Breaking News

Kia brei Sonet-reeks uit

Skaars drie maande nadat die Kia Sonet in Suid-Afrika bekendgestel is, is die reeks uitgebrei met die toevoeging van ‘n goedkoper model.

Soos die EX word die LX aangedryf deur ‘n 1,5 liter vier-silinder enjin  wat 85 kW teen 6 300 opm en wringkrag van 144 Nm teen 4 500 opm lewer. Hierdie enjin kan aan ‘n sesgang-handratkas of ‘n palwissel (CVT)-ratkas gekoppel word. 

Die LX-modelle word met die volgende kenmerke toegerus: ‘n agtduim-raakskerm met Android Auto en Apple Car Play, ‘n sentrale sluitstelsel met afstand-beheer, 15 duim-staalwiele met volle wieldoppe, lugversorging, elektriese vensters voor en agter, elektriese buitespieëls, ‘n trukamera, outomatiese kopligte en sitplekke met ‘n kombinasie van kunsleer- en materiaalbekleedsel.

Ondanks sy laer prys is veiligheid steeds uiters belangrik en daarom is veiligheids-kenmerke soos stabiliteits-beheer, wegtrekhulp, twee lugsakke, ABS-remme en ISOFIX-hegpunte vir die agtersitplekke standaardtoerusting.

Die pryse van die Sonet-reeks , wat ‘n waarborg van vyf jaar ongeag die motor se kilometer-lesing en ‘n diensplan van vier jaar of 60 000 km insluit, lyk só:
Sonet LX-handrat: R 269 995
Sonet LX CVT: R 290 995
Sonet EX-handrat: R 289 995
Sonet EX CVT: R 310 995

%d bloggers like this: