Breaking News

Volkswagen

GTI nommer agt binnekort hier

23/07/2021

Volkswagen Suid-Afrika (VWSA) het pas ‘n voorskou van die nuwe Golf GTI tydens ‘n virtuele bekendstelling op YouTube gewys. Die nuwe GTI sal die agtste geslag van dié legendariese blitsbuks en VWSA het aangekondig dat hy van die 1ste September af by handelaars beskikbaar sal wees. Die GTI sal ook die nuwe intreevlak model van […]

Read More

VW se Kombi opgeknap

29/03/2021

Volkswagen Suid-Afrika (VWSA) het pas die jongste  weergawe van sy gewilde Kombi, wat as die T6.1 bekendstaan, in Suid-Afrika bekendgestel. Dit is die tweede fase van die algehele opknapping van die T6-reeks. Die Caravelle het aan die begin van die jaar hier op die mark gekom en die Transporter-bakkie, paneelwa en Crew Bus volg later. […]

Read More

VW stel spesiale Polo Vivo bekend

29/09/2020

Sedert sy aanvanklike bekendstelling in Maart 2010 is meer as 260 000 eenhede van die Volkswagen Polo Vivo verkoop. Dit is die enigste intreevlak-luikrug wat in Suid-Afrika vervaardig word, en volgens Volkswagen Suid-Afrika (VWSA) is dit een van die goedkoopste motors in Suid-Afrika om te onderhou. Ondanks die bekendstelling van verskeie nuwe mededingers in sy marksegment […]

Read More

VW gee Amarok meer krag

10/09/2020

Dit is reeds tien jaar sedert Volkswagen Suid-Afrika (VWSA) die Amarok-bakkie in Suid-Afrika bekendgestel het. Sedertdien het dit die top verkoper-handelsvoertuig in VWSA se reeks geword en altesaam 35 000 enkel- en dubbel-kajuit modelle is hier verkoop; onder meer 2 596 eenhede verlede jaar. Nou het VWSA aangekondig dat ‘n kragtiger weergawe van die V6-modelle […]

Read More

VW se T6-reeks gou opgeknap

27/08/2020

Sedert die eerste Volkswagen Transporter-reeks in 1950 internasionaal bekendgestel is, was dit die topverkoper in sy marksegment, en nou het Volkswagen Suid-Afrika (VWSA) aangekondig dat die sesde geslag, die T6, in Januarie aanstaande jaar ingrypende veranderinge sal ondergaan. Die reeks, wat voortaan as die T6.1 bekend sal staan, sal weer uit drie handels-voertuig weergawes, naamlik […]

Read More

VW se T-Roc gou hier

18/06/2020

Volkswagen Suid-Afrika het aangekondig dat die vyfde model in sy sportnut voertuig-reeks binnekort hier beskikbaar sal wees. Die T-Roc sal hom by die T-Cross, die Tiguan, die Tiguan Allspace en die Touareg aansluit, en aanvanklik sal die reeks uit twee modelle bestaan. Die bekendstelling van die T-Roc is ‘n gevolg van die toenemende vraag na […]

Read More

Laaste Golf 7-weergawe amper hier

03/05/2020

Volkswagen Suid-Afrika (VWSA) is van plan om die nuwe Golf 8-reeks later vanjaar bekend te stel, maar intussen kan motor lief-hebbers uitsien na ‘n laaste weergawe van die Golf 7. Die Golf 7 GTI TCR sal van vandeesmaand af op spesiale bestelling by Volkswagen-handelaars beskikbaar wees, en is gebaseer op die renmotor met dieselfde naam […]

Read More

Oktober 2019 motorverkope toon oplewing

04/11/2019

Die pasgeloodse Volkwagen T-Cross verkoop reeds goed. Citroën bewys met hertoetrede daar is tog ‘n mark vir hierdie vervaardiger. Die verkope van nuwe motors in Oktober het ‘n effense oplewing getoon in vergelyking met dieselfde maand verlede jaar, met 51 978 voertuie wat verkoop is in vergelyking met 51 856 ‘n jaar tevore. Wat passasiersmotors […]

Read More

2020 se nuwe motors

25/10/2019

Die einde van 2019 is naby, en daarom het dit tyd geword om te bespiegel oor watter nuwe motors in 2020 in Suid-Afrika bekendgestel gaan word. MotorPlus is bewus van ‘n paar nuwelinge, maar daar is ook een of twee waarvan ons nog nie seker is nie en daar is altyd die moontlikheid dat sommige […]

Read More

VW se T-Cross hier

20/09/2019

Die Volkswagen T-Cross is nou in Suid-Afrika beskikbaar. Die T-Cross kan beskryf word as ‘n kruiskar (Crossover) en sluit hom by Volkswagen se twee sportnutsvoertuie, die Tiguan en die Touareg, aan, Die T-Cross modelle vir die Suid-Afrikaanse mark word in Navarra in Spanje vervaardig. Aanvanklik sal twee modelle, die Comfortline en die Highline, beskikbaar wees, […]

Read More
%d bloggers like this: