Breaking News

Ford knap sy Transit en Tourneo Custom op

In 2013 het Ford SA na die marksegment vir minibusse en paneelwaens teruggekeer met die bekendstelling van die Transit en Tourneo Custom, wat al jare lank in Brittanje gewild was, maar vir die eerste keer in omtrent veertig jaar weer in Suid-Afrika beskikbaar gestel is.

Die nuwe 2019-reeks bestaan uit vyf Transit- en twee Tourneo-modelle. Die Transit is die paneelwa-weergawe, wat beskikbaar is met twee of vyf sitplekke, terwyl die Tourneo die passasiersmodel is en met net nege sitplekke beskikbaar is. Die nuwe reeks spog met ‘n splinternuwe neus wat oorheers word deur ‘n splinternuwe sierrooster wat by Ford se moderne ontwerprigting inskakel. Die luukser modelle soos die Tourneo Custom Trend en dieTransit Custom Trend en Sport word toegerus met die jongste tegnologie soos LED-dagryligte en outomatiese kopligte.

Die praktiese en veelsydige binneruim van die vorige reeks bly behoue, en is ontwerp om te voldoen aan die behoeftes van diegene vir wie ‘n voertuig ook ‘n mobiele kantoor is. Daar is baie bêreplek vir los goedere, onder meer ‘n kompartement met ‘n deksel bokant die instrumentepaneel, bottelhouers in albei voordeure en ruim kompartemente in die voordeure. Die Tourneo Custom- modelle bied drie rye van drie sitplekke elk, en die agterste twee rye sitplekke kan platgevou word indien meer bagasieruimte nodig is. Die lugversorging maak die kajuit gemaklik vir alle insittendes en in die Tourneo is daar bykomende luguitlate vir insittendes in die tweede ry sitplekke. Daar is ook nuwe materiale wat die binneruim ‘n deftiger voorkoms gee en aan die strafste moontlike toetse onderwerp is om duursaamheid te verseker.

Die hele reeks het verskeie veiligheidskenmerke as standaardtoerusting, onder meer elektroniese stabiliteitsbeheer, parkeersensors voor en agter wat gekoppel is aan ‘n tru-kamera met ‘n uitleespaneel in die binne-truspieël, wegtrekhulp, ‘n stelsel wat keer dat die voertuig rol, ABS- remme met elektroniese remverspreiding en ‘n stelsel wat keer dat ‘n sleepwa of woonwa wat gesleep word, swaai. Dit word aangebring saam met die trekstang wat opsioneel beskikbaar is. Die Tourneo Custom modelle word ook toegerus met ISOFIX-hegpunte vir die tweede ry sitplekke. Daar is ook voorste- kant- en gordynlugsakke. Die hele reeks het Bluetooth-verbinding, ‘n veelfunksiestuurwiel en USB- en AUX-kragpunte as standaardtoerusting. Die Tourneo Custom se klankstelsel bevat ses luidsprekers.

Die Transit Custom is beskikbaar met ‘n kort en lang asafstand en drie spesifikasievlakke, naamlik Ambiente, Trend en Sport. Die bruto loonvrag van die verskillende modelle wissel van 1 155 kg vir die Sport, wat net in ‘n kort asafstand beskikbaar is, tot 1 505 kg vir die Ambiente met die lang asafstand. Die Kombi Van, wat plek vir ses insittendes het, is met die Ambiente en Trend-afwerking beskikbaar; die Trend word toegerus met dubbele agterdeure wat aan die kant geskarnier is. Hierdie deure is ook vir die res van die Transit Custom-reeks beskikbaar.

Die Transit Custom Sport is net met die kort asafstand beskikbaar en is die hoëverrigtingsmodel in die reeks. Die Sport spog met allooiwiele met 235/50 R 18-bande, asook uitgeboude wielboë, syskorte in dieselfde kleur as die bakwerk, ‘n laer voorste skort, unieke omhulsels vir die voorste misligte, en ‘n unieke binneafwerking met sitplekke wat gedeeltelik met leer oorgetrek is. Nog ‘n kenmerk wat die Sport onderskei, is breë strepe op die enjinkap en die agterklap. Drie weergawes van Ford se Duratorq-turbodieselenjin met ‘n kapasiteit van 2,2 liter is beskikbaar. Die Ambiente-modelle het die weergawe wat 74 kW teen 3 500 opm en wringkrag van 310 Nm teen 1 300 opm ontwikkel as standaardtoerusting. Die Ambiente- en Trend-modelle is beskikbaar met die enjin wat 92 kW teen 3 500 opm en wringkrag van 350 Nm teen 1 450 opm ontwikkel. Hierdie enjin is standaardtoerusting vir die Transit Custom Kombi Van Ambiente, maar die Tourneo Custom Ambiente is net met die 74 kW-enjin beskikbaar. Die Sport se enjin lewer 114 kW teen 3 500 opm en wringkrag van385 Nm teen 1 600 opm. Hierdie enjin is glad nie vir die Tourneo Custom beskikbaar nie. Al die modelle het ‘n handratkas met ses gange as standaardtoerusting.

Die Ford Protect-plan, wat bestaan uit ‘n waarborg van vier jaar of 120 000 km, padbystand van drie jaar ongeag die voertuig se kilometerlesing, ‘n onbeperkte waarborg teen korrosie van vyf jaar en ‘n diensplan van ses jaar of 90 000 km, is standaardtoerusting vir die hele reeks.

Die pryse van die nuwe Transit- en Tourneo Custom-reekse lyk soos volg:

Transit Custom 74 kW Ambiente LWB: R 436 000

Transit Custom 92 kW Ambiente LWB: R 443 400

Transit Custom 114 kW Sport SWB: R 482 200

Transit Custom Kombi Van 92 kW Ambiente: R 480 400

Transit Custom Kombi Van 92 kW Trend: R 505 500

Tourneo Custom 74 kW Ambiente: R 546 000

Tourneo Custom 92 kW Trend: R 567 300

12 thoughts on “Ford knap sy Transit en Tourneo Custom op

  1. I’m not sure exactly why but this site is loading incredibly slow for
    me. Is anyone else having this issue or is it a problem on my end?
    I’ll check back later on and see if the problem still exists.

  2. Normally I don’t learn post on blogs, however I would
    like to say that this write-up very compelled me to take a look at and do so!
    Your writing taste has been amazed me. Thank you,
    very great article.

  3. Unquestionably imagine that which you stated. Your favourite
    reason appeared to be at the web the simplest thing to take into
    accout of. I say to you, I definitely get annoyed whilst folks consider concerns that they just do not realize about.
    You managed to hit the nail upon the highest and also outlined out the entire thing without having side effect
    , folks can take a signal. Will likely be back to get more.
    Thanks

  4. Wow, incredible blog format! How lengthy have you ever been blogging for?
    you make blogging look easy. The overall glance of your website
    is excellent, let alone the content material!

  5. My partner and I stumbled over here by a different website and thought I might as well check things
    out. I like what I see so now i’m following you. Look
    forward to looking into your web page repeatedly.

  6. Pretty nice post. I just stumbled upon your weblog and wanted to say that I’ve really enjoyed browsing your blog posts.
    After all I’ll be subscribing to your feed
    and I hope you write again soon!

  7. Whats up very cool web site!! Man .. Excellent ..
    Amazing .. I’ll bookmark your blog and take the feeds also?
    I’m happy to find so many helpful info right here in the post, we’d like work out extra
    strategies on this regard, thank you for sharing. . .
    . . .

  8. Write more, thats all I have to say. Literally, it seems as though you relied on the
    video to make your point. You clearly know what youre talking about, why waste
    your intelligence on just posting videos to your blog when you
    could be giving us something enlightening to read?

  9. Hey there! I’ve been following your weblog for a long time now
    and finally got the bravery to go ahead and give you a shout out from Kingwood Tx!

    Just wanted to say keep up the good job!

  10. Everyone loves what you guys tend to be up too.
    This kind of clever work and exposure! Keep up the fantastic works guys I’ve added you guys to our blogroll.

  11. Pretty section of content. I just stumbled upon your blog and in accession capital to assert that I
    get in fact enjoyed account your blog posts. Any way I
    will be subscribing to your feeds and even I achievement you access
    consistently rapidly.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

%d bloggers like this: