Breaking News

Toyota Hilux is Vyftig

‘n Erkenning aan die Toyota Hilux legende.

Deur Daantjie Badenhorst.

Vyftig jaar gelede, in 1969 het Toyota ‘n nuwe handelsvoertuig bekendgestel, wat nie net hul Corona-bakkie, die Dyna en die Stout bakkie sou aanvul nie, maar seker ook die gewildste naam in die geskiedenis van die hele Suid-Afrikaanse motorbedryf sou word. Die Toyota Hilux sou die grootste voertuigverkoper in die Suid-Afrikaanse motorbedryf-geskiedenis word.

Die aanvanklike benadering met die Toyota Hilux was net een model wat jy moes aanvaar of met rus moes laat. Dit was ‘n eentonbakkie met ‘n 1,5 liter enjin en omdat dit in die eerste plek as ‘n werkesel bemark is, was hy baie basies toegerus. Destyds het bakkies byvoorbeeld  nie eens sitplekgordels gehad nie. Die Corona-bakkie was die topverkoperbakkie ten tyde van die Hilux se bekendstelling maar die nuweling het gou daardie posisie by sy kleiner stalmaat oorgeneem. In 1971 is die enjinkapasiteit vergroot na 1,6 liter en twee nuwe modelle, met ‘n valkantbak en ‘n langer asafstand, is by die reeks gevoeg.

Teen die middel van 1973 is die tweede geslag bekendgestel, en die volgende jaar is die eerste bykomende enjinkeuse beskikbaar gestel. Die Hilux De Luxe het dieselfde enjin as die destydse Corona 2000 GSL en Merk 2, asook twee afsonderlike sitplekke gehad en ‘n outomatiese ratkas met ‘n ratkieser op die vloer is by die reeks gevoeg. Dié model was om een of ander rede nie juis gewild nie en dit sou jare duur voordat Suid-Afrikaanse motoriste bakkies met outomatiese ratkaste sou aanvaar. In 1975 is geringe veranderinge, onder meer ‘n nuwe vooraansig, bekendgestel. Ten spite van ‘n modelreeks wat net uit drie modelle (as ‘n mens die valkant- en langasafstandmodelle buite rekening laat) bestaan het, was die Hilux steeds die markleier, maar in 1977 het die Ford Cortina-gebaseerde 1 Tonner tydelik sy plek as topverkoper oorgeneem , onder meer as gevolg van die beskikbaarheid van ‘n V6-enjin.

Dit sou egter nie lank duur voordat Toyota hierop gereageer het nie. In 1979 is die grootste reeks tot dusver bekendgestel; dit het saamgeval met groot veranderinge aan die buitestilering. Daarmee saam is ‘n aantal nuwighede vir die eerste keer bekendgestel. Die 2200 diesel was dadelik gewild onder boere en die bekendstelling van die 2000 met die vyfgangratkas het ‘n nuwe era vir bakkies as ontspanningsvoertuie ingelui. Hierdie model was ook die eerste een wat met straallaagbande toegerus is. Toyota het met nog ‘n volstrekte wenner vorendag gekom met die bekendstelling van die 4WD. Die Isuzu KB 40 het weliswaar ‘n kort rukkie voor die Hilux 4WD op die mark verskyn, maar die Hilux se voordeel was sy tweeliterenjin, terwyl dié van die Isuzu net ‘n 1,6 liter was. Die voordeel wat die Isuzu egter  gehad het, was die beskikbaarheid van ‘n dieselenjin; dit sou ‘n paar jaar duur voordat Toyota ‘n soortgelyke weergawe by sy reeks gevoeg het. Nog ‘n belangrike nuwe kenmerk was die beskikbaarheid van ‘n vloergemonteerde rathefboom vir die intreevlakmodelle met die 1,6 liter-enjin. Later dieselfde jaar is die Stout, wat sedert 1961 nog dieselfde gelyk het, vervang met ‘n model wat dieselfde bakwerk as die dié Hilux gehad het, maar met ‘n loonvrag van 1,5 ton, bande wat eerder vir werk as vir ontspanning bedoel was en dieselfde enjin as sy voorganger. Vir die 1982-modeljaar is groot stileringsveranderinge aangebring; die bakwerk was dieselfde maar die sierrooster en ander kenmerke is verander. Terselfdetyd het die 2000 met die vyfgangratkas die SR 5-benaming gekry en die model met dieselfde enjin en die viergangratkas is aan die mark onttrek.

In 1984 is die langslopende Hilux tot dusver in Suid-Afrika bekendgestel. Die uitgeboude modderskerms was ‘n uitstaande stileringskenmerk maar die koperspubliek het gou gewoond daaraan geraak en die groot modelreeks het gemaak dat die nuwe model geen moeite ondervind het om die eerste plek op die topverkoperlys te behou nie. Die enjins was nuut maar die verplasingsinhoude was dieselfde en die SR5 het die SRX-benaming gekry. Een van die redes hoekom die nuwe reeks so gewild geword het, was nog ‘n nuwe model wat dadelik ‘n wenner was. In 1972 is die Daihatsu F 118 BW in Suid-Afrika bekendgestel; dit was die eerste dubbelkajuitbakkie met vier deure op die Suid-Afrikaanse mark.  Hy het nie juis groot aftrek gekry nie, dalk omdat dit nie ‘n produk van een van Suid-Afrika se voorste vervaardigers was nie en omdat mense dit dalk as ‘n snaaksigheid beskou het. In 1984 het Toyota besluit om ‘n soortgelyke model bekend te stel, maar die verskil was dat die Hilux-dubbelkajuit vierwielaandrywing as standaardtoerusting gehad het. Dit was dadelik ‘n uiters gewilde keuse vir werk en ontspanning en ander vervaardigers het geen ander keuse gehad as om Toyota na te volg nie. Selfs dit het eers na ‘n paar jaar gebeur. Nog ‘n wenner is in 1985 bekendgestel; die 2,4 diesel, beskikbaar met kort of lang asafstande, was dadelik ‘n gewilde werkesel en veral boere het gou lief geword vir hom. Hierdie model het die een met die 2,2 liter-enjin vervang.  Vir 1987 is die twee petrolenjins vervang; die 1,8- en 2,2 liter-enjins was só veelsydig dat albei in verskeie Toyota-modelle gebruik is. Die 1,8 is onder meer in die Cressida 1,8 LS en die Stallion-bakkie gebruik en die 2,2 in die Hi-Ace en later, saam met die 1,8, vir die Venture. Daarby is nog ‘n gewilde nuweling by die reeks gevoeg, naamlik die 1,8 SR, ‘n effens luukser model gebaseer op die gewone 1,8, met ‘n kort asafstand, kantstrepe en straallaagbande. Die Raider-naam is in 1991 vir die eerste keer gebruik, nie net vir die dubbelkajuit en ‘n plaasvervanger vir die SRX nie, maar ook vir ‘n luukser model van die 2,4 diesel, met onder meer wit sierwiele met straallaagbande en kantstrepe. Hierdie model het gou gewild geword onder diegene wat hul bakkies nie net vir werk gebruik het nie. Toyota het eindelik ook sy eie 4WD-model met ‘n dieselenjin by die reeks gevoeg, en die 2,4D 4WD het gou ‘n gunsteling onder kopers geword. Hoewel ‘n nuwe geslag in die vroeë 1990’s internasionaal bekendgestel is, het Suid-Afrika voortgegaan om dieselfde modelreeks hier te bemark. Daar sou egter nog meer veranderinge aangebring word, onder meer die bekendstelling van die 2,4 liter viersilinderenjin uit die Cressida, asook ‘n nuwe 2,8 liter dieselenjin. Laasgenoemde enjin het nie die 2,4 literenjin, wat steeds uiters gewild was, vervang nie. Daarby is diesel- en 4×2-weergawes van die dubbelkajuit by die reeks gevoeg. Toyota se besluit om hierdie geslag se modellewe in Suid-Afrika te verleng, het egter gemaak dat ‘n mededinger tydelik die eerste plek op die verkopelys ingeneem het toe die Isuzu KB, wat in 1997 deur ‘n nuwe geslag vervang is, die tiopverkoper in Suid-Afrika geword het.

Toyota het weer eens nie siltgesit nie en in 1998 is die volgende geslag bekendgestel. Die 1,8 liter-enjin is met een van twee liter vervang, en ‘n nuwe dieselenjin van drie liter is by die reeks gevoeg. Die vraag na ‘n turbodieselenjin het gemaak dat ‘n plaaslik ontwikkelde turboaanjaer as ‘n opsie vir hierdie enjin bekendgestel is. Die hele reeks is met vloergemonteerde rathefbome toegerus; dié wat aan die stuurkolom gemonteer is, is aan die mark onttrek. Die groot nuus was egter ‘n splinternuwe petrolenjin. Hoewel bakkies gewoonlik nie so tegnologies gevorderd soos motors is nie, het Toyota dit gewaag om ‘n viersilinderenjin van 2,7 liter met dubbele bonokasse en sestien kleppe vir die Hilux bekend te stel. Dié nuwe enjin was baie meer brandstofdoeltreffend as sy voorganger van 2,4 liter. Die 2,4 diesel, wat so gewild in die vorige geslag was, het onveranderd gebly en was steeds ‘n uiters gesogte werkesel. Die drieliter-dieselenjin het egter nie lank onveranderd gebly nie en ‘n nuwe een, bekend as die 3,0 KZ-TE, is gou vir die Raider-modelle bekendgestel.  Met verloop van tyd is sekere detailveranderinge, onder meer ‘n nuwe vooraansig, vir die reeks bekendgestel en in 2004 het die eerste beperkte model wat ‘n mylpaal in die Hilux se geskiedenis sou herdenk, naamlik die Legend 35, op die mark gekom. Hierdie weergawe was met die 2,7 liter- of 3,0 KZ-TE en in 4×2- of 4×4-weergawes beskikbaar. Dit was die laaste weergawes van hierdie modelreeks.

In 2005 is die reeks met ‘n nuwe geslag vervang en weer eens was daar groot veranderinge.  Die enigste enjin van die vorige reeks wat behoue gebly het, was die 2,7; al die ander enjins is deur nuwes vervang. Die petrolaangedrewe intreemodelle is toegerus met ‘n nuwe viersilinderenjin van twee liter met sestien kleppe, brandstofinspuiting en wisselende kleptydreëling, vandaar die VVTi-benaming. Hierdie veranderinge het ‘n baie groot verskil aan sy werkverrigting gemaak. Twee nuwe  turbodieselenjins het hul buiging gemaak, naamlik ‘n 2,5 en ‘n 3,0, beide met die D 4D-benaming. Vir die eerste keer was die Hilux met ‘n sessilinderenjin beskikbaar, naamlik ‘n V6 van vier liter, gekoppel aan ‘n outomatiese ratkas.  Die 3,0 D4D-Raider met hierdie opsie is gou by die reeks gevoeg, en anders as met die De Luxe van die 1970’s het dit baie gou byval by kopers gevind. Dit was egter nie die enigste geval van ‘n oënskynlike foefie wat lank geduur het om byval te vind nie. In die vroeë 1980’s het Datsun (later Nissan) die 1800 King Cab op die mark gebring; sy kajuit was groter as dié van ‘n enkelkajuit en daar was genoeg plek vir gereedskap of ander los goedere wat te klein vir die laaibak was, binne-in die kajuit. Die King Cab het ook twee sitplekke gehad wat na mekaar toe gekyk het. Toyota se variasie op hierdie tema, die Xtracab, het die vergrote kajuit gehad maar twee sluitbare kompartemente pleks van die bykomende sitplekke, maar dit was net vir die SRX- en Raider-modelle beskikbaar.  Twee belangrike nuwe kenmerke vir die 4×4 modelle was voorste wielnawe wat outomaties kon sluit en ‘n knoppie vir die laestrekfunksie wat die plek van die tweede rathefboom ingeneem het. Die ander groot nuus was dat Toyota ‘n splinternuwe reeks op die Hilux-onderstel bygevoeg het. Die Fortuner; ‘n sportnutsvoertuig met sewe sitplekke op die Hilux se onderstel en met dieselfde meganiese spesifikasies is in 2006 vir die eerste keer bekendgestel; dit was beskikbaar as ‘n 3,0 D 4D 4×2 en 4×4 met die hand-of outomatiese ratkas of die 4,0 V6 met vierwielaandrywing en die outomatiese ratkas. Dit het gou ‘n gunsteling onder Suid-Afrikaanse kopers geword en was van die begin af die gewildste sportnutsvoertuig in Suid-Afrika. Die Fortuner se gewildheid het verder die hoogte ingeskiet toe ‘n 2,5 D4D bekendgestel is. Die Legend 40 en Legend 45-modelle is as beperkte modelle bekendgestel om die 40ste en 45ste herdenking van die Hilux se bekendstelling te vier, en die Dakar is as jaarlikse beperkte model by die reeks gevoeg ter viering van Toyota se deelname aan die moordende Dakar-tydren.  Die reeks sou twee groot stileringveranderinge ondergaan voordat dit in 2016 vervang is.

Die huidige reeks is vir die eerste keer in 2016 bekendgestel. Die petrolenjins het hierdie keer onveranderd gebly, maar daar was twee nuwe dieselenjins van 2,4 en 2,8 liter en ‘n sesgangratkas is vir die meeste handratmodelle gebruik. Hoewel die publiek hul bedenkinge oor die stilering van die nuwe reeks gehad het, het die Hilux geen moeite ondervind om sy gewildheid te behou nie. Weer eens is ‘n nuwe Fortuner, met die twee dieselenjins en ‘n keuse van die 2,7 liter of vierliter-petrolenjins, bekendgestel en hy het sy posisie as Suid-Afrika se voorkeur-sportnutsvoertuig behou.  Net nadat die Dakar-tydren van 2018 plaasgevind het, het ‘n nuwe neus sy buiging op die Dakar-model gemaak end it was nie lank voordat dieselfde neus ook vir die SRX- en Raider-modelle gebruik is nie. Daarby het die SRX ook ‘n opgeknapte inligting-en-vermaakstelsel, met onder meer ‘n trukamera gekry terwyl satellietnavigasie standaardtoerusting vir die Raider-modelle geword het. Ter viering van die vyftigste herdenking van die Hilux se plaaslike bekendstelling word ‘n Legend 50 reeds vir later vanjaar beplan.

Die volgehoue gewildheid van die Hilux te midde van veranderende toestande in die Suid-Afrikaanse mark is ‘n bewys dat dit een van die ware legendes van die plaaslike motorbedryf is. Soos Toyota se jarelange advertensieslagspreuk tereg gesê het: Alles loop reg, altyd reg, Toyota!

 

43 thoughts on “Toyota Hilux is Vyftig

  1. I loved as much as you’ll receive carried out right here.
    The sketch is attractive, your authored subject matter stylish.
    nonetheless, you command get bought an impatience over that you wish
    be delivering the following. unwell unquestionably come
    more formerly again as exactly the same nearly a lot often inside case you
    shield this hike.

  2. Greetings from Los angeles! I’m bored to tears at work so I decided to
    check out your website on my iphone during lunch
    break. I really like the info you present here and can’t wait to
    take a look when I get home. I’m shocked at how fast your blog loaded on my
    phone .. I’m not even using WIFI, just 3G .. Anyhow, excellent
    blog!

  3. Hi, I do believe tһis is a great website. I stumbledupon it 😉 I’m gоing to come bacҝ yet again sincе I book maгҝed it.
    Money and freedom is the greatest way to change, may you be rich and continue tο guide
    others.

  4. I every time spent my half an hour to read this web site’s articles or reviews everyday along with a
    cup of coffee.

  5. I have read so many articles on the topic of the blogger lovers but this
    paragraph is actually a nice article, keep it up.

  6. I have learn several excellent stuff here. Definitely price bookmarking
    for revisiting. I wonder how so much effort you put to make this
    kind of fantastic informative website.

  7. I know this if off topic but I’m looking into
    starting my own blog and was curious what all is needed to get
    set up? I’m assuming having a blog like yours
    would cost a pretty penny? I’m not very internet smart so I’m not 100% sure.
    Any suggestions or advice would be greatly appreciated.
    Kudos

  8. Ι’m amazed, I must say. Rarely ɗo I еncounter a blog tһat’s
    both educative ɑnd interesting, ɑndd let me tell you, you’vehit the nail on the head.
    The issue is somethhing too few people are speakіng intelligently about.

    Now i’m very hhappy I stumbled across this during
    my hunt for something relating to this.

  9. I’m truly enjoying the design and layout of yoᥙr weƅsite.
    It’s a very easy on the eyes whicһ makes it much more enjoyable for
    me to come here and visit moгe often. Did you hiгe out a desіgner to create ykur theme?
    Fantastic work!

  10. We stumbled over here from a different web page and thought I might check
    things out. I like what I see so now i am following you.
    Look forward to looking into your web page yet again.

  11. This website was… how do you say it? Relevant!! Finally I’ve found something
    which helped me. Thank you!

  12. hi!,I love your writing so much! percentage we keep in touch extra about your article on AOL?
    I need an expert in this house to resolve my problem.
    Maybe that is you! Looking forward to peer you.

  13. Hello there! Would you mind if I share your blog with my zynga group?
    There’s a lot of folks that I think would really appreciate your content.

    Please let me know. Thanks

  14. I wanted to put youu hat little word to be able to say thank
    you once again for these incredible tactics you have
    shared at thiss time. This is sso remarkably generous with people like you to present unhampered just what may of us could have advertised for an e-book to
    make soe bucxks on their own, even more so since you might have trried it in case you desired.
    Those concepts additionally worked to become a great way to fully
    grasp that some people havve the same keenness just like my owwn to gradp a good
    deal mote around this condition. I’m certain thede are millions of
    more enjoyable instances ahead for folks who check out your blog.

  15. Thank you foor the auspicious writeup. It in truth was once a entertainment account it.
    Look complicated to far brought agreeable fro you! However, how can we communicate?

  16. I’m really enjoying the design and layout of your blog. It’s a
    very easy on the eyes which makes it much more pleasant for me to come here
    and visit more often. Did you hire out a developer to
    create your theme? Great work!

  17. Currently it sounds like Drupal is the top blogging platform available right now.
    (from what I’ve read) Is that what you are using on your blog?

  18. Hello There. I discovered your weblog the usage of msn. This
    is an extremely smartly written article. I will be sure to
    bookmark it and return to learn extra of your
    useful information. Thanks for the post. I’ll definitely return.

  19. This design is steller! You certainly know how to keep a reader entertained.
    Between your wit and your videos, I was almost moved to start my own blog (well,
    almost…HaHa!) Wonderful job. I really enjoyed what you had
    to say, and more than that, how you presented it.
    Too cool!

  20. Hey There. I found your weblog the use of msn. That is a really well written article.
    I will make sure to bookmark it and come back to learn more of your helpful information. Thanks
    for the post. I will definitely comeback.

  21. I must thank you for the efforts you have put in writing this blog.

    I really hope to see the same high-grade content from you in the future as
    well. In fact, your creative writing abilities has motivated me to get my very own blog now 😉

  22. I do not even understand how I stopped up here, however I believed this publish was great.

    I don’t recognise who you are but certainly you’re going to a famous blogger
    in case you aren’t already. Cheers!

  23. Woah! I’m really loving the template/theme of this website.
    It’s simple, yet effective. A lot of times it’s challenging to get that “perfect balance” between usability
    and visual appeal. I must say you have done a very good job with this.
    Additionally, the blog loads very quick for me on Chrome.
    Exceptional Blog!

  24. Hi, i think that i saw you visited my website thus i came to “return the favor”.I’m trying to
    find things to enhance my site!I suppose its ok to use a few of your ideas!!

  25. Please let me know if you’re looking for a article author for your site.
    You have some really great posts and I believe I
    would be a good asset. If you ever want to take some of
    the load off, I’d love to write some content for your blog in exchange for a link back to mine.
    Please send me an email if interested. Many thanks!

  26. I do agree with all the concepts you’ve presented in your post.
    They are very convincing and will definitely work.
    Still, the posts are too short for newbies.
    Could you please extend them a little from next time?
    Thank you for the post.

  27. Woah! I’m really loving the template/theme of this website.
    It’s simple, yet effective. A lot of times it’s challenging to get that “perfect balance” between user friendliness and visual appeal.
    I must say you have done a superb job with this. Additionally, the blog loads super quick for me on Safari.
    Superb Blog!

  28. Hello, i think that i saw you visited my website thus i came to
    “return the favor”.I am attempting to
    find things to improve my web site!I suppose its ok
    to use a few of your ideas!!

  29. Do you mind if I quote a few of your articles
    as long as I provide credit and sources back to your webpage?
    My blog is in the very same area of interest as yours and my visitors would definitely benefit
    from a lot of the information you provide here.
    Please let me know if this alright with you. Regards!

  30. Spot on with this write-up, I actually believe this website
    needs much more attention. I’ll probably be back
    again to see more, thanks for the information!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

%d bloggers like this: