Breaking News

Toyota bied meer bekostigbare finansiering

Toyota Suid-Afrika Motors se finansiële afdeling het pas ‘n nuwe reeks finansieringsopsies bekendgestel wat daarop gemik is om meer buigsame bepalings te bied en die toekomstige waarde van sy voertuie te verbeter.

Toyota Financial Services South Africa (TFSSA) se nuwe aanbod is deel van ‘n belangrike inisiatief om redelike finansierings-opsies te bied wat bekostig-baarheid en buigsaamheid sal verbeter en kopers groter beheer oor hul finansierings-ooreenkoste sal bied.

Die nuwe aanbod, bekend as Future Drive, stel kopers in staat om self sekere voorwaardes en bepalings  te beding. Dit kan wissel van die bedrag wat as deposito betaal word tot ‘n beperking op die kilometer-afstand wat elke jaar met die betrokke voertuig afgelê kan word. Dit alles kan die gewaarborgde toekomstige waarde van die voertuig beïnvloed, en die maandelikse betaalbare paaiement bepaal. Die gewaarborgde toekomstige waarde bepaal die minimnum bedrag wat die voertuig aan die einde van die finansieringstermyn werd sal wees. Die nuwe berekende waarde wat bepaal word deur die maksimum aantal kilometer wat ‘n koper kan aflê, sal klante die keuse gee om ‘n laer of meer mededingende maandelikse paaiement te betaal. 

Volgens Thabo Manaka, die uitvoerende hoof van TFSSA, is dit ‘n bewys van die maatskappy se voorneme om in klante te belê.  Die maatskappy glo daarin om vindingryke oplossings te bied om aan mense se behoeftes te voldoen. Met hierdie laer of meer mededingende maandelikse paaiemente moedig die maatskappy voornemende kopers aan om voordeel uit Future Drive te trek.

%d bloggers like this: