Breaking News

Rolls-Royce Motors doen die beste ooit

Eiesoortigheid is ‘n groot trekpleister vir superrykes.

Die Britse weeldemotor-vervaardiger Rolls-Royce Motors het in 2018 ‘n rekordjaar beleef. Altesaam 4 107 motors is in meer as 50 lande wêreldwyd verkoop; die meeste in die 115 jaar wat dié vervaardiger al bestaan. Dit maak dat Rolls-Royce steeds ‘n waardevolle bydrae tot sy hoofaandeelhouer, die BMW-groep. Een rede vir die toename in verkope is die toevoeging van die Cullinan, Rolls-Royce se eerste sportnutsvoertuig.

Rolls-Royce se eerste sportnutsvoertuig, die Cullinan, wat in 2018 geloods is, is ‘n groot sukses.

Daarby sal 2018 ook onthou word as een van die belangrikste jare vir Rolls-Royce se Bespoke Collective. Terwyl ander vervaardigers ‘n vasgestelde lys spesifikasies het waaruit voornemende kopers kan kies, gee Rolls-Royce sy kopers vrye teuels om hulle eiesoortige Rolls-Royce met unieke spesifikasies soos die koper dit verkies, te bestel.  Rolls-Royce verstaan baie beter as enige ander vervaardiger wat die behoefte van sy teikenmark is en voldoen aan die vereistes van diegene wat ‘n werklik unieke voertuig wil hê.  Dit is soortgelyk aan wat in onder meer argitektuur, seiljagvaart en privaatlugvaart aangetref kan word.

‘n Voorbeeld van Rolls-Royce se spesiferings-diens (“Bespoke service”): Spesiale uitvou-sitplekkies op die Cullinan.

Elke motor word met die hand  in Rolls-Royce se fabriek in Goodwood in die weste van Sussex in Engeland vervaardig. Die rekordverkope wat Rolls-Royce in 2018 behaal het, het die maatskappy ook in staat gestel om ‘n paar besondere voorbeelde van ongeëwenaarde vakmanskap en eiesoortigheid te ontwikkel.

Die Phantom is Rolls-Royce se vlagskip-sedan en die Whispered Muse, wat op hierdie model gebaseer is, is ‘n moderne vertolking van die oorspronklike sketse van die bekende Spirit of Ecstasy, wat oorspronklik deur Charles Sykes geteken is. Hierdie model is ‘n toonbeeld van Rolls-Royce se onoortreflike leierskap wat die kuns van weelde betref. Die ontwerp van die Whispered Muse bevat ‘n weergawe van die Spirit of Ecstasy (wat op elke Rolls-Royce se enjinkap voorkom), en dit kan deur die hele binneruim gesien word. Die Spirit of Ecstasy aan die buitekant van dié motor is in roosgoud afgewerk; dit is die eeste keer dat hierdie kleur daarvoor gebruik word.

Die spesiale Rolls-Royce Czechoslovak Squadron Dawn-model.

Die vegvlieëniers van die Tsjeggiese Republiek en die Republiek van Slowakye wat as deel van die Royal Air Force se 312- en 313-eskaders aan die Battle of Britain in die Tweede Wêreldoorlog deelgeneem het, is herdenk met ‘n spesiale model wat op die Rolls-Royce Dawn-afslaankap gebaseer is. Hierdie motor is bestel deur ‘n patriotiese koper wat hulde aan dié vlieëniers wou bring. Die grys bakwerk is presies dieselfde kleur as die Spitfire-vliegtuie wat deur die RAF-vlieëniers gebruik is. Die embleme van die 313- en 312-eskaders is onderskeidelik op die voorste-en agterste kopstutte geborduur.  Die slagspreuke van die twee eskaders, naamlik “Een arend kan baie kraaie wegjaag” en “Baie maar nie veel nie”, is op metaalplaatjies aan die binnekant van die deure aangebring.

Tussen die agtersitplekke is daar ‘n skets van die Rolls-Royce Merllin-enjin wat in die Hawker Hurricane en Spitfire-vliegtuie gebruik is.  Hierdie sketse is deur oorspronklike tekeninge en bloudrukke geïnspireer en die gedetaillerde sitkwerk is ‘n teken van die karaktereienskappe van hierdie besondere motor.

Die enigste ter wêreld danksy Rolls-Royce se diens om jou eiesoortige (“Bespoke”) model te bestel: Michael Fux  se Rolls-Royce Fux-Phantom.

Die motorversamelaar Michael Fux het ook in 2018 ‘n besondere motor in ontvangs geneem.  Die Phantom in Fuxia is sy elfde Rolls-Royce eiesoortige Bespoke-model, en volg op die Dawn in Fuxia wat hy in 2017 ontvang het. Die kleur is ook net vir sy uitsluitlike gebruik geregistreer; dit is ‘n kombinasie van sommige van sy gunstelinge van vorige motors en staan bekend as Fux Intense Fuxia Pearl. Die binneafwerking is ‘n kombinasie van ‘n vrolike pers, bekend as Fuxia, en arktiese wit leer. Dié Phantom is een van Fux se 140 motors; hy gebruik hulle om geld in te samel vir sy liefdadigheidsorganisasie, die Michael Fux Foundation, wat ondersteuning vir kinders in die Miami-kinderhospitaal en hul gesinne bied.

In 2018 het Rolls-Royce ook hulde aan die oorspronklike Silver Ghost gebring deur 35 motors wat as die Silver Ghost Collection bekendgestaan het.  Hierdie motors het kenmerke bevat wat deur die geskiedenis van die oorspronklike model geïnspireer is. Die Spirit of Ecstasy is in soliede sterilingsilwer, terwyl die bekleedsel dieselfde donkergroen kleur as dié van die oorspronklike Silver Ghost is. Daar is ook Silver Ghost Since 1907-kentekens binne en buite.  Die registrasienommer van die heel eerste Silver Ghost, AX 201, is ook op verskeie plekke te sien.

Die Wraith Luminary Collection, gebaseer op die Wraith-koepee, lyk na ‘n planetarium op wiele, want daar is sterre oral waar ‘n mens kyk. Daar is nie minder nie as 176 LED-ligte oral in die binneruim en die tema word in die paneel aan die binnekant kan die motor se dak voortgesit. Die houtpanele is van eikehout wat uit die Tsjeggiese Republiek kom, en is gekies vir hul besondere kleur en greinstruktuur. Nog meer liggies kan met die druk van ‘n knoppie aangeskakel word.  Die sitplekke is in verskillende kleure voor en agter, maar kontrasterende stikwerk, tesame met ‘n stuurwiel in twee kleure maak dat ‘n eenheid gevorm word.

Die Rolls-Royce Dawn afslaankap.

 

Rolls-Royce se huidige reeks bestaan uit die Ghost en Phantom-sedans, die Wraith-koepee, die Dawn-afslaankap en dié maatskappy se eerste sportnutsvoertuig, die Cullinan. Dit word in sy geheel deur die BMW-groep besit en is onafhanklik van Rolls-Royce plc, wat vliegtuigenjins vervaardig. Meer as 2 000 geskoolde mans en vroue is werksaam by die maatskappy se aanleg in Goodwood, die enigste fabriek waar hierdie motors met die hand vervaardig word.

 

20 thoughts on “Rolls-Royce Motors doen die beste ooit

  1. I don’t even understand how I finished up right here, however I assumed this submit used to be great.
    I do not recognize who you are but certainly you
    are going to a famous blogger in case you are not already.
    Cheers!

  2. An impressive share! I’ve just forwarded this
    onto a colleague who was doing a little homework on this. And he actually bought me breakfast due to the fact that I stumbled upon it
    for him… lol. So allow me to reword this….
    Thank YOU for the meal!! But yeah, thanks for spending the
    time to talk about this issue here on your website.

  3. Hi, i feel that i saw you visited my website thus i came to go back the
    favor?.I’m attempting to in finding issues to improve my site!I
    assume its ok to use a few of your ideas!!

  4. Thanks for a marvelous posting! I seriously enjoyed reading it,
    you happen to be a great author. I will make certain to bookmark
    your blog and definitely will come back very soon. I want
    to encourage continue your great work, have a nice holiday weekend!

  5. It is appropriate time to make some plans for the future
    and it is time to be happy. I’ve read this post and
    if I could I desire to suggest you few interesting things or suggestions.
    Maybe you could write next articles referring to this article.

    I want to read even more things about it!

  6. Hi there very nice site!! Man .. Excellent ..
    Wonderful .. I will bookmark your website and
    take the feeds also? I’m satisfied to search out a lot of helpful info right here in the post, we want develop extra techniques on this regard, thank you for sharing.
    . . . . .

  7. Spot on with this write-up, I absolutely believe this website
    needs much more attention. I’ll probably be returning to see more,
    thanks for the information!

  8. Thank you for any other fantastic article.
    The place else could anybody get that type of info in such a perfect
    method of writing? I have a presentation subsequent week, and I am at the look for such information.

  9. It’s in fact very complex in this full of activity life to listen news on TV,
    thus I simply use web for that purpose, and obtain the latest
    information.

  10. I know this if off topic but I’m looking into
    starting my own blog and was curious what all is needed to get setup?
    I’m assuming having a blog like yours would cost a
    pretty penny? I’m not very web smart so I’m not 100%
    sure. Any tips or advice would be greatly appreciated. Kudos

  11. I’m not that much of a internet reader to be honest but your sites
    really nice, keep it up! I’ll go ahead and bookmark your website
    to come back later. All the best

  12. Aw, this was a very good post. Finding the time and actual effort to produce a good
    article… but what can I say… I procrastinate a whole lot and don’t seem
    to get anything done.

  13. Good day! Would you mind if I share your blog with my myspace group?
    There’s a lot of folks that I think would really appreciate your content.

    Please let me know. Thank you

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

%d bloggers like this: