Breaking News

Land Rover

Land Rover knap sy Discovery op

02/07/2021

Die jongste weergawe van die Land Rover Discovery is pas in Suid-Afrika bekendgestel. Die nuwe weergawe spog nie net met opgeknapte stilering binne en buite nie, maar ook met die jongste tegnologie wat nuwe petrol- en diesel-enjins insluit. Aan die voorkant is daar nuwe ligdiode-kopligte wat dagryligte aan die onderkant insluit, terwyl die luguitlate aan […]

Read More

Land Rover Defender 90 nou in Suid-Afrika beskikbaar

02/06/2021

Na die suksesvolle bekendstelling van die nuwe Land Rover Defender 110 in die middel van 2020 het Jaguar Land Rover aangekondig dat die nuwe Defender 90 ook nou hier beskikbaar is. Volgens die maatskappy kan die Defender 90, met ‘n geskiedenis wat terug na 1948 dateer, as die mees gevorderde en bekwame Land Rover tot […]

Read More

Range Rover Velar-reeks opgeknap en uitgebrei

26/05/2021

Jaguar Land Rover het pas sy opgeknapte Range Rover Velar-reeks in Suid-Afrika bekendgestel. Die nuwe reeks sit die tradisie van vyftig jaar se innovering voort deurdat ‘n nuwe enjin keuse wat elektriese tegnologie bekendstel, nou beskikbaar is, tesame met nuwe petrol-en diesel enjins. Die Velar-naam het ‘n lang geskiedenis, en is as kodenaam vir die […]

Read More

Landy kry kragtige V8

07/03/2021

  In 1979 het die “klassieke Land Rover, wat toe nog as die 109 bekendgestaan het, ‘n krag-inspuiting gekry toe die bekende 3,5 liter Rover V8-enjin vir die eerste keer onder sy enjinkap gemonteer is.  Hierdie enjin was vir jare lank deel van die reeks, totdat produksie daarvan in  1994 gestaak is. Toe die nuwe […]

Read More

Land Rover knap Discovery gou op

10/11/2020

Meer as dertig jaar lank al is die Land Rover Discovery een van die gewildste sportnutvoertuie ter wêreld, en Land Rover Suid-Afrika het aangekondig dat die jongste weergawe vroeg aanstaande jaar hier beskikbaar sal wees. Die nuwe model sal ‘n opgeknapte weergawe van die bestaande een wees en ‘n keuse van twee Ingenium-ses-silinder enjins bied. […]

Read More

Land Rover Defender is hier

20/07/2020

Die veldryer waarna baie mense al sedert die einde van 2019 uitsien, is eindelik in Suid-Afrika bekendgestel. Die plaaslike reeks bestaan aanvanklik uit vier 110-langas-afstand modelle met ‘n keuse van drie enjins, terwyl die korter model, die 90, later sal volg. Daar is een diesel- en twee petrolenjins, almal met turbo-aanjaers, vir die Defender beskikbaar. […]

Read More

Range Rover vier vyftig jaar met spesiale model

17/06/2020

Op 17 Junie 1970 het die destydse British Leyland die eerste werklik luukse sportnuts voertuig aan die wêreld bekendgestel. Die Range Rover het nuwe standaarde vir veldryvoertuie gestel; dit het permanente vierwiel-aandrywing en skyremme op al vier wiele as standaard toerusting gehad en was met dieselfde 3,5 liter V8 as die Rover P5 3,5 Litre, […]

Read More

Range Rover Velar SV Autobiography Dynamic Edition

21/11/2019

Deur die jare was daar nog net ‘n handjievol motors wat met met vier-, ses-, en agt-silinder enjins beskikbaar was, naamlik die Ford Capri, die MGB/C die Holden LH- en LX Torana, die Holden VC- en VH Commodore en, op die oomblik, die Jaguar F-Pace. Nou is daar nog ‘n sportnuts-voertuig wat deel van hierdie […]

Read More

Nuwe Defender spog steeds met unieke kenmerke

18/11/2019

Een van die nuwe voertuie wat in 2020 in Suid-Afrika op die mark kom, en waarna baie mense uitsien, is die nuwe Land Rover Defender. Hoewel die Defender dieselfde naam as sy legendariese voorganger dra, is hy splinternuut en geen meganiese kenmerke van die vorige model word na sy opvolger oorgedra nie. Daar is egter […]

Read More

Land Rover Defender is terug vir 2020

10/09/2019

Die nuwe Defender spog met permanente vierwiel-aandrywing, ‘n sentrale ewenaarslot en ‘n opsionele aktiewe agterste ewenaarslot wat hom ewe geskik vir sand in die woestyn as ysige Arktiese toestande, en alles tussenin, maak.

Read More
%d bloggers like this: