Breaking News

Gaan ry in Toyota Quantums by Woordfees

Die 2020- Toyota Universiteit van Stellenbosch (US) Woordfees het die netjiese universiteit in die dorp Stellenbosch op ’n artistieke manier oorgeneem.

Dit moet egter nie verbasend wees nie, aangesien hierdie ekstravaganza vir kuns en kultuur iets vir almal het – insluitend musiek, visuele kuns, opstaan-komedie, teater, dans en meer. Trouens, meer as 1 000 items verskyn op die Toyota US Woordfees-program vir 2020.

Danksy aktiwiteite wat oor die lengte en breedte van Stellenbosch strek, het Toyota Suid-Afrika Motors (TSAM) 17 Quantum-minibusse vir pendelgangers na plekke reg oor die stad beskikbaar gestel. Die pendelbussies – duidelik met die woorde Toyota US Woordfees aan die kante gemerk – is beskikbaar vir ritte na en van die parkeer-en-ry-gebiede, waaronder Feeskern (Ryneveldstraat), Kochstraat en die Hoërskool Stellenbosch- en die Van der Stel-sportterrein.

Die Toyota-pendelbussies ry tussen 7vm en 11nm tot aan die einde van die Woordfees op 15 Maart 2020.

 

Die Quantum, wat met passasiers in gedagte gebou is, is met gemak en gerief as kenmerke beklee. Ruim sitplekafmetings is bewerkstellig deur die lengte en breedte van die kajuit te vergroot om beter been- en kopruimte te bied.

 

Passasiers sal ook die handbeheerde hoëverrigting-lugversorgingstelsel (model-spesifiek) waardeer, wat die vloei van lug na die passasiers in die agterste sitplekke (waar van toepassing) deur die lugversorgingkontrole op die instrumentpaneel beheer. Dakgemonteerde luguitlate (waar van toepassing) help om ’n gemaklike ruimte vir alle insittendes te skep.

 

Leon Theron, TMSA se senior visepresident vir verkope en bemarking, sê: “Wat beter manier om ons betrokkenheid by die Toyota US Woordfees mee te begin. Ons is ’n maatskappy wat mobiliteitsoplossings bied en dit is dus net gepas om ons vernuf op die gebied van mensebewiging ten toon te stel. Die belangrikste is dat Toyota nog altyd sinoniem was met sport, kuns en kultuur – iets wat ons betrokkenheid by die Woordfees ’n natuurlike verbintenis maak. Die vennootskap stel Toyota in staat om ’n selfs nog groter rol in die ontwikkeling van en erkenning vir kuns en kultuur in ons gemeenskap te vervul.”

Die manne van “Die Heuwels Fantasties”.

Die Toyota- Jan Marais-park en die Van der Stel-sportterrein is vanjaar ook die gasheer vir die eerste Toyota- Tawwe Tien-musiekkonserte. ’n Kaartjie wat vir die Toyota- Tawwe Tien-konsert gekoop is, bied feesgangers die geleentheid om tien vertonings by enige venue te sien. Toyota- Tawwe Tien-kaartjiehouers kan marathon-vertonings deur huishoudelike name sien, onder wie Jo Black, Die Heuwels Fantasties, Early B, Spoegwolf en Dr Victor & The Rasta Rebels.

 

Kaartjies is by Computicket beskikbaar.

%d bloggers like this: