Breaking News

Opel stel Zafira Life bekend

Twintig jaar gelede is die eerste Opel Zafira internasionaal bekendgestel en sedertdien het dit ‘n gunsteling onder motorkopers wêreldwyd geword.

Die vierde geslag, bekend as die Zafira Life, is pas in Suid-Afrika bekendgestel, maar anders as in die verlede is dit nie ‘n kompakte veeldoelvoertuig met sewe sitplekke nie maar eerder ‘n minibus met ‘n keuse van sewe of agt sitplekke afhangende van die model.

Die Zafira Life weerspieël Opel se jongste ontwerprigting, met ‘n hoë enjinkap met twee lyne wat van die voorruit tot by die boonste sierrooster met die Opel-kenteken loop en kopligsamestellings wat ligdiode-dagryligte bevat. Die agterklap bevat ‘n agterruitverwarmer en -veër. 

Daar is twee modelle in die reeks, naamlik die gesinsgeoriënteerde  Edition en die Elegance, wat op die sakemark gemik is en met ‘n hoër afwerkingsvlak spog. Albei word aangedryf deur ‘n tweeliter-turbodieselenjin wat aan ‘n outomatiese agtgangratkas gekoppel word; dit lewer 110 kW teen 4 000 opm en wringkrag van 370 Nm teen 2 000 opm. 

Die Edition het plek vir agt insittendes; twee in die voorste ry en drie elk in die tweede en derde rye. Die tweede en derde rye sitplekke is op spore wat maak dat hulle maklik vorentoe en agtertoe geskuif of verwyder kan word, en elke passasier het toegang tot ‘n afsonderlike driepunt-sitplekgordel. Die Elegance is die luukse model; dit is gemik op sakeondernemings, asook gesinne vir wie gemak belangriker as die aantal sitplekke is. Die middelste ry bestaan uit net twee sitplekke met armleunings en ‘n tafel wat weggevou kan word. Dié sitplekke kan gedraai word om na die derde ry sitplekke te kyk, wat die binnekant geskik maak vir vergaderings. Die Elegance beskik ook oor ‘n panoramiese sondak in twee dele wat oor die voorste twee rye sitplekke strek.  Albei modelle word toegerus met glydeure en dié van die Edition beskik oor kraghulp, en kan met behulp van afstandbeheer oop- of toegemaak word. 

Die binneruim beskik oor ‘n praktiese en veeldoelige ontwerp met genoeg bêreplek vir los goedere en kontroles wat maklik is om te bereik selfs wanneer die bestuurder op die pad konsentreer. Elektroniese dubbelsone-klimaatbeheer, asook ‘n afsonderlike agterste lugversorger, is standaardtoetusting vir albei modelle.

Die Intellilink-inligting-en-vermaakstelsel beskik oor ‘n seweduim-raakskerm, asook Bluetooth-,  Apple Car Play- en Android Auto-verbinding en ‘n USB-kragpunt. Die Edition en Elegance word onderskeidelik met ses of tien luidsprekers toegerus. Die Elegance word ook toegerus met ‘n multimedia-navigasiestelsel met stembeheer, wat die bestuurder van inligting oor verkeerstoestande, weersomstandighede en verskillende bestemmings gee, asook ‘n voorruit-vertoonpaneel wat die voertuig se  snelheid, aanwysings vir die navigasiestelsel en ander  belangrike inligting teen die voorruit vertoon. Die Elegance word met sleutellose toegang en ‘n aansitknoppie toegerus. 

Die hele reeks word met voorste- en kantlugsakke toegerus en die Edition word toegerus met ‘n waarskuwing wanneer die bestuurder moeg word, en hom of haar daaraan  herinner om ‘n ruskans te neem. Hierdie stelsel gee vir die bestuurder ‘n hoorbare en sigbare waarskuwing wanneer daar twee ure lank aaneenlopend bestuur word en gee ‘n tweede waarskuwing wanneer daar nog ‘n uur lank bestuur word. Die Elegance beskik oor ‘n meer gevorderde weergawe van dieselfde stelsel. Dit bespeur die bestuurder se gedrag deur middel van ‘n kamera en die bewegings van die stuurwiel en stuur hoorbare en sigbare waarskuwings as die bestuurder nie ten volle aandag gee nie.

Daarby word die Elegance met baandwaalwaarskuwing en baanhouhulp  toegerus; dit waarsku die bestuurder wanneer daar per abuis van baan verwissel word sonder dat die rigtingwysers gebruik word en plaas die voertuig terug in sy gekose baan nadat die stelsel terugvoer aan die bestuurder gegee het. Die Elegance se kamera bespeur ook padtekens en waarsku die bestuurder oor die heersende spoedbeperkings terwyl die blindeklomonitor ‘n voertuig in die baan langsaan bespeur en ‘n hoorbare waarskuwing aan die bestuurder gee. Die Elegance word ook toegerus met ‘n voorbotswaarskuwing wat ‘n botsing met stilstaande of bewegende voorwerpe teen ‘n snelheid van tot 30 km/h voorkom. Wanneer die voertuig vinniger as 30 km/h ry, word die snelheid verminder. Vastrapbeheer, wegtrekhulp, agterste parkeersensors en ‘n 180 grade-kamera is standaardtoerusting vir albei modelle. 

Die pryse van die verskillende modelle is R 749 900 vir die Edition en R 869 900 vir die Elegance. Hierdie pryse sluit ‘n waarborg van

%d bloggers like this: