Breaking News

Peugeot

Peugeot se nuwe 208 eindelik bekendgestel

13/05/2021

Die Europese Motor van die Jaar vir 2020 is nou in Suid-Afrika bekskikbaar, nadat die COVID 19-pandemie sy bekendstelling uitgestel het. Die nuwe Peugeot 208 het, sedert sy Europese bekendstelling, reeds groot belangstelling gaande gemaak, en dit was die top verkoper in Europa vir die eerste paar maande van 2021.  Daarby het meer as vyftig […]

Read More

Peugeot se nuwe 2008 eindelik hier

05/02/2021

Peugeot se tweede geslag 2008 is pas in Suid-Afrika bekendgestel. Die reeks is beskikbaar in drie modelle, naamlik die Active, met die keuse van ‘n hand- of outomatiese ratkas, die Allure en die GT-Line, albei met die sesgang-outomatiese ratkas as standaard toerusting. Die Active-handrat word toegerus met ‘n Pure Tech 1,2 liter drie-silinder enjin met […]

Read More

Pryse vir nuwe Peugeot 2008-reeks bekend

27/01/2021

Peugeot Citroën Suid-Afrika het pas die pryse van die nuwe Peugeot 2008-reeks, wat in Februarie vanjaar in Suid-Afrika beskikbaar sal wees, aangekondig. Die nuwe 2008 is die tweede geslag van Peugeot se kompakte oorkruisvoertuig, wat vir die eerste keer in 2013 bekendgestel is en in 2016 omvattend hersien is met ‘n nuwe reeks enjins, en […]

Read More

Een platform, drie motors

14/08/2020

In 1975 het Suid-Afrika die eerste land ter wêreld geword waar Peugeot en Citroën saam begin werk het. Sedertdien het hierdie twee maatskappye saamgesmelt en die PSA-groep gevorm. Opel en Vauxhall het in 2017 deel daarvan geword; dit het gemaak dat Opel en Vauxhall-modelle deesdae op Peugeot- en Citroën-platforms gebou word. Een voorbeeld hiervan is […]

Read More

Peugeot se nuwe bakkie in 2021 hier.

11/03/2020

In die 1960’s en 1970’s was die Peugeot 403 en 404-bakkies uiters gewild in Suid-Afrika; die 404 was trouens die eerste bakkie wat in Suid-Afrika met ‘n diesel enjin bekendgestel is. Nou het dié Franse maatskappy aangekondig dat ‘n nuwe bakkie, bekend as die “Landtrek”, in 2021 in Suid-Afrika bekendgestel sal word. Hoewel die samestelling […]

Read More

2020 se nuwe motors

25/10/2019

Die einde van 2019 is naby, en daarom het dit tyd geword om te bespiegel oor watter nuwe motors in 2020 in Suid-Afrika bekendgestel gaan word. MotorPlus is bewus van ‘n paar nuwelinge, maar daar is ook een of twee waarvan ons nog nie seker is nie en daar is altyd die moontlikheid dat sommige […]

Read More

Peugeot betree intree-segment met 108

25/09/2019

Peugeot het pas die intreevlak-segment van die Suid-Afrikaanse mark betree met die bekendstelling van die 108. Die 108 is nie net ‘n doodgewone stadsmotortjie nie; dit bevat ook die mees gevorderde  slimfoon-verbinding stelsel in sy klas. Dit bestaan onder meer uit ‘n groot raakskerm en ‘n spieëlskerm (Mirror Screen)-funksie wat onder meer Mirror Link en […]

Read More

Nuwe Peugeot 5008 is ‘n sportnuts

25/09/2019

Die Peugeot 5008 se naam is dalk nog dieselfde, maar die jongste model wat hierdie benaming dra, is ‘n sportnuts-voertuig eerder as die mense-karweier wat sy voorganger was.   Die mark het verander sedert die oorspronklike 5008 in 2009 bekendgestel is, en sedertdien het ‘n aantal groot sportnuts-voertuie tot die mark toegetree. Dié segment is […]

Read More

Peugeot se nuwe 208 op pad

26/02/2019

Die tweede geslag van Peugeot se 208 gaan vir die eerste keer by die Geneefse Motorskou in Maart vertoon word voordat dit later in die jaar in Europa op die mark sal kom. Die groot nuus is egter dat daar nie net, soos gewoonlik, petrol- en diesel-weergawes beskikbaar sal wees nie, maar dat ‘n elektriese […]

Read More

Peugeot 308 terug in die SA

06/11/2018

Nadat die Peugeot 308 omtrent ‘n jaar gelede van die Suid-Afrikaanse mark onttrek is, is dié voormalige Europese Motor van die Jaar weer hier beskikbaar. Die nuwe 308 het ‘n aantal detailveranderinge ondergaan en net een vlak van afwerking met dieselfde enjin en ‘n keuse van ‘n hand- of outomatiese ratkas sal voortaan beskikbaar wees. […]

Read More
%d bloggers like this: