Breaking News

SNV’s

Landy kry kragtige V8

07/03/2021

  In 1979 het die “klassieke Land Rover, wat toe nog as die 109 bekendgestaan het, ‘n krag-inspuiting gekry toe die bekende 3,5 liter Rover V8-enjin vir die eerste keer onder sy enjinkap gemonteer is.  Hierdie enjin was vir jare lank deel van die reeks, totdat produksie daarvan in  1994 gestaak is. Toe die nuwe […]

Read More

Toyota se “Troopy” is terug

07/03/2021

Toyota het pas sy Land Cruiser 70-reeks uitgebrei deur ‘n model wat voorheen beskikbaar was, opnuut in Suid-Afrika bekend te stel. Die 78-tweedeur-stasiewa, wat ook as die Troopy (die afkorting vir Troop Carrier) bekendstaan, is in Augustus 2015 aan die plaaslike mark onttrek, maar op openbare aanvraag is hy weer deel van die Suid-Afrikaanse reeks. […]

Read More

Hyundai se Palisade in 2021 hier

19/12/2020

Hyundai se top in die reeks sportnutsvoertuig, die Palisade, sal in 2021 ook in Suid-Afrika bekend gestel word. Die Palisade is aanvanklik net vir die Amerikaanse mark bedoel, maar sedertdien is ‘n model met regterhand-stuur ontwikkel en Australië is die eerste regterhand-stuurmark waar die palisade bekendgestel is. Die Palisade sal sy plek bo-aan Hyundai se […]

Read More

Audi se Q7 verbeter

19/11/2020

Audi het pas die jongste weergawe van sy vlagskip-sportnutsvoertuig, die Q7 in Suid-Afrika bekendgestel. Die nuwe model, wat met verbeterde veldryvermoë spog, is in ‘n strandaard- en S Line-model beskikbaar met ‘n keuse van vyf of sewe sitplekke. Aan die voorkant is daar ‘n nuwe agthoekige sierrooster met ses vertikale stawe wat die Q7 ‘n […]

Read More

Toyota se gewilde Fortuner nou beter as ooit

10/11/2020

Sedert sy aanvanklike bekendstelling in 2006 was die Toyota Fortuner ‘n wegholsukses in Suid-Afrika, en verreweg die gewildste sportnutsvoertuig op die plaaslike mark. Nadat die Hilux, waarop hy gebaseer is, onlangs ‘n aantal veranderinge ondergaan het, was dit net logies dat die Fortuner sou volg, en die nuwe weergawe is pas in Suid-Afrika bekendgestel.  Die […]

Read More

Land Rover knap Discovery gou op

10/11/2020

Meer as dertig jaar lank al is die Land Rover Discovery een van die gewildste sportnutvoertuie ter wêreld, en Land Rover Suid-Afrika het aangekondig dat die jongste weergawe vroeg aanstaande jaar hier beskikbaar sal wees. Die nuwe model sal ‘n opgeknapte weergawe van die bestaande een wees en ‘n keuse van twee Ingenium-ses-silinder enjins bied. […]

Read More

Lexus se sportnutse nou luukser

09/11/2020

Lexus het pas aangekondig dat sekere van sy sportnutsvoertuie voortaan met nuwe toerusting sal spog.  Die LX is die vlagskip van die reeks, en is een van die min voertuie wat weelde met ware veldry-vermoë en sitplek van tussen vyf en agt mense kan kombineer.  Twee modelle is beskikbaar, naamlik die LX 570 en die […]

Read More

Mercedes-Benz GLB vir selfs 7

05/11/2020

Mercedes-Benz het sy reeks sportnutsvoertuie uitgebrei met die bekendstelling van die ruim kompakte GLB wat op die A-Klas onderstel gebou is. Hierdie nuweling is die jongste model in Mercedes-Benz se kompakte reeks, wat ook die A-klas sedan en luikrug, die GLA, die CLA en die B-klas insluit. Volgens mnr. Johannes Fritz, die mede-uitvoerende hoof van […]

Read More

Land Cruiser Prado kry Hilux-krag

20/10/2020

Kort nadat die nuwe Toyota Hilux-reeks in Suid-Afrika bekendgestel is, het ‘n nuwe weergawe van die Land Cruiser Prado, met dieselfde nuwe 2,8 liter turbo-diesel enjin wat in die vlagskip modelle gebruik word, pas op die mark gekom. Die nuwe enjin vervang die drie-liter enjin wat voorheen gebruik is, en sluit hom by die bestaande […]

Read More

Renault brei sy Duster-reeks uit

21/08/2020

Renault het pas sy gewilde Duster-reeks uitgebrei met die toevoeging van twee TechRoad-modelle. Die TechRoad is net met Renault se bekende 1,5 dCi-turbo-diesel enjin en ‘n keuse van ‘n handratkas of ‘n EDC (elektroniese dubbel-koppelaar)-ratkas beskikbaar. Die handrat- en EDC-modelle word toegerus met twee verskillende weergawes van hierdie enjin. Die handratmodel se enjin lewer 66 […]

Read More
%d bloggers like this: