Breaking News

Kia se mensekarweier kry sy ou naam terug

Kia se jongste mensekarweier is nou in Suid-Afrika beskikbaar, en  ‘n ou naam word weer bvir hom gebruik.

Die Carinval is in 1999 vir die eerste keer in Suid-Afrika bekendgestel, maar latere geslagte het eers die Sedona- en later die Grand Sedona-benamings gekry. Nou het Kia besluit om die Carnival-benaming te laat herleef.

Volgens die maatskappy bied die Carinval ‘n kombinasie tussen ‘n sportnuts-voertuig en mensekarweier met die beste eienskappe van albei, en die nuwe ontwerprigting wat in modelle soos die Sonet, die Seltos en die jongste Sorento te sien is, kom ook in  die nuwe Carinval voor. Daar is ook oorgenoeg plek vir sewe of agt mense en hul bagasie, of enige items wat dalk vervoer moet word. Die nuwe modelo is langer, hoër en breër as sy voorganger. 

Die vooraansig spog met die jongste weergawe van Kia se “tierneus”-sierrooster met ligdiode-kopligte asook dramatiese enjinkaplyne wat die motor ‘n opvallende voorkoms gee. Aan die kant is daar truspieëls in twee kleure en ‘n karakterlyn verbind die kop- en agterligte. Die sportnuts-voorkoms word versterk deur ‘n agterste skermplaat. Daar is allooiwiele van 18 of 19 duim, afhangende van die model.

Daar is net een enjin keuse beskikbaar, naamlik Kia se splinternuwe “Smartstream”2,2 liter turbo-diesel enjin  wat kragtiger as sy voorganger is. Hierdie nuwe enjin lewer 148 kW teen 3 800 opm en wringkrag van 440 Nm teen tussen 1 750 en 2 750 opm en ‘n outomatiese agtgangratkas is standaard toerusting vir die hele reeks.

Aan die binnekant is daar leersitplekke in twee kleure, met donker afwerking op die rugleunings en kussings en ligter afwerking op die res van die sitplekke. Daar is ‘n chroomstrook oor die lengte van die paneelbord wat ‘n gevoel van ruimte en oopheid in die kajuit skep. Die meeste modelle beskik oor ‘n tweede ry sitplekke wat ooreenstem met die voorsitplekke, maar die middelse EX+-model word toegerus met ‘n tweede ry sitplekke wat plek vir drie mense het. Die middelste sitplek kan vorentoe en agtertoe geskuif word. 

Sekere modelle in die reeks word toegerus met die mees gevorderde bestuurs-hulpmiddels in hierdie marksegment, wat onder meer die volgende insluit: ‘n voorbotswaarskuwing met ‘n remstelsel wat outomaties geaktiveer word om die erns van botsings te verminder, ‘n gevorderde blindekolmonitor wat motors in die aangrensende baan bespeur en ‘n regstreekse video  op die instrumentepaneel vertoon ‘n agterste dwarsverkeermonitor, baanhouhulp  en baandwaal-kwaarskuwing, aanpasbare spoedbeheer en ‘n rondom-monitor met vier kameras wat ‘n 360 grade-beeld vertoon.

Altesaam vier modelle sal beskikbaar wees. Die EX is die intreemodel van die reeks en word met die volgende kenmerke toegerus: ‘n agtduim-raakskerm met Android Auto en Apple Car Play, verstelbare lugversorging voor en agter, outomatiese kopligte, invoubare buitespieëls, ligte wat in ‘n oorhoofse konsole gemonteer is, vier USB-kragpunte, parkeersensors voor en agter, agttienduim-allooiwiele, sewe lugsakke en stabiliteitsbeheer met wegtrekhulp.

Die EX+ is die middelste model in die reeks, en voeg die volgende kenmerke by: sleutellose toegang met ‘n aansitknoppie, drie sitplekke in die tweede ry pleks van die ander modelle se twee, kraghulp vir die glydeure aan die kante asook die agterklap, ‘n knoppie op die afstandbeheer waarmee die agterklap oopgemaak kan word, ‘n aansitknoppie op die afstandbeheer, ‘n elektrochromatiese truspieël binne, klimaatbeheer voor en agter, ratspane agter die stuurwiel en sewe USB-kragpunte.

Die voorlopige vlagskip is die SX Limited wat met gevorderde bestuurshulpmiddels soos voorbots-waarskuwing, aanpasbare spoedbeheer, ‘n blindekolmonitor, ‘n agterste swarsverkeermonitor en ‘n rondom-monitor met vier kameras toegerus word. Sy ander bykomende kenmerke sluit die volgende in: 19-duim allooiwiele, voorste ligdiode-misligte, dubbele kantel- en-skuifsondakke, ‘n 12,3 duim-raakskerm, skermplate voor en agter en elektries verstelbare, verhitbare en geventileerde voorsitplekke. 

Die reeks sal in Maart vanjaar uitgebrei word wanneer die vlagskip van die reeks, bekend as die SXL, bygevoeg word. Hierdie model, wat die SX Limited  sal aanvul en al daardie model se kenmerke as standaard toerusting sal hê, word ook met ‘n 12,3 duim  TFT Supervision-instrumentepaneel en ‘n Bosé-klankstelsel met twaalf luidsprekers toegerus.

Die pryse van die reeks, wat ‘n waarborg van vyf jaar ongeag die voertuig se kilometerlesing en ‘n volle instandhoudingsplan van ses jaar of 90 000 km insluit, lyk só:

Carnival 2,2 CRDI EX 7-sitplek: R 799 995

Carinval 2,2 CRDI EX+ 8-sitplek: R 879 995

Carnival 2,2 CRDI SX Limited 7-sitplek: R 999 995

Carnival 2,2 CRDI SXL 7-sitplek: R 1 024 995

%d bloggers like this: