Breaking News

Motorskoue

Internasionale motorvrystellings by internasionale motorskoue.

Mégane Renault Sport (RS) 2018

20/08/2018

Die belangrikste nuwe kenmerk op die nuwe Mégane RS is vierwielstuur, bekend as 4 CONTROL, wat die motor se hantering op die renbaan en op die pad aansienlik verbeter. Volgens Patrice Ratti, die besturende direkteur van Renault Sport Cars, is dit die verwesenliking van ‘n droom vir elkeen wat op soek is na ratsheid en stabiliteit en volgens hom is dit ‘n groot tekortkoming dat vierwielstuur in Formule 1 verbode is. Die Mégane RS is die enigste motor in sy marksegment wat met vierwielstuur toegerus is.

Read More

Legendariese Borgward is op pad terug

28/01/2018

Deur Daantjie Badenhorst. In die laat 1950’s was die Borgward Isabella een van die topverkoper-motors in Suid-Afrika, maar in 1962 het dié motor van die mark verdwyn toe Bogward van die internasionale mark onttrek het. Daar is egter nou goeie nuus, naamlik dat dié voormalige Duitse handelsmerk op pad terug is. Tydens die 2017 Frankfurtse […]

Read More

BMW 6-reeks Gran Turismo nou beskikbaar

15/11/2017

Nadat die BMW 6-reeks Gran Turismo in September vanjaar by die Frankfurtse Motorskou bekendgestel is, is dié model nou ook in Suid-Afrika beskikbaar. Die 6-reeks Gran Turismo (GT) vervang die 5-reeks GT in BMW se plaaslike modelreeks en twee modelle, die 640i xDrive (met vierwielaandrywing) en die 630d, sal beskikbaar wees. Die 6-reeks GT is […]

Read More

Nuwe Kia Sorrento word by Frankfurt Motorskou gewys

06/09/2017

Kia Motors het aangekondig dat sy vlagskip-sportnutsvoertuig heelwat nuwe verbeterings ondergaan het. Die nuwe Kia Sorento sal in die laaste kwartaal van 2017 in Europa op die mark kom, maar dit is nog te vroeg om te sê wanneer hy in Suid-Afrika vrygestel gaan word.

Read More
%d bloggers like this: