lewer en gekoppel  word aan ‘n Tiptronic-ratkas met agt gange. Soos wat ‘n mens van […]

Read More

Audi knap twee RS-modelreekse op

04/02/2021

Audi Suid-Afrika het pas aangekondig dat sy RS 4 Avant, asook die RS 5-koepee en Sportback binnekort opgeknap sal word. Die vervaardiger se voorkeurklante het reeds begin om hul motors in ontvangs te neem, maar die amptelike bekendstelling sal op 1 April vanjaar plaasvind.  Al drie modelle spog met ‘n herontwerpte vooraansig, met ‘n groter […]

Read More

Audi se R8 in April hier

27/01/2021

Audi Suid-Afrika het aangekondig dat sy opgeknapte R8-reeks in April in Suid-Afrika beskikbaar sal wees, maar die maatskappy se voorkeur-klante het reeds hul motors begin ontvang. Soos voorheen sal die R8 weer in ‘n koepee en Spyder-weergawe beskikbaar wees. Albei modelle word aangedryf deur die bestaande 5,2 liter V10-enjin sonder ‘n turboaanjaer, wat 449 kW […]

Read More

Audi A5 mooier en meer gevorderd

13/12/2020

Die Audi A5-reeks vir 2021 is pas in Suid-Afrika bekendgestel, en soos voorheen sal daar weer ‘n koepee, ‘n Sportback en ‘n afslaankap beskikbaar wees. Aan die buitekant is die uitstaande nuwe kenmerk ‘n platter en breër sierrooster met ventilasie-uitlate aan die bokant wat aan dié van die Sport quattro van 1984 herinner. Daar is […]

Read More

Audi se Q7 verbeter

19/11/2020

Audi het pas die jongste weergawe van sy vlagskip-sportnutsvoertuig, die Q7 in Suid-Afrika bekendgestel. Die nuwe model, wat met verbeterde veldryvermoë spog, is in ‘n strandaard- en S Line-model beskikbaar met ‘n keuse van vyf of sewe sitplekke. Aan die voorkant is daar ‘n nuwe agthoekige sierrooster met ses vertikale stawe wat die Q7 ‘n […]

Read More

Audi se A4 ingrypend opgeknap

05/10/2020

Die opgeknapte weergawe van Audi se gewilde A4-sedan is pas in Suid-Afrika bekendgestel. Die nuwe model skakel nie net by Audi se moderne ontwerprigting in nie, maar beskik ook oor die jongste tegnologie aan die binnekant, onder meer ‘n nuwe MMI-raakvertoonpaneel wat baie soos ‘n slimfoon werk. Die nuwe A4 lyk meer dinamies en gesofistikeerd […]

Read More

Audi se Q3 word ‘n koepee

01/09/2020

Audi het pas sy Q3-reeks uitgebrei met die toevoeging van twee Sportback-modelle.  Die Sportback is die koepee-weergawe van die Q3, en kombineer die veelsydigheid van ‘n sportnuts-voertuig met die sportiewe stilering van ‘n koepee. Volgens die vervaardiger is dit ‘n motor vir diegene wat ‘n sportiewe karakter en ‘n besondere ontwerp wil hê. Aan die […]

Read More

Nou kan jy jou Audi goedkoper laat diens

08/07/2020

Audi Suid-Afrika het pas ‘n plan bekendgestel waarvolgens eienaars van ouer motors hul motors teen ‘n redelike prys kan laat versien. Audi Smart Service is beskikbaar vir Audi-motors tussen ses en dertien jaar oud wat nie deur die Freeway Plan of die uitgebreide Freeway Plan gedek word nie.  Dit dek die voertuig vir twee jaar […]

Read More

A6 nommer agt nou beskikbaar

12/03/2020

Die agtste geslag van die A6 is nou in Suid-Afrika beskikbaar en soos te wagte is dié staatmaker in Audi se reeks meer gevorderd en veelsydiger as ooit tevore. Die nuwe A6 volg Audi se huidige ontwerp-rigting en die gesofistikeerde stilering weerspieël hoë tegnologie en  elegansie. Die nuweling is langer, breër en hoër as sy […]

Read More
%d bloggers like this: