Breaking News

Ford

Jy betààl voortaan vir jou Ford se diensplan

08/11/2021

Vanaf 1 November 2021 is diensplanne nie meer by die pryse van nuwe Ford voertuie ingesluit nie. Ingevolge die nuwe “Right to Repair”-riglyne wat op 1 Julie 2021 in werking getree het, het voornemende kopers die keuse of hulle hul voertuie by Ford-handelaars, of iewers anders, wil laat versien of herstel. Dit beteken ook dat […]

Read More

Nóg ‘n spesiale Ranger op pad

27/09/2021

Die Ford-motormaatskappy van Suid-Afrika (FMCSA) het aangekondig dat nóg ‘n spesiale weergawe van die Ranger binnekort in Suid-Afrika beskikbaar sal wees. Die Ranger Strormtrak sal die gaping tussen die Wildtrak en die Raptor vul en voornemende kopers sal tussen ‘n 4×2 en ‘n 4×4 kan kies. Die bekendstelling van die Stomtrak volg op die sukses […]

Read More

Spesiale Raptor binnekort hier

02/09/2021

Die Ford-motormaatskappy van Suid-Afrika het pas aangekondig dat ‘n meer eksklusiewe weergawe van die Ranger Raptor binnekort in Suid-Afrika beskikbaar sal wees. Die Raptor is reeds die vlagskip van een van Suid-Afrika se gewildste bakkiereekse, maar nou het Ford besluit om selfs ‘n meer spesiale model,, bekend as die Ranger Raptor Special Edition, op die […]

Read More

Padindrukke: Ford Eco Sport Black

26/08/2021

Prys: R 336 900 Waarborg: 4 jaar of 120 000 km Diensplan: 4 jaar of 60 000 km Maksimum kraglewering: 91 kW @ 6 500 opm Wringkrag: 150 Nm @ 4 500 opm Enjinkapasiteit: 1 498 cm³ Ons hou van: Sportiewe voorkoms, praktiese ontwerp, klasleidende veiligheids-kenmerke Ons hou nie van: Verouderde klankstelsel, aantreklike mededingers Sedert sy aanvanklike bekendstelling in 2013 het […]

Read More

Super-giftige Shelby nou beskikbaar

13/06/2021

Die legendariese renjaer en motorsport-vervaardiger Carroll Shelby is 98 jaar gelede gebore. Ter herdenking het Shelby-handelaars wêreldwyd, onder meer ook in Suid-Afrika, aangekondig dat 98 eenhede van die Shelby Super Snake en 25 eenhede van die Super Snake Speedster vervaardig sal word. Die Super Snake is ‘n gunsteling onder motorgeesdriftiges en vir 2021 word hy […]

Read More

Net 90 Ford Mustang Mach 1’s op pad na Suid-Afrika

24/05/2021

In Augustus 1968 het Ford ‘n nuwe model vir die 1969-modeljaar by die Mustang-reeks gevoeg. Die Mustang Mach 1 het aanvanklik ‘n seweliter Cobra Jet V8-enjin gehad wat hom van sy mindere stalmaats onderskei het, en omdat GT, volgens die vervaardiger nie die boodskap van verbeterde werkverrigting goed genoeg oorgedra het nie, is die Mach […]

Read More

Ford brei sy Eco Sport-reeks uit met Black

10/04/2021

Die Ford Eco Sport is lank al een van Suid-Afrika se gewildste klein sportnuts-voertuie, en die reeks is pas uitgebrei met die toevoeging van ‘n nuwe model wat ‘n meer sportiewe en individuele beeld uitstraal. Die Eco Sport Black is gebaseer op die 1,5 Ambiente en word met dieselfde enjin en ‘n outomatiese ratkas met […]

Read More

Ford Everest raak sporttief

29/03/2021

Ford het pas sy Everest-reeks uitgebrei met die toevoeging van die Sport, wat op die Everest XLT-model gebaseer is en in 4×2- en 4×4-weergawes beskikbaar is. Die Sport word aangedryf deur dieselfde tweeliter-turbo-diesel enjin as die XLT wat 132 kW teen 3 500 opm oplewer en ‘n wringkrag van 420 Nm teen 1 750 opm […]

Read More

Ford se Ranger XL raak sportief

24/10/2020

Ford het pas ‘n nuwe Sport-pakket vir sy Ranger XL-reeks bekendgestel. Die XL word as die waardemodel in die Ranger -reeks beskou, en volgens Ford bied die Sport-pakket ‘n kombinasie van ‘n meer spoggerige voorkoms en die praktiese kenmerke wat die XL-modelle so gewild maak. Aan die buitekant kan die XL Sport-modelle van die gewone […]

Read More

Spesiale Ford-bakkie gerestoureer

18/09/2020

In 1971 het Ford Suid-Afrika die motor-bedryf verras deur ‘n bakkie gebaseer op die destyds nuwe Cortina Merk 3 bekend te stel. Dié bakkie het ‘n aparte laaibak en ‘n loonvrag van 750 kg gehad, en was aanvanklik beskikbaar met dieselfde 1,6 liter-enjin as die Cortina-sedan. Later is ‘n twee-liter model met die V4-enjin van […]

Read More
%d bloggers like this: