Breaking News

Watter voertuie koop Suid-Afrikaners in 2021?

Klein en goedkoop…

Watter voertuie koop Suid-Afrikaners in 2021 en wie anders kan hierde vraag beantwoord as die hoof van die organisasie, wat die meeste verskillende soort motors in die land verkoop?

 

Volgens mnr Corné Venter, die uitvoerende hoof van Motus Retail and Rental, het Suid-Afrikaanse motoriste se koopgewoontes al begin verander selfs voordat COVID 19 die land in 2020 gelede getref het.

“Die marksegment vir sedans, wat soveel jare lank ‘n belangrike deel van die mark was, het die afgelope tien jaar geweldig gekrimp.

Luikrugmotors het sedans aanvanklik in gewildheid verbygesteek, maar toe word kleiner oorkruis/sportnutsvoertuie bekendgestel en dit het ‘n verandering in die mark veroorsaak, wat net verder in momentum gaan toeneem.

Die markaandeel vir sportnutsvoertuie was in Januarie 2021 altesaam 16%, net minder as die 16,4% wat in Januarie 2020 behaal is. Die segment wat die meeste gegroei het, is dié vir kleiner “’oorkruisvoertuie”, wat van 15,8% verlede jaar na 18% vanjaar gegroei het. Daar is ‘n aantal aantreklike voertuie in hierdie klas wat goeie waarde vir geld bied en nog ‘n paar nuwelinge sal vanjaar nog op die mark kom.”

Volgens hom het die pandemie wel tot gevolg dat mense gedwing is om kleiner motors te koop. Die toekoms is onseker, daarom wil mense nie waag om groot paaiemente te betaal nie, en doorom koop hulle meer bekostigbare motors

Venter sê die vraag na kleiner motors, onder meer intreevlak-motors het die afgelope jaar paar toegeneem. In Januarie 2020 was die markaandeel 46.,8%, en hoewel dit in Januarie 2021 na 44,1% geval het, is dit steeds die oorheersende segment. Hierdie neiging wys waar motoriste hul geld bestee.

Hoewel verskeie nuwelinge tot die mark toegetree het, het Volkswagen gerieflik die meeste motors onder aan die mark verkoop, en die Polo Vivo asook die Polo het die mark oorheers. Nogtans het Suzuki in Januarie vanjaar 893 eenhede verkoop teenoor 854 van die huidige geslag Polo.  Toyota is ook besig om ‘n verwoede aanslag onder aan die mark te loods. Die Starlet en Agya is reeds beskikibaar, terwyl die plaaslik vervaardigde Corolla Cross in Oktober op die mark sal kom. Die Corolla-sedan is ook steeds gewild en die Quest, gebaseer op die vorige geslag, verkoop beter as verskeie ingevoerde mededingers.

Dit is opvallend dat ‘n plaaslik vervaardigde model ook die sportnutsvoertuig-mark oorheers. Die Toyota Fortuner is die oorweldigende markleier, en sy markaandeel is 21,6% in sy segment en 3,5% van die mark as geheel.  Die Toyota RAV 4 is gemaklik tweede, gevolg deur die Mazda CX-5.  Die Ford Eco Sport was lank die gewildste modelreeks in sy marksegment, maar die Volkswagen T-Cross het hom verbygesteek. In Januarie 2021 is 903 eenhede van die T-Cross verkoop, gevolg deur 557 van die Eco Sport en 44 eenhede van die Hyundai Venue.

Hoewel die 23 742 passasiersvoertuie wat in Januarie 2021 verkoop is, aansienlik minder as Januarie 2020 se 29 073 is, is daar steeds strawwe mededinging onder die vervaardigers  omdanks die moeilike omstandighede wat deur COVID 19 veroorsaak word.

Venter verwag nie dat die druk op die handelaars in 2021 verlig sal word nie, en verskeie fabrikate sukkel met ‘n tekort aan voorraad aan die begin van die nuwe finansiële jaar. Die moeilike ekonomiese klimaat gaan dit moeilik maak om handel te dryf en kopers gaan nóg langer wag voordat hulle hul voertuie vervang.

Volgens Venter is Motus die grootste motorhandelgroep in Suid-Afrika, wat aan voornemende kopers ‘n groot verskeidenheid voertuie kan bied om aan hul veranderende behoeftes te voldoen. Motus verteenwoordig 27 handelsmerke deur meer as 300 handelaars landwyd ; dit  gee die groep waardevollle terugvoer oor wat in die mark gebeur volgens Venter stel dit die groep in staat om vining by veranderinge aan te pas.

%d bloggers like this: