Breaking News

Padindrukke: Subaru Impreza 2017 2,0i S-ES Lineartronic CVT

Deur Gerrie Smit en Daantjie Badenhorst

Na ‘n afwesigheid van ‘n paar jaar het Subaru die Impreza vroeg in 2017 weer in Suid-Afrika bekendgestel.

Die nuwe reeks bestaan uit drie modelle met dieselfde vierdeurbakwerk en dieselfde enjin en ratkas. Motor Plus het die topmodel in die reeks, die 2,0i S-ES Lineartronic CVT getoets.

Wanneer die meeste mense dink aan ‘n Subaru Impreza, kry hulle die indruk dat dit ‘n sportiewe vierdeursedan met goue allooiwiele en ‘n enorme drukvlerk is. Niks hiervan is op die nuwe Impreza te sien nie; dit is uitsluitlik op die STI bveskikbaar. Hoe ook al, die Impreza het steeds ‘n sportiewe voorkoms en veral die rooi toetsmotor het besonder mooi gelyk. Hy is beslis meer opvallend as motors van dieselfde grootte soos die Toyota Corolla, die Kia Cerato en selfs die nuwe Hyundai Elantra, hoewel hierdie motors nie noodwendig sy ware mededingers is nie. Die hele reeks is met allooiwiele toegerus; die S-ES se wiele kom met 205/55 RF 17-bande.

Al drie modelle in die Impreza-reeks word met dieselfde viersilinder-enjijn van twee liter wat 115 Kw teen 6 000 opm en wringkrag van 196 Nm teen 4 200 opm lewer toegerus. Hoewel die gemiddelde brandstofverbruik deur die vervaardigers as 7,2 liter per 100 km aangegee word, kon MotorPlus nie beter as 8,7 liter per 100 km kry nie. Die toetsmotor het net 5 000 km afgelê en miskien sal dit mettertyd beter gaan. Die CVT-ratkas met sewe gange moes onder kritiek van ander motorjoernaliste deurloop, maar dit is heeltemal ongevraagd. Die ratkas werk met ‘n ratkieser in die middelste konsole en wanneer dit in die Drive-posisie na regs gedruk word, kan die bestuurder deur middel van die spane agter die stuurwiel  ratte wissel sonder om ‘n koppelaar te trap of die voet van die petrolpedaal af te haal. Nie al die ratte is op die oop pad beskikbaar nie, maar dis goed omdat dit die motor se enjin en ratkas beskerm. Die motor se topsnelheid word aangegee as 208 km/h, wat heeltemal voldoende vir hirdie tipe sportiewe sedan is..

Die binnekant van die S-ES spog met heelwat luukse kenmerke, wat hom van sy goedkoper stalmaats onderskei.  Satellietnavigasie en ‘n tru-kamera is standaardtoerusting asook ‘n glassondak wat gekantel en oopgeskuif kan word.

Daar is drie USB-sokke; twee voor die ratkieser en een in die paneelkissie tussen die sitplekke. Die leersitplekke is effens hard, maar op die lang pad behoort dit gemaklik te wees. Die bestuurder se selfoon kan deur middel van Bluetooth gekoppel word, en daar is twee kenmerke wat groot lof verdien, naamlik die stembeheer, wat weliswaar sukkel om sekere name te herken maar tog ‘n uiters nuttige kenmerk is, en die feit dat ‘n mens teksboodskappe op die raakskerm kan lees.

Daar is ook ‘n kleinskermpie aan die bokant van die paneelbord wat verskeie opsies vir inligting bied. Die nuttigste hiervan is die motor se gemiddelde en oomliklike brandstofverbruik; dit gee ook die afstand aan wat ‘n mens kan aflê voordat daar weer brandstof ingegooi moet word. Die brandstofverbruikmeter op die instrumentepaneel tussen die spoedmeter en die toereteller is egter een van die beste van sy soort op die mark. Heel bo is ‘n meter met twee strepies wat na links loop as jou brandstofverbruik meer as 10 liter per 100 km is en wat na regs loop as dit minder as 10 is. Dan is daar ook die oombliklike verbruik en die afstand wat nog met die brandstof in die tenk afgelê kan word.

Die veiligheidskenmerke van die S-ES stel nuwe standaarde en slaan ‘n mens se asem skoon weg. Natuurlik kan vierwielaandrywing as vanselfsprekend aanvaar word, maar dit is nog lank nie al nie. Die Eyesight-stelsel waarmee die S-ES toegerus word, beskik oor verskeie toonaangewende kenmerke. Wanneer daar ‘n hindernis soos ‘n voetganger skielik voor die motor inbeweeg, rem die motor vanself, wat jou in staat stel om daardie hindernis te vermy. Daar is waarskuwings op die instrumentepaneel wat die bestuurder waarsku wanneer daar van die gekose baan op die oop pad afgewyk word, of wanneer die voorste motor by ‘n verkeerslig reeds gery het. Daar is ook liggies in die buitespieëls wat die bestuurder waarsku wanneer ‘n motor in sy kol is asook ‘n waarskuwing wanneer daar ‘n voetganger of ‘n ander hindernis aan die agterkant van die voertuig is.  Daar is sewe lugsakke, ABS-remme met elektroniese remverspreiding en noodremhulp en ISOFIX-hegpunte op die agtersitplekke.

Daar is drie modelle in die Impreza-reeks. Die intreemodel, die 2,0i Lineartronic CVT, is nog nie beskikbaar nie maar word binnekort verwag en sy prys gaan R 369 000 wees. Die middelste model, die 2,0i S Lineartronic CVT kos R 399 000 en die toetsmodel se prys is R 425 000. Dit beteken dat hy duurder is as motors waarmee ‘n mens sou verwag hy sou meeding. Die een motor wat dieselfde grootte bakwerk het en prysgewys met die Impreza meeding, is die Honda Civic. Die 1,5 T Sport se prys is R 442 900, wat heeltemal buitensporig vir ‘n motor van hierdie klas is, en dit is nie eens die topmodel in die reeks nie.Die Audi A3 1,4 T FSI se prys is R 450 000, maar dit kan verder opgejaag word deur opsionele ekstras wat standaardtoerusting vir die Impreza is, aan te bring. Die Madza 3 Astina Plus is ook ‘n moontlike mededinger; hy kos R 410 400; om een of ander rede is dié motor nie die gedugte mededinger in hierdie marksegment, wat sy voorgangers was nie. Aangesien die VW Jetta se doodsvonnis reeds uitgespreek is, is die Passat binnekort dié vervaardiger se enigste mededinger in hierdie marksegment; en die prys van die intreemodel, die 1,4 TSI Comfortline, is R 481 400. Dit beteken dat die Impreza nie regtig mededingers het nie; Die Impreza is beter toegerus, en goedkoper, as die mededingers van die Duitse vervaardigers. Die goedkoper Japanese modelle kan nie met die waarde, wat die Impreza as ‘n uitstaande permanente vierwielaangedrewe sportiewe sedan bied, meeding nie

Die Impreza se prys klink hoog, maar as ‘n mens sy veilgheidskenmerke in aanmerking neem, is dit deur en deur die moeite werd.

Die Impreza word gerugsteun deur ‘n waarborg van vyf jaar of 150 000 km en die onderhoudsplan van drie jaar of 75 000 km kan teen ekstra koste verleng word. Die probleem is net dat daar net dertien handelaars in Suid-Afrika is; daar word egter nog ‘n paar beplan. Hopelik sal die handelaarsnetwerk ‘n plan kan maak vir diegene wat ver van ‘n handelaar af woon maar ‘n Subaru wil besit. Subaru-eienaars is gewoonlik uiters lojaal en daar word spottenderwys gesê dat AWD nie vir “All Wheel Drive” staan nie, maar vir “All We’ll Drive”. Dit is maklik om te verstaan hoekom; die Impreza is ‘n motor wat diep onder jou vel inkruip. Daar is ‘n ereplek vir hom onder MotorPlus se afdak.

19 thoughts on “Padindrukke: Subaru Impreza 2017 2,0i S-ES Lineartronic CVT

  1. I think what you published made a lot of sense.
    However, what about this? suppose you added a
    little information? I am not saying your content isn’t
    good, however suppose you added a post title that makes people
    desire more? I mean Padindrukke: Subaru Impreza 2017 2,0i S-ES Lineartronic CVT | MotorPlus is
    kinda vanilla. You ought to glance at Yahoo’s front page and see how they
    write news headlines to get people to open the links.

    You might add a related video or a related pic or two to get readers excited about everything’ve got to say.
    In my opinion, it could bring your posts a little livelier.

  2. It’s a pity you don’t have a donate button! I’d definitely donate to this
    outstanding blog! I guess for now i’ll settle for bookmarking and adding your RSS
    feed to my Google account. I look forward to fresh updates and will talk about this website with my Facebook group.
    Chat soon!

  3. You can definitely see your enthusiasm within the work you write.
    The sector hopes for even more passionate writers like you
    who are not afraid to say how they believe. Always follow your heart.

  4. My brother recommended I might like this blog.

    He was entirely right. This post actually made my day.
    You can not imagine just how much time I had spent for this info!
    Thanks!

  5. I have been browsing online greater than three hours lately, but I by no means
    found any interesting article like yours. It’s
    lovely value sufficient for me. In my opinion, if all
    webmasters and bloggers made excellent content as you did, the
    internet can be a lot more useful than ever before.

  6. Great web site you have got here.. It’s difficult to find excellent
    writing like yours these days. I honestly appreciate individuals like you!
    Take care!!

  7. You should take part in a contest for one of the highest quality sites on the web.
    I will highly recommend this web site!

  8. I am no longer sure the place you are getting your information, however good topic.
    I needs to spend a while learning more or figuring out more.
    Thank you for great info I was searching for this information for my mission.

  9. Wonderful blog! I found it while surfing around on Yahoo News.
    Do you have any suggestions on how to get listed in Yahoo
    News? I’ve been trying for a while but I never seem to get
    there! Many thanks

  10. I like the valuable info you provide in your articles.
    I’ll bookmark your weblog and check again here
    regularly. I am quite sure I’ll learn a lot of new stuff right
    here! Best of luck for the next!

  11. Hello this is kinda of off topic but I was wanting to know if blogs use WYSIWYG editors or if you have to
    manually code with HTML. I’m starting a blog soon but have no coding
    knowledge so I wanted to get guidance from someone
    with experience. Any help would be greatly appreciated!

  12. Excellent post. I used to be checking constantly this blog and I am impressed!
    Very helpful info specially the ultimate phase 🙂 I handle such info much.
    I used to be seeking this certain info for a long time. Thanks and good luck.

  13. Heya i’m for the first time here. I found this board and I find
    It really useful & it helped me out much. I hope to give something back
    and help others like you helped me.

  14. Hello there, I found your web site by the use of Google even as searching
    for a comparable subject, your site got here up, it seems to be
    good. I have bookmarked it in my google bookmarks.

    Hi there, just turned into alert to your weblog through
    Google, and found that it’s really informative. I am going to be careful for brussels.
    I will be grateful if you continue this in future.

    Many folks shall be benefited out of your writing. Cheers!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

%d bloggers like this: