Breaking News

Mercedes-Benz stel A-klas sedan bekend

Vroeër in 2019 was die nuwe A-klas die eerste model-reeks van Mercedes-Benz sedert die W 124 in 1987 wat as Suid-Afrika se Motor van die Jaar aangewys is.

Aanvanklik was dié reeks net as ‘n luikrug beskikbaar, maar Mercedes-Benz het pas die jongste toevoeging, die A-klas sedan, in Suid-Afrika bekendgestel. Volgens mnr. Selvin Govender, die bemarkings-bestuurder van Mercedes-Benz Suid-Afrika, is daar ‘n behoefte aan ‘n kompakte sedan vir klein gesinne. Daarby stel die bekendstelling van die A-klas sedan die maatskappy in staat om voertuie vir verskillende teikenmarkte beskikbaar te stel. 

Die A-klas was Mercedes-Benz se aanvanklike toetrede tot die kompakte segment tot hy in 1997 die eerste keer bekendgestel is en meer as ses miljoen eenhede is sedertdien verkoop. Die sedan is die sewende modelreeks wat op hierdie platvorm gebou word.

Die sedan bied groot veelsydigheid; dis maklik om toegang tot die agter-sitplekke te kry en sy agterste kopsuimte is, volgens die maatskappy, die beste in sy klas. Die groot bagasiebak-opening vergemaklik die in- en uitlaai van groot items.

Dit was moeilik om op die sleurkoëffisiënt van die luikrug te verbeter, maar die sedan se syfer van 0,22 ewenaar die wêreldrekord van die CLA. Dit is die mees aërodinamies doeltreffende motor ter wêreld. Die sedan se goeie aërodinamika dra by tot verhoogde brandstof-doeltreffendheid .

Die ontwerp van die sedan bevat tradisionele- en moderne elemente wat in die toekoms in al Mercedes-Benz se modelle sal voorkom. Danksy ‘n reeks allooiwiele van 17 tot 19 duim, uitgeboude wielboë en dun kopligte het die sedan ‘n sportiewe voorkoms. Die agterlig-samestellings is in twee verdeel en beklemtoon die motor se breedte. Afhangende van die afwerkingsvlak wat gekies word, spog die agterkant met ‘n swart lugverdeler of ‘n afwerkingstrook in chroom en uitlaatpype met verchroomde punte. Voornemende kopers wat hul motors wil verpersoonlik, het verskeie keuses, onder meer die Progressive, of AMG-pakket, terwyl die Night- of Leather-pakket met eksklusiewe kleurkeuses die motor nog meer aantreklik vir kopers maak. 

Die binneruim spog met ‘n uiters moderne ontwerp; die middeplunt is ‘n paneelbord wat wegdoen met die tradisionele instrumente-huisie om ‘n deurlopende paneel van die bestuurder tot die voorste passasier se venster te gee terwyl die media-vertoonpaneel aan die bokant te sien is. Die luguitlate spog met ‘n sportiewe turbine-voorkoms. Die kajuit-beligting is opsioneel in altesaam 64 kleure beskikbaar , vyf keer meer as voorheen. Die vrystaande stuurkajuit is in twee keuses beskikbaar; die standaard-weergawe met twee sewe-duimskerms en ‘n opsionele een met twee skerms van 10,25 duim elk.

Soos in die geval van die luikrug spog die sedan met gevorderde tegnologie. Die Mercedes-Benz User Experience (MBUX) is ‘n rewolusie in die verhouding tussen die motor en die bestuurder. Daar is verskeie maniere om toegang tot die multimedia-stelsel te kry; ‘n kontrole tussen die sitplekke, ‘n raakskerm of kontroles op die stuurwiel. Daar is ook stembeheer, wat geselstaal verstaan en deur  die woorde “Hey Mercedes” geaktiveer word. Kunsmatige intelligensie maak dat die bestuurder se gewoontes en voorkeure deurlopend aangeleer word en verseker dat die motor al hoe meer by die bestuurder se styl aanpas.

Die A-klas word toegerus met die mees gevorderde bestuurs-hulpmiddels wat die bestuurder nie net ondersteun nie, maar die hoogste vlak van aktiewe veiligheid in sy marksegment verseker. Sommige kenmerke kom uit die S-klas. Vir die eerste keer kan die A-klas semi-outonoom in sekere omstandighede bestuur; dit word moontlik gemaak deur ‘n verbeterde kamera en radarstelsel wat tot 500 meter vorentoe kan sien. Die kaart- en navigasiefunksies word ook gebruik vir funksies wat hulp verleen, gebruik. Die Active Distance Assist DISTRONIC wat deel van die bestuurs-hulpstelsel is, kan ondersteuning aan die bestuurder in verskillende omstandighede bied en die motor se snelheid na gelang daarvan aanpas, soos wanneer kruisings, sirkels of draaie nader kom.

Aktiewe remhulp is standaard toerusting.  Dit kan die erns van agterste botsings verminder en die gevolge van botsings met stadiger voertuie, voertuie wat stilstaan of besig is om stil te hou, verlig. Sulke botsings word ook, so ver moontlik, deur die stelsel voorkom. 

Die aktiewe baanhou-hulp is in werking teen snelhede van tussen 60 en 200 km/h per uur en waarsku die bestuurder wanneer sy of sy per abuis op die oop pad uit ‘n baan beweeg. Wanneer die motor oor ‘n soliede lyn beweeg, kan die stelsel die motor terug in sy baan kry deur middel van die remstelsel. As daar ‘n stippellyn is,  vind dit net plaas as daar ‘n moontlikheid van ‘n botsing met die motor in die ander baan bestaan, onder meer aankomende verkeer.

Pre-Safe Plus kan ‘n naderende botsing van agter bespeur. As die gevaar voortduur, kan die remme van die stilstaande voertuig ook in werking gestel word en die risiko van beserings kan sodoende verminder word.

Die nuwe A-klas is die eerste Mercedes-Benz wat by die nuwe tegnologie-sentrum vir voertuig-veiligheid ontwikkel is. Die voertuig se struktuur is ontwerp na aanleiding van die bevindinge van navorsing oor werklike ongelukke. Elke enkele bakpaneel is ontwikkel na aanleiding van die laste en spanning wat ervaar is, met betrekking tot die afmetings, dikte van die materiaal, samevoegings-tegnologie en gehalte van materiaal. Die middelpunt van die bakwerk se velieigheidskonstruksie is die uiters stewige passasiers-kompartement. Die indrukwekkende stewigheid van die kompartement wanneer dit blootgestel word aan botsings of wanneer die voertuig rol, is te danke aan die gebruik van hoësterkte en ultra-hoësterkte staal.

Voorste-, kant- en gordynlugsakke is standaardtoerusting en anders as in sommige mededingers strek die gordynlugsakke tot by die A-pilaar om beter beskerming vir passasiers te bied. Toraks-en-bekken-kantlugsakke is standaardtoerusting vir die voorste insittendes en opsioneel agter.

Die opsionele multistraal-ligdiode-kopligte is opsioneel beskikbaar; dit is nog ‘n voorbeeld van tegnologie wat van groter modelle oorgedra word. Hierdie ligte sorg vir vinnge en presiese elektronies beheerde verstelling van die kopligte om by die heersende verkeersituasie aan te pas. Elke koplig beskik oor agttien indiviuele ligdiodes en die kleur daarvan, wat aan daglig herinner, help om konsentrasie te verbeter.  Die pad vorentoe word duidelik verlig. Halogeen-kopligte met lidgidode-dagryligte is standaard toerusting.

Die A-klas sedan is is op die oomblik in twee modelle beskikbaar en ‘n diesel-model sal aanstaande jaar bygevoeg word. Die A 200 word aangedryf deur ‘n vier-slinder enjin van 1,3 liter wat 120 kW teen 5 500 opm en wringkrag van 250 Nm teen 1 620 opm lewer. Die A 250 se twee-liter enjin met vier silinders lewer  165 kW teen 5 500 opm en wringkrag van 350 Nm teen 1 800 opm. Albei enjins word aan ‘n 7 G-DCT-dubbelkoppelaar-ratkas gekoppel. 

Die veerstelsel van die A-klas sedan beskik oor verskillende bestuurs-modusse afhanngende van die enjin en bestuurders-voorkeur.  Die verstellings word deur middel van die Dynamic Select-kontrole in die middelkonsole gemaak en bestuurders het ‘n keuse tussen  Eco-, Comfort- of Sport-verstellings. Die AMG-sportvering is ingestel om hoër snelhede om draaie moontlik te maak en die dinamiese potensiaal van die voertuig verder te verwesenlik. 

Die pryse van die A 200 en A 250 Sport, wat ‘n Premium Drove-onderhoudsplan van vyf jaar of 100 000km insluit, is R 533 400 en  R 604 800 onderskeidelik.

 

%d bloggers like this: