Breaking News

Hyundai se haastige N-modelle is hier

Hyundai het pas sy Kona-reeks uitgebrei met die toevoeging van die Kona N, en terseldfetyd die jongste weergawe van die i30 N bekendgestel.

Die i30 N is die vlagskip van ‘n baie groter i30-reeks wat in ander dele van die wêreld beskikbaar wees, maar net die i30 N sal in Suid-Afrika beskikbaar wees.  Die vooraansig van die nuwe I 30 bevat ‘n nuwe sierrooster met ‘n gaaspatroon; hierdie patroon word in die onderste rooster, asook dié aan weerskante van die groot sierrooster, herhaal. Die agterste lugverdeler is ook heerontwerp en bevat twee groter uitlaatpype in die hoeke.  Die nuwe i30 N is effens langer as sy voorganger en sy grondvryhoogte is effens beter. Die N-kenteken kom  op die sierrooster, die syskorte en die agterklap voor, en negentienduim-allooiwiele is standaard toerusting.  Daarby is ‘n elektriese sondak standaard toerusting.

Die Kona N het teen die einde van 2021 aan die tydskrif Car se jaarlikse Performance Shootout deelgeneem, maar is ook nou eers amptelik hier bekendgestel. Die stilering van die N stem grootliks ooreen met dié van die N-Line, ‘n sportiewe weergawe van die gewone Kona.  Daar is drie luguitlate tussen die enjinkap en die sierrooster en die Hyundai-embleem is in die rooster gemonteer. Soos met die i30 N is daar twee groot uitlaatpype in die hoeke van die agterste lugverdeler. Soos met die I 30 N is ‘n sondak en negentienduim-allooiwiele  met 235/40 R 19 Pirelli P Zero-bande standaard toerusting en die N-kenteken kom op die sierrooster, syskorte en agterklap voor.

Albei modelle word aangedryf deur ‘n turboaangejaagde tweeliterenjin met ‘n tussenverkoeler wat aan ‘n agtgang-DCT (dubbelkoppelaar)-ratkas met ratspane agter die stuurwiel gekoppel word. Hierdie enjin lewer 206 kW teen 6 000 opm en wringkrag van 392 Nm teen tussen 2 100 en 4 700 opm. Die ratkas spog met drie ekslusiewe hoëverrigtingfunksies wat groter bestuursgenot tot gevolg eht.  Albei modelle spog met wat as die N “grin shift” bekendstaan. Wanneer ‘n knoppie gedruk word, het die bestuuder twintig sekondes lank vrye toegang tot die maksimum krag, wringkrag en versnelling wat die motor kan lewer, soos wanneer daar vining versnel of verbygesteek moet word. Die enjinklank word ook hierby anagepas om die gevoel van werkverrigting nog verder te versterk.  Die N Sense shift-funksie bespeur die bestuurder se bestuurstyl en kies outomaties die regte rat vir optimale werkverrigting; dit stel die bestuurder in staat om, soos ‘n professionele renjaer, net op stuurwerk te konsentreeer.  Die N Power Shift word outomaties geaktiveer wanneer die met meer as 90% versnel; dit is daarop gemik om enige afname in wringkrag wanneeer daar na ‘n hoër rat oorgeskakel word, teen te werk. Sodoende word soveel krag as moontlik na die wiele gestuur. Daar is ook versnellingsbeheer wat die bestuurder help om so vining as moontlik vanuit ‘n stilstaande posisie te versnel. Albei modelle beskik oor twee knoppies op die stuurwiel waarmee verskillende bestuursmodusse gekies kan word. Aan die linkerkant is die knoppie waarmee die Eco, Normal of Sport-modusse gekies kan word en aan die regterkant is die knoppie vir die N- of N Custom-modusse vir die meer geesdriftige bestuurder. Albei modelle beskik ook oor ‘n N-spesifieke rekenaar in die binneruim; dit gee inligiting oor rondetye, turbodruk en G-kragte.  Daar is ook ‘n funksie wat die enjinsnelheid met die ratkas sinchroniseer om ratwisseling te vergemaklik en slytasie tot die minimum te beperk. Die motor se enjinklank word aangepas by die bestuursmodus wat gekies word, met die N-modus wat vir ‘n meer sportiewe klank sorg. 

Daar is verskillende bestuursmodusse om van te kies; naamlik Eco, Normal, Sport, N en Custom. Dit verstel die motor se stuuraksie, versnellerreaksie enjinklank en stabiliteitsbeheer om by die heersende bestuurstoestande of die bestuurder se voorkeure aan te pas. Die Custom-modus stel die bestuurder in staat om verskillende verstellings van die bestaande bestuursmodusse te kies.  Die elektroniese stabiliteitsbeheer van die Kona beskik oor drie modusse, naamlik ESC On, vir maksimum stabiliteit in droë, nat of glibberige toestande en verhoogde veiligheid onder alledaagse omstandighede. ESC Sport is bedoel vir gebruik op ‘n renbaan en ESC Off skakel alle ingryping van die enjin of remstesel wat stabilieit verbeter heeltemal uit. Daarom is dit net vir ervare bestuurders bedoel. Albei modelle word toegerus met vastrapbeheer ; wanneer die stelsel bespeur dat ‘n wiel tol teen ‘n snelheid vinniger as dié van die motor, word die enjin se kraglewering daarby aangepas. 

 

Aangesien albei modelle verrigtingsmotors is, is verskeie veiligheidskenmerke standaard toerusting. Benewens die voorste-, kant-en-gordynlugsakke, wegtrekhulp, stabiliteits- en vastrapbeheer en ISOFIX-hegpunte vir die agtersitplekke, word albei modelle toegerus met ‘n aanpasbare spoedbeheer, parkeersensors voor en agter met ‘n trukamera,  ‘n blindekolmonitor, ‘n agterste dwarsverkeermonitor, baanhouhulp, voorbotswaarskuwing en ‘n banddrukmonitor. Dubbele ligdiode-kopligte met ligdiode-dagryligte is ook standaard toerusting vir albei modelle,  asook rooi remknypers met die N-embleem, ‘n stelsel wat bespeur wanneer die bestuurder moeg is en ‘n elektroniese vastrapewenaar. Die Kona N word toegerus met ‘n voorruit-vertoonpaneel wat die belangrikste inligting van die voertuig, asook verrigtingsdata wanneer die Sport- of N-modus gekies word, teen die voorruit vertoon word. 

Die binneruim is luuks afgewerk en albei modelle spog met die volgende kenmerke: outomatiese klimaatbeheer,  sleutellose toegang met ‘n aansitknoppie,  outomatiese ruitveërs, ‘n 10,25-duim raakskerm met Bluetooth,  stembeheer, Android Auto en Apple Car Play, ‘n koordlose selfoonlaaier en elektries verstelbare  en verhitbare voorsitplekke. Die Kona se sitplekke word in leer afgewerk en dié van die i30 N in ‘n kombinasie van leer en suede.  Die Supervision-instrumentepanele van die twee modelle verskil; die i30 N beskik oor ‘n analoog-vertoonpaneeel terwyl dié van die Kona met ‘n digitale vertoonpaneel toegerus word. Die Kona se vertoonpaneel word volgens die gekose bestuursmodus aangepas. Die inligting op albei modelle se raakskerm kan volgens die bestuurder se behoeftes, onder meer die sitplekposisie, radiostasie, navigasie en klankinstellings, asook bestuurshulpmiddels, ingestel word. Daarby het die bestuurder ook die keuse om, pleks van die motor se enjinklank, na natuurklanke te luister wanneer daar bestuur word.

Nie alle Hyundai-handelaars sal die nuwe N-modelle versprei nie; hulle sal net by uitgesoekte handelaars beskibaar wees, naamlik by ses in Gauteng, vier in Kwa Zulu-Natal, drie in die Wes-Kaap, twee in die Oos-Kaap en een elk in Noordwes en Mpumalanga.

Die pryse van die i30 N en die Kona N is R 749 900 elk. Dit sluit ‘n waarborg van altesaam sewe jaar of 200 000 km in, asook ‘n diensplan van vyf jaar of 75 000 km en padbystand vir sewe jaar of 150 000 km.

%d bloggers like this: