Breaking News

Toyota laat legendariese modelnaam herleef

Toyota het pas die jongste Crown aan die internasionale media vertoon en sodoende ‘n legendariese modelnaan nuwe lewe gegeee.

Die oorspronklike Crown is in 1955 internasionaal bekendgestel; dit was die eerste massaproduksie-passasiersvoertuig wat met Toyota se eie plaaslike en binnenshuise tegnologie geskep is. Hoewel verskeie geslagte gevolg het, het tye so vining verander dat die Crown mettertyd nie meer in staat was om aan al die uiteeenlopende behoeftes van klante te voldoen nie en sy teeenwoordigheid as vlagskipmodel het al hoe minder betekenisvol geword.

Die naam herleef egter nou in ‘n nuwe model wat in vier verskillende weergawes beskikbaar sal wees. Die Crossover sal die styl van ‘n sedan en ‘n sportnutsvoertuig kombineer terwyl die Sport ‘n sportiewe ry-ervaring sal bied.  Die Sedan sal oor ‘n meer formele ontwerp beskik en sal veral aan die behoeftes van chauffeurs voldoen en die Estate is ‘n praktiese stasiewa met oorgenoeg ruimte en ‘n meer konserwatiewe voorkoms. Die Crown sal in ongeveer veertig lande en streke bekendgestel word. 

Aan die buitekant is daar ‘n stylvolle koepee-agtige silhoeët gekombineer met ‘n verhoogde stilering wat ‘n gevoel van krag oordra; dit is vloeibaar en dinamies en druk ‘n heeltemal nuwe vorm vir ‘n vlagskipmotor vir ‘n nuwe era uit.  Bande met ‘n groot deursnee wat heeltemal wegbreek , word gebruik. Vernuwings wat op die rompstruktuur toegpas is om ‘n romp te skep wat naby die hoeke van die romp strek en ‘n balans tussen die romp en die bande wat noukeurig ondersoek is, het die maatskappy in staat gestel om ‘n kragtige styl te skep wat nie as ‘n sedan of ‘n sportnutsvoertuig beskou kan word nie . Dit bied ‘n gevoel van bestendigheid en is verteenwoordigend van ‘n sedan wat hoog op die wiele staan.

Horisontale integrasie van die instrumente en gebruikstoerusting skep ‘n praktiese uitleg wat instinktief vanuit enige sitplek gebruik kan word. Die onvouvorm van die instrumentepaneel tot by die deure gee ook die gevoel dat al die sitplekke spesiaal is ; dit stel die bestuurder in staat om op sy of haar bestuurstaak te fokus en bied genotvolle mobiliteit vir die passasiers. Noukeurige aandag aan elke binne-komponent bied ‘n gevoel van weelde en gehalte. 

Die turboaangejaagde 2,4 liter hibriede-enjin bied baie wringkrag teen lae toere en kombineer die nuutste e-Axle elektriese dryfstelsel met ‘n nuut-ontwikkelde biploêre nikkel-waterstofbattery. Die hibriedestelsel reageer lineêr op die insette van die versneller; dit bied ‘n lewendige bestuursgevoel en gemaklike versnelling. 

Die Crossover word toegerus met ‘n vervolmaakte en uiterd doeltreffendee hibriedestelsel een ‘n nuut-ontwikkelde nikkel-waterstofbattery wat klasleidende brandstofverbruik en stilte bied, en die uiterste gehalte en gladde bestuursverrigting wat kenmerkend van die Crown is, bevorder. 

Die gebruik van ‘n heuppunt hoër as dié van vroeëre sedans, wat moontlik gemaak word deur die gebruik van wiele met ‘n groter deursnee, vergemaklik in- en uitklim en bied uitstekende rondomsig. Bykomende kopruimte bo die insittendes skep ‘n gevoel van ruimte. Die gebruik van Mc Pherson-stutte voor en veelskakelvering agter bied bestendige reguitlynstabiliteit asook ratsheid. 

Al die modelle sal die jongste weeergawe van Toyota Safety Sense as standaard toerusting hê. Dit bestaan onder meer uit voorbotswaarskuwing, aanpasbare spoedbeheer, baandwaalwaarskuwing, kopligte met outomatiese hoëstraalwerking en padtekenherkenning. Die Crossover word ook toegerus met Toyota Teammate, wat bykomende bestuurshulpmiddels behels. Advanced Drive bied bykomende bystand in verkeersknope en Advanced Park parkeer die motor outomaties in ‘n verskeidenheid parkeersituasies.  Die Crossover kan ook met die KINTO-motorintekeningsdiens aangeskakel word. Wanneer die motor daarmeee bestel word, is versekering, periodieke instandhouding en verskeie ander uitgawes by die maandelikse betaling ingesluit. Klante, maatskappye of individue kan aanlyn of by ‘n handelaar aanmeld om maklike toeegang te geniet. 

Toyota is van plan om die Crossover vroeg in 2023 in Suid-Afrika bekeend tee stel as deel van die maatskappy se voortgesette New Energy Vehicle-produkbekendstelling. Verdere besonderheede sal nader aan die bekendstellingsdatum gegee word.

%d bloggers like this: