Breaking News

Hyundai Kona is hier!

Hyundai se nuwe klein kruisvoertuig.

Hyundai se splinternuwe kruisvoertuig, die Kona, is nou in Suid-Afrika beskikbaar en met hierdie nuwe model wil dié maatskappy poog om sy markaandeel in Suid-Afrika nog verder te vergroot. ‘n “Kruis-voertuig” verwys na voertuie wat ‘n kruis is tussen ‘n nuts-voertuig en ‘n luikrug. Basies die beste van twee wêrelde. ‘n Goeie voorbeeld van ‘n kruisvoertuig is die Nissan Juke, wat die eerste sogenaamde kruisvoertuig was, wat in Suid-Afrika geloods is..

Volgens mnr. Stanley Anderson, die verkoopsdirekteur van Hyundai Automotive SA, is die Kona ‘n belangrike myplaal vir Hyundai. Die gehalte van die binne-en buite-afwerking getuig van die feit dat Hyundai een van die voorste motorvervaardigers in die wêreld geword het.

Die Kona is beskikbaar in twee modelle, naamlik die 1,0 T-GDI Executive met ‘n handratkas en die 2,0 NU Executive met ‘n outomatiese ratkas. Albei modelle het ‘n opvallende buite-voorkoms wat Hyundai se nuwe ontwerprigting vir sportnutsvoertuie uitbeeld. Daar is ‘n dubbele koplig-ontwerp met LED-dagryligte is ‘n uitstaande kenmerk terwyl die sierrooster met ‘n kenmerkende ontwerp spog. Albei modelle het 17 duim-allooiwiele as standaardtoerusting. Daar is vyf kleure om van te kies, en dit sluit skakerings van rooi, geel, silwer en wit in.

Die binneruim van die Kona weerspieël die motor se karakter en daar is kleurgekodeerde panele buite om die luguitlate, die rathefboom, die aansitknoppie en die stikwerk op die sitplekke en die stuurwiel. Op vier van hierdie kleure is dié afwerking rooi, maar dit is lemmetjiegroen vir geel motors. Die raakskerm van sewe duim bevat ‘n klankstelsel met ses luidsprekers, Bluetooth, satellietnavigasie en Android Auto of Apple Car Play-verbinding. Die veelfunksiestuurwiel bevat kontroles vir die ritrekenaar, die spoedbeheer, die klankstelsel en die telefoon. Die ritrekenaar gee inligting soos onmiddellike en gemiddelde brandstofverbruik, asook die afstand wat nog in die brandstof wat in die tenk is, afgelê kan word. Daarby is ‘n banddrukmonitor standaardtoerusting. Die buitespieëls kan met die druk van ‘n knoppie ingevou word.

Hyundai se Kappa-enjin met drie silinders, ‘n turboaanjaer en ‘n verplasingsinhoud van een liter maak ook sy plaaslike debuut in die Kona. Hierdie enjin, wat aan ‘n sesgang-handratkas gekoppel is, lewer 88 kW teen 6 000 opm en het ‘n wringkrag van 172 Nm tussen 1 500 en 4 000 opm. Die topsnelheid van hierdie model is 181 km/u en sy gemiddelde brandstofverbruik is 6,8 liter per 100 km. Die ander keuse is ‘n tweeliter-enjin met vier silinders, maar sonder ‘n turboaanjaer. Hierdie model is net met ‘n outomatiese ratkas met ses gange beskikbaar en sy topsnelheid en gemiddelde brandstofverbruik is onderskeidelik 194 km/u en 7,2 liter per 100 km. Die 2,0 NU Executive het drie bestuursopsies om van te kies, naamlik Comfort, Eco en Sport. Albei modelle is voorwiel-aangedrewe.

Met die Euro NCAP-toetsprogram het die Kona vyf sterre gekry, en dit maak hom een van die veiligste motors in sy marksegment. Onder die aktiewe veiligheidskenmerke waarmee hy toegerus is, is ABS-remme met, elektroniese stabiliteitsbeheer, afdraandehulp, ‘n blindekol-monitor en ‘n waarskuwing as daar verkeer agter die voertuig is. Die Kona beskik ook oor lugsakke vir die bestuurder en die passasier, maar ook kant- en gordynlugsakke.

Die Kona word gerugsteun deur ‘n waarborg van altesaam sewe jaar of 200 000 km, padbystand van vyf jaar of 150 000 km en ‘n diensplan van vyf jaar of 90 000 km.

Die pryse van die twee modelle is soos volg:
1,0 T-GDI Executive (handrat): R 379 900
2,0 NU Executive (outomaties): R 399 900

18 thoughts on “Hyundai Kona is hier!

  1. Somebody essentially lend a hand to make severely posts I might state.
    This is the very first time I frequented your web
    page and thus far? I surprised with the research you made to make this particular post incredible.
    Wonderful job!

  2. Hmm is anyone else having problems with the images on this blog loading?
    I’m trying to find out if its a problem on my end or if it’s the blog.

    Any feedback would be greatly appreciated.

  3. It’s difficult to find well-informed people about this subject, however,
    you sound like you know what you’re talking about!

    Thanks

  4. I’m impressed, I must say. Seldom do I encounter a blog that’s both educative and entertaining, and without a doubt, you have
    hit the nail on the head. The problem is something which
    too few men and women are speaking intelligently about.
    I’m very happy I found this during my search for
    something regarding this.

  5. I was wondering if you ever thought of changing the structure of your
    blog? Its very well written; I love what youve got to say.

    But maybe you could a little more in the way of content so people
    could connect with it better. Youve got an awful lot of text for only having one or 2 images.

    Maybe you could space it out better?

  6. What’s up everyone, it’s my first pay a visit at this website, and piece of writing is actually
    fruitful in support of me, keep up posting such articles.

  7. If some one wishes to be updated with most up-to-date technologies therefore he must be visit this website and be
    up to date everyday.

  8. It’s actually very complex in this full of activity life to listen news on Television, so I simply use the web
    for that purpose, and obtain the most recent news.

  9. Hey! Quick question that’s totally off topic.
    Do you know how to make your site mobile friendly?

    My weblog looks weird when viewing from my iphone 4.
    I’m trying to find a theme or plugin that might be
    able to resolve this problem. If you have any recommendations,
    please share. Many thanks!

  10. Hi! I could have sworn I’ve visited this site before but after browsing through a few of the posts I realized
    it’s new to me. Anyhow, I’m certainly happy I came across it and I’ll be bookmarking it
    and checking back often!

  11. I’m not sure why but this weblog is loading very slow for me.
    Is anyone else having this issue or is it a problem on my end?

    I’ll check back later on and see if the problem still exists.

  12. These are actually impressive ideas in about blogging.
    You have touched some nice points here. Any way keep up wrinting.

  13. Wow, wonderful weblog format! How long have you been running a blog for?
    you made running a blog glance easy. The entire glance of your site
    is excellent, as neatly as the content!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

%d bloggers like this: