Breaking News

Mahindra wys sy 2023 Scorpio

Mahindra het pas sy derdegeslag Scorpio aan die internasionale media gewys, en hierdie nuweling is reeds besig om toetse te ondergaan voordat hy in Suid-Afrika bekendgestel word.

Die nuwe model sal as die Scorpio N bekendstaan en is gesamentlik deur Pininfarina in Italië en Mahindra se ontwerpateljee in Indië ontwerp. Volgens Mahindra is Suid-Afrika die vervaardiger se tweede tuiste naas Indië en daarom is daar besluit om Suid-Afrika by die internasionale onthulling in te sluit. Mahindra se markaandeeel is voortdurend besig om in Suid-Afrika te groei en daarom glo diee maatskappy dat al hoe meer mense hul voertuie in die toekoms sal aanskaf.

Hoewel meer spesifieke besonderhede nog nie bekendgemaak is nie, sal daar twee enjins en twee ratkaste vir die Scorpio N-reeks beskikbaar wees. Die petrolenjin is ‘n turboaangejaagde tweeliterenjin met regstreekse inspuiting wat as die m Stallion sal bekendstaan. Die kraglewering en wringkrag van hierdie enjin is 149 kW en 380 Nm, en ‘n keuse van ‘n hand- of outomatiese ratkas sal beskikbaar wees. Die ander enjinkeuse is die jongste weergawe van die bekende mHawk-turbodieselenjin wat 128 kW en 400 Nm se wringkrag lewer. Dieselfde twee ratkaste sal beskikbaar wees.

Hoewel die nuweling herkenbaar ‘n weeergawe van sy voorganger is, is daar ‘n aantal nuwe stlieringskenmerke. Aan die voorkant is daar ‘n nuwe sierrooster met die nuwe Twin Peaks-kenteken wat ‘n uitstaande kenmerk van al Mahindra se toekomstige modelle sal wees, asook ligdiodee-projektormisligte en dagryligte.  Daar is vertikale agterligte aan weerskante van die agterklap wat, soos voorheen, na die kant toe oopgemaak word.

Soos voorheen sal 4×2- en 4×4-weergawes van die Scorpio N beskikbaar wees en diee 4×4-weergawe sal voordeel trek uit meer gevorderde tegnologie wat sy veldryvermoë aansienlik sal verbeter. Die 4XPLOR-stelsel sal die mees gevorderde stelsel in sy klas wees en sal die verspreiding van wringkrag tussen die voor- en agterwiele na aanleiding van heersende toestande op die pad en in die veld en in ooreenstemming met die terrein waarop daar bestuur word, aanpas. Daar sal ook drie bestuursmodusse vir verskillende padtoestande beskikbaar wees.

 

Aan die binnekant word daar ‘n uiters gevorderde inligting-en-vermaakstelsel verwag, met onder meer gesofistikeerde kunsleerbekleedsel en ‘n navigasiestelsel wat met die What 3 Words-konsep . Dit verdeel die hele aarde in triljoene blokkies van drie vierkante meter by drie vierkante meter en maak dit soveel makliker om enige plek in die wêreld op te spoor.

Verdere besonderhede, soos die pryse, spesifikasies en samestelling van die reeks sal bekendgemaak word wanneer die Scorpio N, na verwagting vroeg in 2023, in Suid-Afrika op die mark kom.

%d bloggers like this: