Breaking News

Swart stileringspakket vir Suid-Afrika se topverkoper

In 2019 het Volkswagen Suid-Afrika (VWSA) die Black Style-pakket vir die Touareg en Tiguan bekendgestel, en die sukses daarvan het gemaak dat die maatskappy besluit het om dit ook vir die Golf 8 GTI beskikbaar te stel.

Nou het VWSA nog verder gegaan en eienaars van Suid-Afrika se gewildste passasiersmotor, die Polo Vivo, sal  hierdie pakket voortaan ook vir hul motors kan bestel. Die Comfortline en Highline sal net in wit, blou, silwer en rooi met hierdie pakket beskikbaar wees.

Die Black Style-pakket vir die Polo Vivo bestaan uit swart 16-duim Portago-allooiwiele, glansswart buitespiels, ‘n glansswart dak, B- en C-pilare wat in swart afgewerk is, ‘n kleurgekodeerde agterste drukvlerk, verdonkerede glas en ‘n antrasietkleuringe dak en sonskerms binne. 

Die meganiese spesifikasies van die Black Style-modelle is dieselfde as die gewone modelle waarop hulle gebaseer is; die prys van dié pakket is R 9 000 vir die Comfortline en R 8 250 vir die Higline, bo en behalwe die prys van die standaard model.

%d bloggers like this: