Breaking News

Wie is ons?

Ben van Rensburg
Motorplus is oor motors asook die aspekte wat met motor-eienaarskap gepaard gaan. Alles oor motors asook die  “plus”-faktor van reis en ontdek.

 

 

 

 

Motorplus.co.za is die eerste motorwerf in Afrikaans. Dit is reeds in die jaar 2000 deur oorlede Ben van Rensburg begin. Ben was een van die stigterslede van die SA Motorskrywersgilde en hy het as ‘n motorjoernalis baanbrekerswerk vir veral nuwe Afrikaanse motorterminologie gedoen.

 

Gerrie Smit, het in 2006 die webwerf by Ben oorgeneem.

Gerrie is sedert 1983 ‘n volle lid van die SA Motorskrywersgilde en is sedert 2008 ‘n beoordelaar van die jaarlikse “Motor-van-die-Jaar”-toekenning.

Gerrie Smit besig om ‘n Prado in Namibië te toets.

MotorPlus se redakteur is Gerrie Smit en die redaksionele span bestaan uit Daantjie Badenhorst (Motorgeskiedkundige en Toetsbestuurder), Charlen Raymond (Vryskut-bydraer), Nicholas Smit (Assistent toetsbestuurder) en Christopher Smit (Tegnologie-skrywer).

Charlen Raymond. Die man ken van.
Nicholas Smit het reeds verskeie gevorderde bestuurskursusse voltooi en help om veral ekonomiese motors te toets terwyl Christopher Smit akademiese kwalifikasies in rekenaar-ingenieurswese het en die MotorPlus-span bystaan as tegnologie-skrywer.