Breaking News

Renault

Renault Triber kry AMT-ratkas

01/12/2020

Sedert die Renault Triber in Februarie 2020 in Suid-Afrika bekendgestel is, is 2500 eenhede tot dusver te midde van die COVID 19-pandemie verkoop. Nou is ‘n bykomende model, naamlik die Prestige Easy R AMT, by die reeks gevoeg.  Dié nuweling is meganies presies dieselfde as die Triber Prestige, maar spog met ‘n ratkas wat die […]

Read More

Renault brei sy Duster-reeks uit

21/08/2020

Renault het pas sy gewilde Duster-reeks uitgebrei met die toevoeging van twee TechRoad-modelle. Die TechRoad is net met Renault se bekende 1,5 dCi-turbo-diesel enjin en ‘n keuse van ‘n handratkas of ‘n EDC (elektroniese dubbel-koppelaar)-ratkas beskikbaar. Die handrat- en EDC-modelle word toegerus met twee verskillende weergawes van hierdie enjin. Die handratmodel se enjin lewer 66 […]

Read More

Renault stel sy jongste Mégane RS bekend

24/06/2020

Die jongste weergawe van die Renault Mégane RS, wat as die 300 Trophy bekendstaan, is pas in Suid-Afrika bekendgestel. Die 300 Trophy is vir die eerste keer by die 2018-motorskou in die Franse hoofstad Parys bekendgestel; die eerste RS Trophy wat gebaseer was op die Mégane II RS, het in 2005 op die mark gekom, […]

Read More

Renault se Koleos opgeknap

22/06/2020

Renault het pas die jongste weergawe van sy Koleos sportnutsvoertuig in Suid-Afrika bekendgestel. Die nuwe Koleos is die laaste model wat Renault se nuwe ontwerprigting, wat in 2012 met die Clio tot stand gekom het, weerspieël. Volgens mnr. Laurens van den Acker, die senior-visepresident van Renault se korporatiewe ontwerp, was die doel om ‘n elegante, […]

Read More

Padindrukke:  Renault Triber Dynamique

24/02/2020

  Een van die marksegmente wat die afgelope tyd geweldig gegroei het, is die een vir intreevlak-veeldoelvoertuie met sewe sitplekke. Renault het pas tot hierdie segment toegetree met die bekendstelling van die Triber, wat op ‘n aangepaste weergawe van die Kwid se onderstel gebou word. Die reeks bestaan uit drie modelle; die Expression, die Dynamique […]

Read More

Renault Triber

13/02/2020

Meer spasie, meer ekonomie. Renault se eerste nuweling vir 2020 is pas bekendgestel, en volgens die vervaardigers is dit iets heeltemal anders op die Suid-Afrikaanse mark. Die Triber, wat op ‘n aangepaste weergawe van die Kwid se onderstel gebou word, kan as ‘n kruising tussen ‘n sportnutsvoertuig en ‘n veeldoelvoertuig beskryf word.Sy grondvryuhoogte van 182 […]

Read More

Padindrukke: Renault Kwid 1,0 SCe Climber en Expression AMT

01/02/2020

Toe Renault die Kwid in 2016 vir die eerste keer in Suid-Afrika bekendgestel het, moes dié vervaardiger venynige en soms genadelose kritiek verduur as gevolg van sy gebrek aan veiligheids-kenmerke, maar dit het nie gekeer dat hy een van die gewildste motors op die plaaslike mark geword het nie. Nadat ABS-remme vroeër vanjaar standaard toerusting […]

Read More

2019 Wesbank Brandstofbesparingsrit: Die storie agter die “Rit”.

28/11/2019

Deur Gerrie Smit Met die pas afgelope 2019 Wesbank Brandstofbesparingsrit, het Suid-Afrika nou weer ‘n barometer van werklike brandstofverbruik in operasionele toestande  nadat die jaarlikse Total Brandstofbesparingsrit in 2014 tot einde geloop het. Die Total Besparingsrit was ‘n projek wat deur die Pretoriase Motorklub sedert 1977 gereël was om te bepaal watter motors die mees […]

Read More

Renault se Kwid opgeknap vir 2020

19/11/2019

Sedert die aanvanklike bekendstelling van die Renault Kwid in Suid-Afrika in 2016 is altesaam 27 700 eenhede reeds in die land verkoop. Nou het Renault ingrypende veranderinge aan sy intreevlak-modelreeks aangekondig en daarmee hoop hy om ‘n groter indruk op plaaslike kopers te maak. Die Kwid-reeks bestaan, soos voorheen, uit drie spesifikasie-vlakke, naamlik die Expression, […]

Read More

Renault Captur wen besparingsrit

18/11/2019

Die eerste Wesbank-besparingsrit het die afgelope naweek ten einde geloop, en het in ‘n tweestryd tussen Renault en Suzuki ontaard. Die stryd tussen hierdie twee vervaardigers het die heeltyd voortgeduur en albei vervaardigers het op ‘n stadium voorgeloop. Met die kritieke laaste hervulling in Kaapstad het Renault se drie voertuie, die Captur, die Duster Techroad […]

Read More
%d bloggers like this: