Breaking News

Mazda 3 sedan aan mark onttrek

Mazda Suider-Afrika (MSA) het aangekondig dat die Mazda 3-sedan aan die plaaslike mark onttrek is.

Die rede vir hierdie besluit is die afname in die gewildheid van sedans in hierdie marksegement oor die afgelope paar jaar. Die markaandeel van spornuts-voertuie en oorkruismotors het in hierdie tyd toegeneem in navolging van hedendaagse markneigings.  MSA het sy reeks in hierdie twee segmente al hoe meer uitgebrei en sal voortgaan om dit te doen.


Die Mazda 3-luikrug sal steeds in Suid-Afrika beskikbaar wees.  Die pryse van die verkillende modelle, wat ‘n waarborg en diensplan van drie jaar ongeag die voertuig se kilometer-afstand insluit, lyk só:

Mazda 3 1,5 Active-handrat: R 380 200

Mazda 3  1,5 Dynamic-handrat: R 395 200

Mazda 3 1,5 Dynamic-outomaties: R 408 500

Mazda 3 1,5 Individual-handrat: R 445 100

Mazda 3 1,5 Individual-outomaties: R 458 500
Mazda 3 2,0 Astina-outomaties: R 499 700

%d bloggers like this: