Breaking News

Nissan

Nissan Navara reg vir werk

29/10/2021

Toe die Nissan Navara oorspronklik in Suid-Afrika bekendgestrel is, was dit hoofsaaklik ‘n ontspanningsbakkie, aangesien die NP 300 Hardbody voorsiening gemaak het vir dié wat ‘n bakkie vir werksdoeleindes nodig gehad het. Met die bekendstelling van die nuwe Navara het Nissan egter besluit om die reeks uit te brei met die toevoeging van ‘n aantal […]

Read More

Nissan se plaaslik vervaardigde Navara eindelik hier

05/05/2021

Nissan Suid-Afrika het aangekondig dat bestellings vir die plaaslik vervaardigde Navara-reeks, wat in Junie vanjaar beskikbaar sal wees, reeds by handelaars geplaas kan word. Die maatskappy het pas volledige besonderhede van die reeks, asook pryse bekendgemaak, en die groot nuus is dat enkel-en dubbelkajuit-modelle hier vervaardig sal word.  Dit beteken dat die Navara vir die […]

Read More

Nissan se Magnite op pad na Suid-Afrika

27/10/2020

Nadat Nissan die afgelope jaar of wat redelik stil was, het dié vervaardiger pas ‘n model bekendgestel wat binnekort in Suid-Afrika beskikbaar sal wees. Die Magnite is Nissan se mededinger in die snelgroeiende marksegment vir kompakte sportnuts-voertuie en is ‘n bewys van die maatskappy se toewyding aan Suid-Afrika asook Afrika suid van die Sahara. Die […]

Read More

Nissan wys sy Z-konsep

17/09/2020

Nissan het pas ‘n nuwe konsep gewys wat dalk die weg baan vir die opvolger van die 370 Z. Die voorskou is, weens die inperking, na die hele wêreld vanuit die Nissan Pavilion in die Japanse stad Yokohama gestroom. Die prototipe, wat as die Z Proto bekendstaan, is ‘n splinternuwe ontwerp met ‘n V6-enjin met […]

Read More

Nissan se Patrol opgeknap

01/09/2020

Nissan het vroeg September 2020 die  opgeknapte weergawe van sy vlagskip-sportnuts-voertuig, die Patrol, bekendgestel. Die Patrol vier aanstaande jaar sy 70 ste bestaansjaar en die nuwe model is luukser en meer gesofistikeerd as tevore. Die nuwe model is met die beste wat Nissan Intelligent Mobility kan bied, toegerus en die voertuig spog met ‘n opvallende […]

Read More

Motorsport: Terugblik op Dakar 2020

05/02/2020

Motorhistorikus, Daantjie Badenhorst, neem Dakar 2020 in oēnskou en verduidelik hoekom dit so ‘n geskiedkundige gebeurtenis was.   Beste Dakar nog vir Suid-Afrikaners Hoewel die Dakar-wedren waarskynlik altyd onthou sal word vir Carlos Sainz (senior) se derde oorwinning, almal in verskillende vervaardigers se voertuie, Ricky Brabec se oorwinning in die motorfietsafdeling wat ook Honda se […]

Read More

Suid-Afrikaners in Dakar 2020 #dakar2020

03/01/2020

  Deur Neels Rabe Dakar 2020 begin Sondag 5 Januarie, en duur tot Vrydag 17 Januarie. Dit was seker onvermydelik dat die Dakar-organisasie ‘n slagoffer van sy eie sukses sou word. Die kostes verbonde aan hierdie reuse wedren het te veel geword vir gasheerlande Argentinië, Chili en Bolivië. Hul onttrekking het beteken dat die 2019 […]

Read More

Nissan gee Micra meer skop

14/11/2019

In Junie 2018 het Nissan die nuwe geslag Micra in Suid-Afrika bekendgestel. Die reeks was tot dusver egter net met ‘n turbo-aangejaagde drie-silinderenjin van 900 cc beskikbaar. Nou het Nissan ‘n bykomende enjinkeuse aangekondig, steeds met drie silinders maar effens groter en kragtiger. Die nuwe een liter enjin het ‘n kraglewering van 84 kW teen […]

Read More

Wesbank-brandstofbesparingsrit 2019

05/11/2019

Wie onthou nog die Total-besparingsrit, wat sedert die laat 1970’s ‘n jaarlikse instelling was? Die resultate wat met die eertydse Total Brandstofbesparingsrit verkry was, was ‘n goeie maatstaf van wat die motoris van sy motor se brandstofverbruik kan verwag. Aangesien die meeste brandstofverbruiksyfers deesdae onder laboratoriumtoestande getoets word en sekere motorpublikasies wel hul eie  toetse […]

Read More

Padindrukke: Nissan Navara 2,3D Stealth 4×2 Outomaties

03/09/2019

Sedert sy bekendstelling twee jaar gelede het die huidige Nissan Navara-reeks tot dusver nog net uit SE en LE-dubbelkajuit modelle bestaan, met die keuse van ‘n 4×2 of ‘n 4×4 en ‘n hand-of outomatiese ratkas. Die moderne neiging deur bakkie-vervaardigers is egter om bakkies wat meer vir ontspanning as vir werk bedoel is, aan die […]

Read More
%d bloggers like this: