Breaking News

Lexus ES opgeknap vir 2021

 

Met Lexus se toetrede in 1989 tot die internasionale mark, was die ES een van die eerste modelle wat op daardie stadium bekendgestel was.

Die ES is positief deur kopers ontvang en ongeveer 2,65 miljoen eenhede van die  sewe verskillende generasies is wêreldwyd verkoop, wat tot dusver van hom ‘n staatmaker in Lexus se reeks gemaak het.

In Suid-Afrika bestaan die reeks tans uit die ES 250 EX, die ES 300h EX en die ES 300h SE; laasgenoemde twee word deur ‘n hibriede-enjin aangedryf.  Lexus Suid-Afrika het egter pas aangekondig dat ‘n opgeknapte weergawe van die ES teen die einde van 2021 op die mark sal kom.

Die nuwe ES se stilering sal meer by dié van die LS, die vlagskip van die reeks, inpas. Aan die voorkant is daar ‘n herontwerpte weergawe van Lexus se kenmerkende uurglas-sierrooster, met ‘n L-vormige gaaspatroon. Daar is ook nuwe allooiwiele in 17 of 18 duim, afhangende van die model. Die agterste veringstutte is van ‘n enkelblad- na ‘n sterker dubbelbladstruktuur verander ten einde rygerief te verbeter en die ratse dinamika te verbeter.

Aan die binnekant is daar ‘n nuwe 12,3 duim raakskerm wat meer toeganklik en gebruikersvriendelik vir die bestuurder en voorste passasier sal wees.

Wat veiligheid betref, word die opgeknapte ES met dieselfde tegnologie as die as die veel duurder, super luukse Lexus LS-reeks toegerus; onder meer die Blade Scan-aanpasbare hoofstraalstelsel wat beligting op die pad in die donker verbeter.

Dit stel die bestuurder onder meer in staat om voetgangers en verkeerstekens te herken sonder om die aankomende bestuurders te verblind. Die voorbotswaarskuwing, wat deel van die Lexus Safety System uitmaak, word verbeter om bedags, in omstandighede met min lig, fietsryers, voetgangers en voertuie wat regs wil draai, asook voetgangers wat die pad oorsteek in die rigting waarheen die voertuig gery het voordat dit links of regs begin draai het, makliker raak te sien. Onder die nuwighede wat ingespan word, is noodstuurhulp; dit help om binne die voertuig se baan te bly ry soos die bestuurder aandui, en beheer teen lae versnelling wat die voorkoming van botsings as gevolg van die verkeerde aanwending van pedale teen lae snelhede ondersteun.  Daarby is beheerbaarheid van dinamiese spoedbeheer met radar en baanherkenningswerking van baandwaal-hulp, ‘n gevorderde ry-ondersteuningsfunksie wat die bestuurder help om die motor in die middel van die baan te hou, ook verbeter. Wanneer baandwaal-hulp geaktiveer word, word kunsmatige intelligensietegnologie ingespan om ‘n witlynhekenning wat deur die kamera geaktiveer word, vir gevorderde vertraging  van die voertuig aan te pas met die wydheid en vorm van draaie.

Volledige besonderhede oor die samestelling van die reeks, asook pryse, sal bekendgemaak word wanneer die opgeknapte ES hier bekendgestel word. Die huidige ES-reeks is geprys vanaf R690 000 en die LS-reeks vanaf R2 145 700.

%d bloggers like this: