Breaking News

Hyundai knap Creta op

Hyundai het pas die opgeknapte weergawe van die Creta in Suid-Afrika bekendgestel.

Die vorige model was van Indië afkomstig maar die nuwe model word in Indonesië vervaardig. Daar is vir eers net drie modelle beskikbaar, almal met dieselfde enjin maar met die keuse van twee ratkaste. Die Grand Creta, wat vroeër vanjaar in Suid-Afrika bekendgestel is, bly onveranderd.

Die nuwe Creta volg dieselfde ontwerprigting as die Tucson; die kopligte is by die rooster geïntegreer en kan net gesien word as dit aangeskakel word. Die dagryligte en misligte word onder in die vooste stampers gemonteer. Die agteraansig verskil van dié van die vorige model deurdat die Creta-naam nou bokant die nommerplaat voorkom.

Twee spesifikasievlakke is beskikbaar, naamlik Premium en Elite en albei word aangedryf deur ‘n 1,5 liter-viersilinderenjin wat 84 kW teen 6 300 opm en 143 Nm teen 4 500 opm lewer. Die Premium is beskikbaar met die keuse tussen ‘n handratkas of Hyundai se IVT-ratkas, wat eintlik ‘n palwissel (CVT)-ratkas is. Die IVT-ratkas is standaard toerusting  vir die Executive. Die 1,4 liter turbopetrol- een 1,5 liter-turbodieselenjins van die vorige model is onttrek, maar die moontlikheid bestaan dat verdere enjinkeuses in die toekoms by die reeks gevoeg sal word.

Die Premium is die intreemodel van die reeks en word met die volgende kenmerke toegerus: halogeen-ligdiodekolpigte, twee lugsakke, ligdiode-agterligte, elektriese buitespieëls wat met die hand ingevou kan word, ‘n trukamera met agterste parkeersensors, 17-duim allooiwiele met ‘n volgrootte-noodwiel en ‘n inligting-en-vermaakstelsel met Bluetooth, Android Auto, Apple Car Play en stembeheer. Die Executive is die voorlopige vlagskip en voeg die volgende kenmerke by: ses lugsakke, outomatiese ligdiode-kopligte met dagryligte, elektriese buitespieëls wat meet die druk van ‘n knoppie ingevou kan word, swart kunsleerbeekleedsel vir die sitplekke, ‘n koordlose selfoonlaaier en  dakspore.

Só lyk die pryse van die verskillende modelle, wat ‘n waarborg van sewe jaar of 200 000 km en ‘n diensplan van vier jaar of 60 000 km insluit, lyk só:

Creta 1,5 Premium: R 409 900

Creta 1,5 Premium IVT: R 429 900

Creta 1,5 Executive IVT: R 469 900

%d bloggers like this: